Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Hofmeyr, Sy Edele Jan Hendrik
Hofmeyr, Sy Edele Jan Hendrik [boodskap #122185] So, 16 Desember 2018 16:13
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sy Edele Jan Hendrik Hofmeyr was Adjunk-premier van die Unie van Suid-Afrika. In Maart 1894 in Kaapstad gebore. Was die briljantste student aan die South African College waar hy op 13 jarige ouderdom gematrikuleer het. As Rhodes-beurshouer gaan hy na Oxford (dranogkortbroek) en kom eerste in "Classical Moderations" en eerste in die eindeksamen B.A. Op 23 jarige ouderdom word hy professor in Klassieke Tale aan die Johannesburgse Mynskool en in 1919 prinsipaal van die skool - 'n pos wat hy beklee het tot nadat dit oorgeskakel is in die Universiteit van die Witwatersrand. Van 1924 tot 1929 was hy Administrateur van Transvaal. Daarna word hy parlementslid en agtereenvolgens Minister van Binnelandse Sake, Minister van Gesondheid en Onderwys van 1933 tot 1936, Minister van Finansies en Adjunk-premier onder generaal Smuts. As 'n uitstaande redenaar en skrywer van verskeie boeke is hy beskou as generaal Smuts se aangewese opvolger, maar hy is voor generaal Smuts, op 54 jarige ouderdom, in 1948 oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Hofmeyr, Jan Hendrik
Volgende onderwerp: Hokkie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 19:07:45 MGT 2024