Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Afrikaanse Beweging, Die tweede
Afrikaanse Beweging, Die tweede [boodskap #124813] So, 17 Februarie 2019 05:41
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die tweede Afrikaanse Beweging was die beweging wat ná die Tweede Vryheidsoorlog begin en uitloop op die erkenning van Afrikaans in die Skool (1914), die Kerk (1916), die Staat (1925). Verskil van die Eerste Afrikaanse Beweging o.a. daarin dat hy nie met die gedagte van die Bybelvertaling begin nie, maar daarmee eindig (1933), dat hy nie so gelokaliseer is soos dié van die "Paarlse span" nie, landswyd opereer en die steun van talryke intellektueles geniet. In Kaapland is dit J.H.H. de Waal en die Afrikaanse Taalvereniging; in Transvaal is dit o.a. G.S. Preller en die Afrikaanse Taalgenootskap; in die Vrystaat W. Postma; in Natal J.S.M. Rabie.

’n Kenmerk van die beweging is die stryd op twee fronte; teen die verengelsingsbeleid van Milner deur die oprigting van die C.N.O.-skole onmiddellik na die Vrede (1902) én teen die voorstanders van (vereenvoudigde) Nederlands: P.J.G. de Vos, W.J. Viljoen. Die Beweging word onmiddellik gerugsteun deur letterkundige werk van kwaliteit: G.S. Preller, E.N. Marais, J.F.E. Celliers, Totius, C.L. Leipoldt.

Bronne:
1. Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965
2. De Waal, J.H.H.: My herinnerings van ons taalstryd
3. Louw, W.E.G.: Die Afrikaanse poësie na 1900 (Kultuurgeskiedenis van die Afrikaner, III)
4. Pienaar, E.C.: Taal en Poësie van die Tweede Afrikaanse taalbeweging.
Vorige onderwerp: Afrikaanse Beweging, Die eerste
Volgende onderwerp: Afrikaanse letterkunde
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 07:36:00 MGT 2024