Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Hofmeyr, Jan Hendrik
Hofmeyr, Jan Hendrik [boodskap #122184] So, 16 Desember 2018 16:10
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Jan Hendrik Hofmeyr was algemeen bekend as 'Onze Jan'. In 1845 in Kaapstad gebore en studeer aan die instituut 'Tot Nut van Het Algemeen' en die South African College. Hy verwerf roem as die redakteur van die blad Zuid-Afrikaan, wat verdoop is na Ons Land. Word die politieke kampvegter vir die boer en laat sy organisasie saamsmelt met die Afrikanerbond, waarvan hy die onbetwiste leier was. Sy strewe vir die Afrikaanssprekende Suid-Afrika het ook die twee Republieke ingesluit, en van 1890 tot die Jameson-inval werk hy nou saam met Cecil Rhodes. Oortuig van die waarde van Suid-Afrika se verbintenis met die Britse Statebond, woon hy Koloniale konferensies in Engeland by. Sy vernaamste prestasie was die verkryging van gelyke regte vir die Hollandse en Engelse tale. Hy probeer ook om te verhoed dat die Tweede Vryheidsoorlog uitbreek, en kry dit byna reg. Weens sy groot invloed onder die Afrikaners is hy ontbied om behulpsaam te wees met die opstel van die Suid-Afrikaanse Grondwet en dien hy in die afvaardiging wat die finale konsepgrondwet na Londen neem. In 1909 is hy oorlede. Sy neef, J.H. Hofmeyr het sy lewensgeskiedenis geskryf.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Hofmeyr
Volgende onderwerp: Hofmeyr, Sy Edele Jan Hendrik
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 26 19:56:11 MGT 2024