Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Vandag se boodskappe (Af)  | Onbeantwoorde boodskappe (Aan)

Forum: Woordeboek
 Onderwerp: geskil
geskil [boodskap #145542] Di, 11 Junie 2024 18:55
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19313
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
geskil
Afbreking: ge•skil
Samestelling: ge- + skil


Selfstandige naamwoord: geskil
Meervoud: geskille
Verkleinwoord: geskilletjie
Meervoud van verkleining: geskilletjies

Betekenis:
• 'n Geweldlose konflik; verskil van mening.

Gebruik:
• Die partye het hulle geskil na 'n derde party vir arbitrasie verwys.

Sinoniem:
• argument
• dispuut
• kwessie
• konflik
• meningsverskil
• onderonsie
• onenigheid
• rusie
• twis

Hiponiem:
• arbeidsgeskil
• godsdiensgeskil
• grensgeskil
• jurisdiksiegeskil
• loongeskil
• rassegeskil
• troonopvolgingsgeskil

Afgelei:
• geskilpunt

Vertaling:
Engels: difference, dispute, quarrel
Nederlands: geschil


Werkwoord: skil
Verlede tyd: het geskil

Betekenis:
• Die verlede tyd van skil.

Gebruik:
• Sy het die appel geskil en in kwarte gesny.

Vertaling:
Engels: peeld
Nederlands: schilde

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: suiglekker
suiglekker [boodskap #145541] Di, 11 Junie 2024 18:29
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19313
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
suiglekker
Afbreking: suig•lek•ker
Samestelling: suig + lekker


Selfstandige naamwoord: suiglekker
Meervoud: suiglekkers
Verkleinwoord: suiglekkertjie
Meervoud van verkleining: suiglekkertjies

Betekenis:
• Harde lekkerny wat gesuig word, soos 'n suigstokkie/stokkielekker.

Gebruik:
• Die tandarts gee vir Pietie 'n rooi suiglekker omdat hy so dapper was.

Vertaling:
Engels: sucker, lollipop
Nederlands: lekstok

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: kruks
kruks [boodskap #145540] Di, 11 Junie 2024 11:40
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19313
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kruks
Afbreking: kruks


Selfstandige naamwoord: kruks
Meervoud:

Betekenis:
• Die sentrale punt of belangrikste kenmerk van 'n probleem of saak.

Gebruik:
• Die kruks van die saak is dat wetenskap deur mense bedryf word, en die mens nie subjektief in sy beskouinge en aannames is nie.

Wisselvorm:
• crux

Sinoniem:
• haakplek
• kernprobleem
• knelpunt
• kruispunt
• moeilikheid

Vertaling:
Engels: crux
Latyn: crux
Nederlands: crux

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: pretensie
pretensie [boodskap #145539] Di, 11 Junie 2024 11:18
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19313
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
pretensie
Afbreking: pre•ten•sie


Selfstandige naamwoord: pretensie
Meervoud: pretensies

Betekenis:
• Om 'n valse indruk te skep dat jy beter is as wat jy werklik is.

Gebruik:
• Die roman lewer 'n oordadige en balhorige aanslag op preutsheid en pretensie in die algemeen.

Sinoniem:
• aanmatiging
• aansittery
• eielof
• eiewaan
• hubris
• oordrywing
• toneelspel
• verwaandheid
• voorwendsel
• wanvoorstelling
• ydelheid

Antoniem:
• beskeidenheid
• nederigheid

Afgelei:
• pretensieloos
• pretensieus

Vertaling:
Engels: presumption, pretence
Nederlands: pretentie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: platvloers
platvloers [boodskap #145538] Di, 11 Junie 2024 09:56
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19313
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
platvloers
Afbreking: plat•vloers
Samestelling: plat + vloer + -s


Byvoeglike naamwoord: platvloers
Attributief: platvloerse

Betekenis:
• Wat by ongesofistikeerde of onbeskaafde mense hoort.
• Wat eenvoudig en sonder voorwendsel is.

Gebruik:
• Sy kru en platvloerse grappe gee aanstoot.
• Hy gaan met 'n platvloerse boerenooi uit.

