Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Heerenlogement
Heerenlogement [boodskap #122121] Sa, 15 Desember 2018 19:18
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Heerenlogement is 'n beroemde grot noordwes van Clanwilliam in die distrik Vanrhynsdorp. Die grot het sy naam gekry omdat dit byna 300 jaar lank gebruik is as 'n skuiling vir reisigers. Dit is die eerste keer in 1661 aangeteken deur Pieter van Meerhoff, die ontdekkingsreisiger wat daar gebly het. Simon van der Stel het daar vertoef toe hy koper in Namakwaland gaan soek het. Inskripsies deur besoekers dateer van 1712 af. Die grot is in 1939 tot 'n nasionale monument verklaar.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Heemraad
Volgende onderwerp: Heidelberg
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 16 13:40:40 MGT 2024