Warm onderwerp [boodskap #9558] |
Di, 27 Mei 1997 00:00 |
v9718443.3....
Boodskappe: 2 Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Soos ek deur al die items geblaai het, blyk dit dat die eeu-oue stryd
tussen Afrikaans en Engels nie verby is nie. Tog te jammer.
Verbaas is ek om te sien dat die Afrikaner as rassis beskou word en
om Afrikaans te praat dit te bevestig. So tussen ons: Die Britte het
die 1910 grondwet onderteken wat die anderskleuriges in 'n newegeskikte
posisie in Suid-Afrika geplaas het. Eina!
Ja, die Afrikaners is rassiste. Dit verklaar waarom so baie van hulle
by 'n Afrikaanse Universiteit Afrikatale bestudeer.
Onthou net "ons is nie almal so nie!"
|
|
|