Sinoniem:
• banaal
• barbaars
• grof
• laag
• kômmin
• vulgêr
• alledaags
• gewoon
• ordinêr

Afgelei:
• platvloersheid

Vertaling:
Engels: corny
Nederlands: platvloers

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: beesmis
beesmis [boodskap #145537] Di, 11 Junie 2024 09:34
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19313
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
beesmis
Afbreking: bees•mis
Samestelling: bees + mis


Selfstandige naamwoord: beesmis
Meervoud:

Betekenis:
• Die mis/ uitwerpsels van beeste.

Gebruik:
• Moenie in die beesmis trap nie!

Spreekwoord:
• Kom ons maak soos beesmis en val in die pad. [Dis tyd om te vertrek.]

Sinoniem:
• koeimis
• kraalmis

Vertaling:
Engels: cow dung, cattle manure
Nederlands: koeienmest

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: kru
kru [boodskap #145536] Di, 11 Junie 2024 09:25
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19313
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kru
Afbreking: kru


Byvoeglike naamwoord: kru
Vergrotende trap: kruer
Oortreffende trap: kruuste
Attributief: kru

Betekenis:
• Wat onbeskaaf en onvanpas is.

Gebruik:
• Ek is moeg vir al sy kru grappe.

Sinoniem:
• afstootlik
• barbaars
• grof
• kras
• onafgewerk
• onbehoorlik
• onbeskaamd
• onfatsoenlik
• onfyn
• onparlementêr
• onverfynd
• smaakloos
• plat
• vulgêr

Afgelei:
• kruheid

Vertaling:
Engels: crude, vulgar, harsh
Nederlands: ruw, grof

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: soustrein
soustrein [boodskap #145535] Di, 11 Junie 2024 09:08
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19313
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
soustrein
Afbreking: sous•trein
Samestelling: sous + trein


Selfstandige naamwoord: soustrein
Meervoud: soustreine
Verkleinwoord: soustreintjie
Meervoud van verkleining: soustreintjies

Betekenis:
• 'n Metafoor vir korrupsie en selfverryking.

Gebruik:
• Die amptenare lag en dans terwyl hulle die soustrein nog verder aanstook.

Spreekwoord:
• Op die soustrein ry. [Die belastingbetaler se geld vir weelde-artikels of onnodige reise aanwend.]

Sinoniem:
• geldtrein

Afgelei:
• soustreinryer
• soustreinryery

Vertaling:
Engels: gravy train
Nederlands: geldtrein, subsidiecarrousel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: herkies
herkies [boodskap #145534] Di, 11 Junie 2024 08:36
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19313
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
herkies
Afbreking: her•kies
Samestelling: her- + kies


Werkwoord: herkies
Verlede tyd: het herkies

Betekenis:
• Om weer te kies.

Gebruik:
• Die president is vir 'n tweede termyn herkies.

Afgelei:
• herkiesbaar
• herkiesing

Vertaling:
Engels: to re-elect
Nederlands: herkiezen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: vervaardiging
vervaardiging [boodskap #145533] Ma, 10 Junie 2024 19:13
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19313
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vervaardiging
Afbreking: ver•vaar•di•ging
Samestelling: vervaardig + -ing


Selfstandige naamwoord: vervaardiging
Meervoud: vervaardiginge

Betekenis:
• Die handeling of resultaat van vervaardig (om produkte te maak).

Gebruik:
Vervaardiging word toenemend geoutomatiseer en roetinetake word deur robotte uitgevoer.

Sinoniem:
• fabrisering
• konstruksie
• produksie
• skepping
• vorming

Hiponiem:
• gasvervaardiging
• rolprentvervaardiging
• staalvervaardiging
• wapenvervaardiging

Afgelei:
• vervaardigingsaspek
• vervaardigingsbedryf
• vervaardigingsoutomatisasie
• vervaardigingsproses

Vertaling:
Engels: manufacturing, production, fabrication
Nederlands: vervaardiging

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: plaashond
plaashond [boodskap #145532] Ma, 10 Junie 2024 18:58
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19313
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
plaashond
Afbreking: plaas•hond
Samestelling: plaas + hond


Selfstandige naamwoord: plaashond
Meervoud: plaashonde
Verkleinwoord: plaashondjie
Meervoud van verkleining: plaashondjies

Betekenis:
• 'n Hond wat op 'n plaas woon of werk.

Gebruik:
• 'n Skaaphond is 'n goeie keuse as 'n plaashond.

