Hartley [boodskap #122107] |
Sa, 15 Desember 2018 17:33 |
|
Inligting
Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Hartley is 'n dorp in Zimbabwe (Rhodesië) tussen Bulawayo en Harare (Salisbury). Omstreeks 1890 gestig as Hartley Hill, 'n mynkamp, en vernoem na Henry Hartley beroemde jagter en ontdekkingsreisiger. Die oorspronklike dorp is kwaai aangeval in die Masjona-opstand van 1896. Omdat dit nie goed geleë was nie, het Rhodes kort voor sy dood in 1901 die dorp laat verskuif na sy huidige plek. Dit is nou 'n myn-, boerdery- en nywerheidsentrum. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 2,100 (450 Blankes).
Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
|
|
|