Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Adrenaline (Bynierstof)
Adrenaline [boodskap #124792] Vr, 15 Februarie 2019 20:06
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Adrenaline (epinephrine; bynierstof) is 'n stof wat in die liggaam deur die byniermurg afgeskei en ook sinteties vervaardig word. As dit in die bloedstroom vrygestel word, bv. in geval van gevaar of woede, het dit die volgende uitwerking: die hartslag versnel en versterk, die bloeddruk styg, asemhaling word dieper, pupil vergroot, metabolisme versnel ens. Die uitwerkings is kortstondig. Adrenaline word geneeskundig gebruik as hartstimuleermiddel, vir asma, netelroos, party vorms van bloeding ens. Sekere plaaslike verdowingsmiddels en oogdruppels bevat adrenaline. Dit word as inspuiting, stuifmiddel of plaaslik toegedien.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Adonis
Volgende onderwerp: Adrianopel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 06:15:19 MGT 2024