Sinoniem:
• plaasbrak

Vertaling:
Engels: farm dog, ranch dog
Nederlands: boerderijhond

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: kiemvry
kiemvry [boodskap #145531] Ma, 10 Junie 2024 18:44
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19313
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kiemvry
Afbreking: kiem•vry
Samestelling: kiem + vry


Byvoeglike naamwoord: kiemvry
Attributief: kiemvrye

Betekenis:
• Sonder kieme en ander mikro-organismes.

Gebruik:
• 'n Baba se bottel moet gereeld gesteriliseer word om dit kiemvry te maak.

Sinoniem:
• antisepties
• gesteriliseer
• onbesmet
• patogeenvry
• steriel

Afgelei:
• kiemvryheid

Vertaling:
Engels: germfree, sterile, aseptic
Nederlands: kiemvrij

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: afdwing
afdwing [boodskap #145530] Ma, 10 Junie 2024 18:28
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19313
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
afdwing
Afbreking: af•dwing
Samestelling: af + dwing


Werkwoord: dwing af, afdwing
Verlede tyd: het afgedwing

Betekenis:
• Om dwang te gebruik om jou wil te kry.
• Om in te boesem.

Gebruik:
• Die staat dwing die nuwe wetgewing af.
• Hy het altyd respek afgedwing.

Sinoniem:
• afdreig
• afpers
• opeis
• forseer
• uitwring

Afgelei:
• afdwingbaar
• afdwinging

Vertaling:
Engels: to obtain by force, coerce, compel; to command
Nederlands: afdwing

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: politeïsme
politeïsme [boodskap #145529] Ma, 10 Junie 2024 17:45
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19313
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
politeïsme
Afbreking: po•li•te•ïs•me
Samestelling: poli- + teïsme


Selfstandige naamwoord: politeïsme
Meervoud:

Betekenis:
• Die geloof dat daar baie gode is.

Gebruik:
Politeïsme was algemeen voor die verspreiding van die Abrahamitiese gelowe van Judaïsme, Christendom en Islam, wat monoteïsme afdwing.

Sinoniem:
• panteïsme
• veelgodery

Antoniem:
• monoteïsme

Vertaling:
Engels: polytheism
Nederlands: polytheïsme

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: monoteïsme
monoteïsme [boodskap #145528] Ma, 10 Junie 2024 17:39
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19313
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
monoteïsme
Afbreking: mo•no•te•ïs•me
Samestelling: mono- + teïsme


Selfstandige naamwoord: monoteïsme
Meervoud:

Betekenis:
• Die geloof dat daar net een ware en alomvattende God is.

Gebruik:
• Die eerste boek van die Bybel, Genesis, vestig monoteïsme en ontken politeïsme.

Sinoniem:
• eengodedom

Antoniem:
• politeïsme

Verwant:
• monoteïs
• monoteïsties

Vertaling:
Engels: monotheism
Nederlands: monotheïsme

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: musieksmaak
musieksmaak [boodskap #145527] Ma, 10 Junie 2024 17:26
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19313
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
musieksmaak
Afbreking: mu•siek•smaak
Samestelling: musiek + smaak


Selfstandige naamwoord: musieksmaak
Meervoud: musieksmake

Betekenis:
• Die musiek waarvan iemand hou.

Gebruik:
• Ek het 'n wye musieksmaak en luister operas tot boeremusiek.

Vertaling:
Engels: music taste, taste in music
Nederlands: muzieksmaak

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: vakuum
vakuum [boodskap #145526] Ma, 10 Junie 2024 17:13
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19313
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vakuum
Afbreking: va•kuum


Selfstandige naamwoord: vakuum
Meervoud: vakuums
Verkleinwoord: vakuumpie
Meervoud van verkleining: vakuumpies

Betekenis:
• 'n Materievrye ruimte; area wat bykans geen lug of ander materie bevat nie.
• (figuurlik) Iets wat ontbreek; gemis word.

Gebruik:
• 'n Ligjaar is die afstand wat lig in 'n jaar in 'n vakuum aflê.
• Haar ontydige dood het 'n groot vakuum in ons lewens gelaat.

