Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Heemraad
Heemraad [boodskap #122120] Sa, 15 Desember 2018 19:17
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Heemraad is 'n Ou Hollandse titel, oorspronklik in Nederland van toepassing op amptenare in beheer van die versorging van dyke. Aan die Kaap is heemrade aangestel om saam met die landdros te sit as assessors in die verhoor van sake oor plaaslike aangeleenthede. Die eerste vier wat in 1685 op Stellenbosch aangestel is, was Henning Huising, Jan Mosterd, Gerrit van der Bijl en Hermanus Smit. Die titel is in 1828 afgeskaf met die instelling van die huidige landdrosstelsel. Ingevolge die grondwet van 1858 was heemrade in Transvaal erken, maar dit het later in onbruik geraak.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Heany, Kaptein Maurice
Volgende onderwerp: Heerenlogement
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 26 10:17:03 MGT 2024