Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Nuus 14/5
Nuus 14/5 [boodskap #62079] Di, 14 Mei 2002 16:49 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Die Grootbaas van Transnet is geskors met volle betaling, na 'n Mail &
Guardian storie met prentjies wat toon dat hy 'n huis van Transnet gekoop
het teen die helfte van die waardasiewaarde, en toe nog daarna oor die R300
000 se verbeterings aangebring het met Transnet se fondse en werkers,
voordat hy 'n verband aangegaan het om die gelde aan Transnet te betaal.
Dat so 'n stoute seun so gou vasgetrek is!! Ai tog , wat is dit net die
soustreiners dat hulle dinge so slap deesdae doen:))))
Annette
Re: Nuus 14/5 [boodskap #62114 is 'n antwoord op boodskap #62079] Wo, 15 Mei 2002 03:57 Na vorige boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
En ek kan jou stories vertel waar die manne vir twee jaar met volle betaling
geskors word, en dan weer in ere herstel word. (Waar die salarisskaal die
halfmiljoen rand kerf per jaar oortref - sonder byvoordele...)

Bedrog waarvoor nie die regering nie, maar die belastingbetaler opdok. (Jy
weet daardie 5% wat die 95% van die belastingkoffers volmaak....)

"Annette" skryf in boodskap news:abrgic$kkuqv$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Die Grootbaas van Transnet is geskors met volle betaling, na 'n Mail &
> Guardian storie met prentjies wat toon dat hy 'n huis van Transnet gekoop
> het teen die helfte van die waardasiewaarde, en toe nog daarna oor die R300
> 000 se verbeterings aangebring het met Transnet se fondse en werkers,
> voordat hy 'n verband aangegaan het om die gelde aan Transnet te betaal.
> Dat so 'n stoute seun so gou vasgetrek is!! Ai tog , wat is dit net die
> soustreiners dat hulle dinge so slap deesdae doen:))))
> Annette
>
Vorige onderwerp: Nuus 10/5
Volgende onderwerp: Nuus 17/5
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 15:13:38 MGT 2024