Sinoniem:
• lugleegte
• leemte
• verlatenheid

Hiponiem:
• magsvakuum

Afgelei:
• vakuumbuis
• vakuumfles
• vakuummeter
• vakuumpomp
• vakuumsituasie
• vakuumverpak
• vakuumtenk

Vertaling:
Engels: vacuum
Nederlands: vacuüm

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: onderhemp
onderhemp [boodskap #145525] Ma, 10 Junie 2024 16:01
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19313
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
onderhemp
Afbreking: on•der•hemp
Samestelling: onder + hemp


Selfstandige naamwoord: onderhemp
Meervoud: onderhemde
Verkleinwoord: onderhempie
Meervoud van verkleining: onderhempies

Betekenis:
• 'n Hemp wat onder 'n ander hemp gedra word.

Gebruik:
• In die winter dra ek 'n onderhemp en twee onderbroeke.

Sinoniem:
• frokkie

Vertaling:
Engels: undershirt, vest
Nederlands: onderhemd, onderborstrok

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: ligjaar
ligjaar [boodskap #145524] Ma, 10 Junie 2024 15:49
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19313
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ligjaar
Afbreking: lig•jaar
Samestelling: lig + jaar


Selfstandige naamwoord: ligjaar
Meervoud: ligjare

Betekenis:
• Die afstand wat lig in 'n vakuum in een jaar aflê (ongeveer 10 biljoen kilometer).

Gebruik:
• Die naaste sterrestelsel, Alpha Centauri, is sowat 4,37 ligjare van die Aarde af.

Verwant:
• ligdag
• ligmaand
• ligminuut
• liguur

Vertaling:
Engels: light year
Nederlands: lichtjaar

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: ampshalwe
ampshalwe [boodskap #145523] So, 09 Junie 2024 18:44
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19313
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ampshalwe
Afbreking: amps•hal•we
Samestelling: amp + -s- + -halwe


Bywoord: ampshalwe

Betekenis:
• In amptelike hoedanigheid. Uit die krag van 'n amp.

Gebruik:
• Die president was ampshalwe op 'n lang buitelandse besoek.

Sinoniem:
• amptelik
• offisieel
• wetlik

Afkorting:
• e.o.

Vertaling:
Engels: officially
Latyn: ex officio
Nederlands: ambtshalve, officieel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: jaarboek
jaarboek [boodskap #145522] So, 09 Junie 2024 17:40
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19313
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
jaarboek
Afbreking: jaar•boek
Samestelling: jaar + boek


Selfstandige naamwoord: jaarboek
Meervoud: jaarboeke
Verkleinwoord: jaarboekie
Meervoud van verkleining: jaarboekies

Betekenis:
• Verslag oor 'n bepaalde jaar.
• Publikasie wat jaarliks uitgegee word.
• Beskrywing van die komende jaar.

Gebruik:
• Die skool se jaarboek is vol mooi herinnering van al die lekker dinge wat deur die skooljaar gebeur het.
• Die ensiklopedie se jaarboek dokumenteer onlangse gebeure en die nuutste bywerkings.

Sinoniem:
• jaarblad
• jaarrapport
• jaarverslag
• kroniek

Vertaling:
Engels: yearbook
Nederlands: jaarboek

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: insien
insien [boodskap #145521] So, 09 Junie 2024 10:44
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19313
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
insien
Afbreking: in•sien
Samestelling: in + sien


Werkwoord: sien in, insien
Verlede tyd: het ingesien

Betekenis:
• Om na die binnekant te kyk.
• Om te begryp hoe iets werk.

Gebruik:
• Hy kon nie in die donker kamer insien nie.
• Ek het ingesien dat dit 'n gawe uit die hand van God is. [Prediker 2:24]

Sinoniem:
• inkyk
• inloer
• agterkom
• begryp
• besef
• kleinkry
• raaksien
• verstaan

Vertaling:
Engels: to look into; to understand, realise
Nederlands: inzien

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: snap
snap [boodskap #145520] So, 09 Junie 2024 10:35
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19313
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
snap
Afbreking: snap


Werkwoord: snap
Verlede tyd: het gesnap

Betekenis:
• Om te verstaan.
• Om te byt.

Gebruik:
• Ek snap nie wat hy sê nie.
• Die hond snap na die been.

Sinoniem:
• begryp
• besef
• insien
• raaksien
• verstaan

Afgelei:
• opsnap
• snaphaan
• snapskilpad
• snapper

Vertaling:
Engels: to get it, catch, understand; to bite
Nederlands: snappen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: lagune
lagune [boodskap #145519] So, 09 Junie 2024 09:40
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19313
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Lagune.
'n Lagune.
lagune
Afbreking: la•gu•ne


Selfstandige naamwoord: lagune
Meervoud: lagunes

Betekenis:
• 'n Opdamming van water langs of aan die see wat deur 'n sandbank afgesluit is.

