Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Kwasjiorkor (Kwashiorkor)
Kwasjiorkor [boodskap #124917] Di, 05 Maart 2019 15:28
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Kind met Kwasjiorkor
'n Kind met Kwasjiorkor
Kwasjiorkor (ook Kwashiorkor) is 'n siekte by kinders wat deur 'n langtermyn gebrek aan proteïen in die dieet veroorsaak word. Hierdie toestand gee aanleiding tot die bekende beeld van kinders met 'n geswelde onderbuik en hare wat uitval. Voorvalle in die ontwikkelde wêreld is uiters skaars.

Die naam kom van een van die Kwa-tale van Ghana. Dit beteken "kind wat verdring is", en verwys na 'n ouer kind wat nie meer geborsvoed word wanneer 'n nuwe kind gebore word nie. Die oudste sal dan slegs meel en plantaardige kos kry (m.a.w. voldoende kalorie-, maar onvoldoende proteïen-inname).

Kwasjiorkor-gevalle kom voor in gebiede van hongersnood of waar voedselvoorsiening swak is. Dit veroorsaak 'n ophoping van vloeistof in die liggaam, wat die kind se hande, voete en maag geswolle laat lyk. Dit tas soms ook die gesig aan, wat dit soos ’n volmaan laat lyk. Letsels verskyn op die vel en die kleur en tekstuur van die hare verander. Kinders met hierdie toestand se lewer swel en hulle is lusteloos en neerslagtig.

Kwasjiorkor moet onderskei word van 'n ander vorm van wanvoeding, genaamd marasmus (progressiewe uittering), wat deur onvoldoende voedselinname veroorsaak word. Kwasjiorkor is dus 'n geval van wanvoeding, eerder as ondervoeding.

Bronne:
1. Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
2. Nederlandse Wikipedia

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Albertmeer
Volgende onderwerp: Albertville
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 22:28:42 MGT 2024