Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Vandag se boodskappe (Af)  | Onbeantwoorde boodskappe (Aan)

Forum: Woordeboek
 Onderwerp: komiteelid
komiteelid [boodskap #145472] Do, 06 Junie 2024 17:41
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19323
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
komiteelid
Afbreking: ko•mi•tee•lid
Samestelling: komitee + lid


Selfstandige naamwoord: komiteelid
Meervoud: komiteelede

Betekenis:
• 'n Lid van 'n komitee.

Gebruik:
• Enige komiteelid wat nie 'n vergadering kan bywoon nie moet 'n skriftelike verskoning indien.

Hiponiem:
• wykskomiteelid

Vertaling:
Engels: committee member
Nederlands: commissielid

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: manipulasie
manipulasie [boodskap #145471] Do, 06 Junie 2024 17:10
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19323
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
manipulasie
Afbreking: ma•ni•pu•la•sie


Selfstandige naamwoord: manipulasie
Meervoud: manipulasies

Betekenis:
• Die handeling of resultaat van manipuleer (om te beïnvloed, dikwels met slegte bedoeling).

Gebruik:
• Nuwe varieëteite van die plant word deur genetiese manipulasie gekweek.

Sinoniem:
• geknoei
• gekonkel
• manipulering

Vertaling:
Engels: manipulation
Nederlands: manipulatie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: draadloos
draadloos [boodskap #145470] Do, 06 Junie 2024 17:00
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19323
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
draadloos
Afbreking: draad•loos
Samestelling: draad + -loos


Byvoeglike naamwoord: draadloos
Attributief: draadlose

Betekenis:
• Sonder enige drade.

Gebruik:
• U kan draadloos oor WiFi of bluetooth konnekteer.

Sinoniem:
• koordloos

Vertaling:
Engels: wireless
Nederlands: draadloos


Selfstandige naamwoord: draadloos
Meervoud: draadlose
Verkleinwoord: draadlosie
Meervoud van verkleining: draadlosies

Betekenis:
• 'n Radiotoestel.

Gebruik:
• Draai die draadloos bietjie harder.

Vertaling:
Engels: radio
Nederlands: radio

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: tussenganger
tussenganger [boodskap #145469] Do, 06 Junie 2024 16:48
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19323
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
tussenganger
Afbreking: tus•sen•gan•ger
Samestelling: tussen + ganger


Selfstandige naamwoord: tussenganger
Meervoud: tussengangers
Verkleinwoord: tussengangertjie
Meervoud van verkleining: tussengangertjies

Betekenis:
• Iemand wat tussenbeide tree in 'n geskil, transaksie of onderhandelinge.

Gebruik:
• Die die Zoeloe-tradisie tree 'n toordokter of sangoma op as die tussenganger tussen die mense en die voorvaders.

Sinoniem:
• bemiddelaar
• intermediêr
• tussenpersoon
• verteenwoordiger

Vertaling:
Engels: mediator, middleman, intermediary, go-between
Nederlands: tussenpersoon

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: aanvoel
aanvoel [boodskap #145468] Wo, 05 Junie 2024 18:59
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19323
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
aanvoel
Afbreking: aan•voel
Samestelling: aan + voel


Werkwoord: voel aan, aanvoel
Verlede tyd: het aangevoel

Betekenis:
• Om te voel deur aan iets te raak.
• Om iets deur gevoel en intuïsie, eerder as die verstand, te bepaal.

Gebruik:
• Haar hande voel koud aan.
• Hy het aangevoel dat alles nie pluis was nie.

Spreekwoord:
• Jy kan dit met 'n stok aanvoel. [Iets sonder enige moeite gewaar.]