Gebruik:
• Die Kaapse seeperdjie kom net in Knysna se lagune voor.

Sinoniem:
• kusmeer
• strandmeer

Vertaling:
Engels: lagoon, coastal lake
Nederlands: lagune, strandmeer

Nota:
• Leenwoord van Frans.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: sandbank
sandbank [boodskap #145518] So, 09 Junie 2024 09:26
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19313
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
sandbank
Afbreking: sand•bank
Samestelling: sand + bank


Selfstandige naamwoord: sandbank
Meervoud: sandbanke
Verkleinwoord: sandbankie
Meervoud van verkleining: sandbankies

Betekenis:
• 'n Opeenhoping van sand (tipies in 'n meer of op die bodem van die see).

Gebruik:
• Die skip het in 'n sandbank vasgeloop.

Sinoniem:
• sandduin
• sandplaat
• sandwal
• skoorwal

Afgelei:
• sandbankhaai

Vertaling:
Engels: sandbank, shelf, shoal
Nederlands: zandbank

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: strandmeer
strandmeer [boodskap #145517] So, 09 Junie 2024 09:18
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19313
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Strandmeer.
'n Strandmeer.
strandmeer
Afbreking: strand•meer
Samestelling: strand + meer


Selfstandige naamwoord: strandmeer
Meervoud: strandmere
Verkleinwoord: strandmeertjie
Meervoud van verkleining: strandmeertjies

Betekenis:
• 'n Dam water langs of aan die see wat deur 'n sandbank gevorm is.

Gebruik:
• Die strandmeer het oornag na die see deurgebreek.

Sinoniem:
• kusmeer
• lagune

Vertaling:
Engels: lagoon, coastal lake
Nederlands: strandmeer

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: deurbreek
deurbreek [boodskap #145516] So, 09 Junie 2024 09:09
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19313
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
deurbreek
Afbreking: deur•breek
Samestelling: deur + breek


Werkwoord: breek deur, deurbreek
Verlede tyd: het deurgebreek

Betekenis:
• Om met moeite 'n opening te maak; van die een na die ander kant te dring.

Gebruik:
• Die son se strale breek deur die wolke.
• Die strandmeer het na die see deurgebreek.

Sinoniem:
• deurbars
• deurdring
• deurkom
• penetreer
• uitbeitel

Afgelei:
• deurbraak
• deurbreker
• deurbreking

Vertaling:
Engels: to break through
Nederlands: doorbreken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: hardlywig
hardlywig [boodskap #145515] So, 09 Junie 2024 08:54
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19313
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
hardlywig
Afbreking: hard•ly•wig
Samestelling: hard + lyf + -ig


Byvoeglike naamwoord: hardlywig
Vergrotende trap: hardlywiger
Oortreffende trap: hardlywigste
Attributief: hardlywige

Betekenis:
• Wat moeilik ontlas.

Gebruik:
• Die hardlywige pasiënt het geskree van die maagpyn.

Sinoniem:
• opgestop
• toegestop

Afgelei:
• hardlywigheid

Vertaling:
Engels: constipated, costive
Nederlands: hardlijvig, verstopt

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: verstop
verstop [boodskap #145514] So, 09 Junie 2024 08:47
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19313
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verstop
Afbreking: ver•stop
Samestelling: ver- + stop


Werkwoord: verstop
Verlede tyd: het verstop

Betekenis:
• Om 'n nou gang of pyp te blokkeer; af te sluit.
• Om hardlywig te wees.

Gebruik:
• Die rioolpyp is verstop.
• Al die biltong sal jou verstop.

Sinoniem:
• afsluit
• blokkeer
• strem
• toestop
• vasprop
• versper

Afgelei:
• verstoptheid
• verstopte
• verstopping

Vertaling:
Engels: to block, clog, plug
Nederlands: verstoppen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: rioolpyp
rioolpyp [boodskap #145513] So, 09 Junie 2024 08:37
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19313
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
rioolpyp
Afbreking: ri•ool•pyp
Samestelling: riool + pyp


Selfstandige naamwoord: rioolpyp
Meervoud: rioolpype
Verkleinwoord: rioolpypie
Meervoud van verkleining: rioolpypies

Betekenis:
• Pyp waardeur rioolwater afgelei word.

