Inligting Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Adonis (in oud-Griekse verhale) is ’n aansienlike jong man, bemin deur Aphrodite, godin van die liefde. Daar is verskillende vorme van die verhaal, maar in almal moet Adonis iedere jaar sterf en ’n ruk in die onderwêreld (Hades) vertoef. In die verhaal verteenwoordig Adonis die plantegroei, of miskien die graan, wat in die herfs sterf, en Aphrodite verteenwoordig die mag van die natuur om dit weer te laat groei.
Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.