Afrikaanse Beweging, Die eerste [boodskap #124812] |
Sun, 17 February 2019 05:35 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die eerste Afrikaanse Beweging (1870 - 1900) was ’n Afrikaanse nasionale bewuswording. Hoewel in hoofsaak ’n taalbeweging, gryp dit veel wyer. Die beweging kry die eerste stoot deur die pleidooi vir die vertaling van die Bybel in Afrikaans (A. Pannevis). Dit wen daarna vinnig veld deur die optrede van die Genootskap van Regte Afrikaners.
Bronne:
1. Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965
2. Nienaber, G.S. en P. J.: Geskiedenis van die Afrikaanse Beweging
3. Pienaar, E. C.: Die Triomf van Afrikaans
4. Scholtz, J. du P.: Die Afrikaner en sy Taal
5. Von Wielligh, G. R.: Eerste Skrywers.
|
|
|