Gebruik:
• Die toilet se rioolpyp is verstop.

Vertaling:
Engels: sewage pipe
Nederlands: rioolbuis, rioolpijp

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: wilgerboom
wilgerboom [boodskap #145512] So, 09 Junie 2024 08:28
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19313
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Wilgerboom.
'n Wilgerboom.
wilgerboom
Afbreking: wil•ger•boom
Samestelling: wilger + boom


Selfstandige naamwoord: wilgerboom
Meervoud: wilgerbome
Verkleinwoord: wilgerboompie
Meervoud van verkleining: wilgerboompies

Betekenis:
• 'n Bladwisselende, waterliewende boom, meestal met takke wat afhang, 'n indringerplant in Suid-Afrika, Salix babylonica.

Gebruik:
• Die wilgerboom het 'n aggressiewe wortelstelsel wat groot probleme kan veroorsaak as dit naby rioolpype geplant word.

Wisselvorm:
• wilg
• wilgeboom
• treurwilg

Afgelei:
• treurwilgerboom
• waterwilgerboom

Vertaling:
Engels: willow tree
Nederlands: treurwilg

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: verslons
verslons [boodskap #145511] So, 09 Junie 2024 08:14
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19313
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verslons
Afbreking: ver•slons
Samestelling: ver- + slons


Byvoeglike naamwoord: verslons
Attributief: verslonsde, verslonste

Betekenis:
• Wat slordig en verwaarloos lyk.

Gebruik:
• Die verslonsde boemelaar bedel geld op die straathoeke.

Sinoniem:
• gehawend
• onnet
• slonserig
• slonsig
• slordig
• verflenter
• verflenterd
• verfomfaaid
• verwaai
• verwaaid
• verwaarloos
• verwese
• vuil

Afgelei:
• verslonsdheid

Vertaling:
Engels: neglected, untidy, spoiled, ruined
Nederlands: verslonsd


Werkwoord: verslons
Verlede tyd: het verslons

Betekenis:
• Om te verwaarloos of onnet te maak.

Gebruik:
• Die slet verslons haar klere.

Antoniem:
• versorg

Afgelei:
• verslonsing

Vertaling:
Engels: to neglect, ruin, spoil, make untidy
Nederlands: verslonzen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: oogkontak
oogkontak [boodskap #145510] So, 09 Junie 2024 07:58
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19313
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
oogkontak
Afbreking: oog•kon•tak
Samestelling: oog + kontak


Selfstandige naamwoord: oogkontak
Meervoud:

Betekenis:
• Om iemand in die oë te kyk, 'n vorm van nie-verbale kommunikasie.

Gebruik:
• Sy wil nie met die verslonsde man op die bus praat nie en vermy oogkontak.

Vertaling:
Engels: eye contact
Nederlands: oogcontact

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: kluitklaplys
kluitklaplys [boodskap #145509] Sa, 08 Junie 2024 18:50
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19313
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kluitklaplys
Afbreking: kluit•klap•lys
Samestelling: kluit + klap + lys


Selfstandige naamwoord: kluitklaplys
Meervoud: kluitklaplyste
Verkleinwoord: kluitklaplysie
Meervoud van verkleining: kluitklaplysies

Betekenis:
• Lys van dinge wat jy wil doen voordat jy doodgaan (voor die kluite op jou kis klap).

Gebruik:
• Hy het onderneem om sy oorlede broer se kluitklaplys te voltooi.

Sinoniem:
• lepellys
• emmerlys

Vertaling:
Engels: bucket list
Nederlands: verlanglijstje

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: toppie
toppie [boodskap #145508] Sa, 08 Junie 2024 18:06
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19313
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
toppie
Afbreking: top•pie
Samestelling: top + -pie


Selfstandige naamwoord: toppie
Meervoud: toppies
Verkleinwoord: toppietjie
Meervoud van verkleining: toppietjies

Betekenis:
• 'n Klein top (hoogste punt of boonste deel).
• Kledingstuk wat die bolyf bedek.
• (informeel) 'n Middeljarige of ouerige man.

Gebruik:
• Moenie die boompie se toppie buig nie.
• Sy dra 'n pragtige toppie.
• My toppie het my gehok omdat ek stout was.

