Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Haelwit gestapelde wolke" deur TOON VAN DEN HEEVER
"Haelwit gestapelde wolke" deur TOON VAN DEN HEEVER [boodskap #10112] Di, 29 Julie 1997 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
HAELWIT GESTAPELDE WOLKE
Toon van den Heever

Die haelwit gestapelde wolke,
Paleis deur die winde gebou!
Hoe sou ek hul heimnis vertolke
En saggies dit fluister vir jou?
Verguld steek die domme nog witter
Af teen die velde van blou,
Soos jou oë, en perlemoer skitter
Soos dou.

Sal ek fluister? Ons ryk in die weste
Word van sieraad ontbloot;
Die winde verstrooi nou ons veste -
Selfs wysheid moet dood;
Maar wyl lippe op lippe kan bewe,
Bied my jou mond, Lief, bied nou,
Eers ons gloed, eer ons hartstog begewe,
Soos paleise deur winde gebou.

(gepos deur gloudina bouwer)
Vorige onderwerp: "Twee Stede" deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: "Die Rooivlerkspreeu" deur D.F. MALHERBE
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 11:34:29 MGT 2024