Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Nuus 17/5
Nuus 17/5 [boodskap #62201] Vr, 17 Mei 2002 04:33
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Onderwysers by Lekatlong? het gekeer dat inspekteurs die skoolgronde betree
vir die gewone inspeksie. Hulle wil nie aan inspeksies onderwerp word nie,
want dit is glo 'n onding van die vorige regime.

Tamika Plaatjie van die PAC - hy wat die hardste geskree het ter
ondersteuning van Zimbabwe se plaasbesettingsbeleid - is nou die voorbok om
'n beskermingsbeleid vir grensboere in werking te stel - glo omdat SA nie
kan bekostig om die boere te verloor nie.

Percy Montgommery het ook nou besluit om liewers oorsee te gaan rugby speel
omdat hy nie 'n kontrak kon beding voordat die proewe gespeel is nie.
Dit plaas my nou in 'n verskriklike dilemma, want ek het altyd gesê ek sal
weer vir WP skree as Percy en Slaptjips nie in die span is nie:))))

Annette
Vorige onderwerp: Nuus 14/5
Volgende onderwerp: Nuus 16/5
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 11:09:54 MGT 2024