Sinoniem:
• omie
• pa

Afgelei:
• spantoppie
• tenktoppie
• outoppie

Vertaling:
Engels: pinnacle; garment; toppie
Nederlands: toppie

Nota:
• Die betekenis van 'n ou man is waarskynlik van Zoeloe (thopi, yl groei, bv. hare) of Hindi (topi, hoofdeksel, hoed, helmet).

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: teraardebestelling
teraardebestelling [boodskap #145507] Sa, 08 Junie 2024 17:25
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19313
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
teraardebestelling
Afbreking: ter•aar•de•be•stel•ling
Samestelling: ter + aarde + bestel + -ing


Selfstandige naamwoord: teraardebestelling
Meervoud: teraardebestellings

Betekenis:
• Die handeling van ter aarde bestel/ om 'n dooie persoon te begrawe.

Gebruik:
• Die teraardebestelling sal Saterdag om 16:00 by die kerkhof plaasvind.

Sinoniem:
• begrafnis
• begrafnisdiens
• graflegging
• lykdiens
• uitvaart

Vertaling:
Engels: burial, funeral, internment, entombment, inhumation
Nederlands: teraardebestelling

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: terdoodveroordeling
terdoodveroordeling [boodskap #145506] Sa, 08 Junie 2024 17:14
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19313
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
terdoodveroordeling
Afbreking: ter•dood•ver•oor•de•ling
Samestelling: ter + dood + veroordeel + -ing


Selfstandige naamwoord: terdoodveroordeling
Meervoud: terdoodveroordelings

Betekenis:
• Die handeling van ter dood veroordeel.

Gebruik:
• Die terdoodveroordeling mag net plaasvind op die eenparige getuienis van twee of drie getuies, nie op dié van net een nie. [Deuteronomium 17:6]

Sinoniem:
• doodstraf
• doodsvonnis

Vertaling:
Engels: condemnation to death, death sentence
Nederlands: terdoodveroordeling

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: inbesitneming
inbesitneming [boodskap #145505] Sa, 08 Junie 2024 17:04
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19313
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
inbesitneming
Afbreking: in•be•sit•ne•ming
Samestelling: in + besit + neem + -ing


Selfstandige naamwoord: inbesitneming
Meervoud: inbesitneminge, inbesitnemings

Betekenis:
• Die handeling van in besit neem/ onder jou eienaarskap plaas.

Gebruik:
• Sedert die inbesitneming van die Kaap in 1806 is die Hollandse taal doelbewus en stelselmatig op die agtergrond gedring.

Sinoniem:
• anneksasie
• beslaglegging
• inbesitname
• konfiskasie
• okkupasie
• oorname
• toe-eiening

Afgelei:
• herinbesitneming

Vertaling:
Engels: occupation
Nederlands: inbezitneming

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: inwerkingstelling
inwerkingstelling [boodskap #145504] Sa, 08 Junie 2024 16:51
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19313
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
inwerkingstelling
Afbreking: in•wer•king•stel•ling
Samestelling: in + werking + stel + -ing


Selfstandige naamwoord: inwerkingstelling
Meervoud: inwerkingstellinge, inwerkingstellings

Betekenis:
• Die handeling van in werking stel/ aan die gang sit.

Gebruik:
• Sedert die inwerkingstelling van die wet is daar nog niemand aangekla nie.

Sinoniem:
• aktivering
• implementering
• inwerkingtreding

Afgelei:
• inwerkingstellingsprosedure

Vertaling:
Engels: activation, implementation, enactment
Nederlands: inwerkingstelling

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: instaatstelling
instaatstelling [boodskap #145503] Sa, 08 Junie 2024 16:07
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19313
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
instaatstelling
Afbreking: in•staat•stel•ling
Samestelling: in + staat + stel + -ing


Selfstandige naamwoord: instaatstelling
Meervoud:

Betekenis:
• Die handeling van in staat stel.

Gebruik:
• Die fokus is op die instaatstelling van die pasiënt om beter na homself om te sien.

Sinoniem:
• bemagtiging
• moontlikmaking

Vertaling:
Engels: enablement
Nederlands: instaatstelling

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Bladsye (4): [ «    1  2  3  4    »]


Tyd nou: Sa Jun 15 17:15:08 MGT 2024