Afrikaanse Taalvereniging [boodskap #124817] |
Sun, 17 February 2019 06:49 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die Afrikaanse Taalvereniging (A.T.V.) is gestig op 3 November 1906 in Kaapstad met dieselfde strewe as dié van die Afrikaanse Taalgenootskap, buiten dat die A.T.V. ook bepaal dat hy hom sal beywer vir Hollands in die staatsdiens. Dit is duidelik gestel dat die A.T.V. nie teen Nederlands is nie. In die hoofbestuur was o.a. J.H.H. de Waal, dr. D.F. Malan, dr. D.F. Malherbe, dr. D.F. du T. Malherbe, dr. A.I. Perold. ’n Paar jaar ná die stigting was daar takke op talle dorpe.
Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|