Aanneming [boodskap #124821] |
Sun, 17 February 2019 16:50 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Aanneming is 'n proses waartydens iets jou of iemand se eie gemaak word. Dit kan o.a. verwys na:
1. Die proses waardeur ’n mens 'n lidmaat van Christelike Kerk word. Van die voornemende lidmaat mag sekere take verwag word, soos dat hy ’n kursus volg in verband met Bybelkennis, kerkgeskiedenis, die Leer van sy Kerk, en dat hy sekere beloftes doen met betrekking tot sy geestelike lewe.
2. Die proses waardeur voornemende peetouers die voogskap van 'n kind oorneem en hom/haar deel van hul gesin maak. In Suid-Afrika word die aannemingsproses deur die Kinderwet (Wet 38 van 2005) beheer.
Bron: Die Skatkis: Algemene kennis en naslaanwerk, ISBN 0-7966-0014-7
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|