Hofmeyr [boodskap #122183] |
Sun, 16 December 2018 16:07 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Hofmeyr is 'n dorp in Oos-Kaapland; in 1873 gestig en eers Maraisburg genoem. Omdat daar nog 'n Maraisburg (nou deel van Roodepoort, Transvaal) was, is dit in 1911 herdoop ter ere van Jan Hendrik Hofmeyr (Onze Jan). Soutproduksie is een van die plaaslike bedrywe. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 2,258 (536 Blankes).
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|