Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Weeklag van die Fascistiese Fliekganger" deur FERDI GREYLING
"Weeklag van die Fascistiese Fliekganger" deur FERDI GREYLING [boodskap #10054] Di, 22 Julie 1997 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
WEEKLAG VAN DIE FASCISTIESE FLIEKGANGER
Ferdi Greyling

Toe jy nog die ster van my dae was,
was elke dag 'n full house.
Jy was 'n kommersiële sukses.
Jy het 'n kritikus aan jou voete gehad.

Saam was ons 'n musical,
'n komedie,
en 'n serious fliek.
Alles in een.

Jy het die fees van my hart gewen.
Jy was kommentaar op my tyd.

Jy was die twist aan die einde.

Ek het nog geskaterlag van vreugde
net voor die moordtoneel.
Net voor die vryheidsvegters in die agterste ry
opgestaan het
en alles stukkend geskiet het
- skerm, projektor, draaiboek - die hele works.

Jy en die lewe het julle loop geneem.
Die fliek moes toemaak.
Die gebou is gesloop.

En nou sit ek hier
tussen my onderdanige woorde.

'n Sukkelende fascis.
Uitgelewer aan die glinsterende wind
en die fluisterende weer.

(gepos deur gloudina bouwer)
Vorige onderwerp: "Delwer" deur E.W.S. Hamond
Volgende onderwerp: "Twee Stede" deur D.J. OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 10:04:07 MGT 2024