Hoffa, Dr. Albert [boodskap #122181] |
So, 16 Desember 2018 16:04 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Dr. Albert Hoffa was 'n Suid-Afrikaansgebore wetenskaplike. Op 31 Maart op Richmond, Kaap, gebore as die seun van 'n plaaslike dokter; studeer in die medisyne in Duitsland. In 1886 aangestel as dosent aan die Universiteit van Wuerzburg; bevorder tot professor in 1896. In 1902 verhuis hy in dieselfde hoedanigheid na Berlyn. Volgens Brockhaus' Encyclopedia word hy beskou as die 'Vader van Moderne Ortopedie'. Skrywer van teksboeke oor ortopediese snykunde, verbande, ens. Oorlede op 31 Desember 1907.
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|