Sinoniem:
• agterkom
• besef
• ervaar
• gewaar
• gewaarword
• ondervind
• opmerk
• waarneem

Afgelei:
• aanvoelbaar
• aanvoelenderwys
• aanvoeling

Vertaling:
Engels: to sense
Nederlands: aanvoelen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: tweespalt
tweespalt [boodskap #145467] Wo, 05 Junie 2024 18:25
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19323
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
tweespalt
Afbreking: twee•spalt


Selfstandige naamwoord: tweespalt
Meervoud:

Betekenis:
• 'n Rusie of meningsverskil tussen twee persone of twee groepe.

Gebruik:
• Toe De Wet en Hertzog die Nasionale Party gestig het, was daar toenemende tweespalt onder Afrikanergeledere.

Sinoniem:
• disharmonie
• dissidensie
• konflik
• onenigheid
• onmin
• skeuring
• skisma
• struweling
• stryery
• tweedrag
• tweestryd
• twis
• verdeeldheid
• wrywing

Antoniem:
• eendrag

Vertaling:
Engels: discord, quarrel, disunity, disharmony
Nederlands: tweespalt

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: sosio-ekologies
sosio-ekologies [boodskap #145466] Wo, 05 Junie 2024 17:40
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19323
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
sosio-ekologies
Afbreking: so•si•o-e•ko•lo•gies


Byvoeglike naamwoord: sosio-ekologies
Attributief: sosio-ekologiese

Betekenis:
• Wat die interaksie tussen mense (sosiologie) en die natuur (ekologie) betref.

Gebruik:
• Ons bevind ons in 'n wêreldwye sosio-ekologiese krisis wat toenemend 'n impak op elke aspek van ons lewens het.

Vertaling:
Engels: socio-ecological
Nederlands: sociaal-ecologisch

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: eko-
eko- [boodskap #145465] Wo, 05 Junie 2024 17:02
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19323
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
eko-
Afbreking: eko-


Voorvoegsel: eko-

Betekenis:
• Wat op die ekologie of die omgewing betrekking het.
• Wat op die ekonomie betrekking het.

Gebruik:
• Die voorvoegsel eko- kom voor in woorde soos ekodorp, ekofriendelik, ekoloog, ekostelsel, ekostreek en ekotoerisme.
• Die voorvoegsel eko- kom voor in woorde soos ekonomie en ekonoom.

Verwant:
• bio-

Vertaling:
Engels: eco-
Nederlands: eco-

Nota:
• Van Grieks, oĩkos (woning, huishouding).

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: bio-
bio- [boodskap #145464] Wo, 05 Junie 2024 15:59
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19323
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
bio-
Afbreking: bio-


Voorvoegsel: bio-

Betekenis:
• Wat biologies van aard is; op lewende organismes, of hulle habitat, betrekking het.

Gebruik:
• Die voorvoegsel bio- kom voor in woorde soos biologie, biomassa, biodiversiteit, bioom, biosfeer en bioties.

Verwant:
• eko-

Vertaling:
Engels: bio-
Nederlands: bio-

Nota:
• Van Grieks, βίος (bíos; "lewe").

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: biodiversiteit
biodiversiteit [boodskap #145463] Wo, 05 Junie 2024 15:53
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19323
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
biodiversiteit
Afbreking: bi•o•di•ver•si•teit
Samestelling: bio- + diversiteit


Selfstandige naamwoord: biodiversiteit
Meervoud: biodiversiteite

Betekenis:
• Die biologiese verskeidenheid in 'n ekologiese stelsel; variasie van lewensvorme.

Gebruik:
• Die biodiversiteit van 'n ekostelsel word dikwels beskou as 'n aanduiding van die gesondheid daarvan.

Vertaling:
Engels: biodiversity
Nederlands: biodiversiteit

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: omgewingsimpak
omgewingsimpak [boodskap #145462] Wo, 05 Junie 2024 15:36
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19323
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
omgewingsimpak
Afbreking: om•ge•wings•im•pak
Samestelling: omgewing + -s- + impak


Selfstandige naamwoord: omgewingsimpak
Meervoud:

Betekenis:
• Die effek wat iets op die omgewing het; ekologiese voetspoor.

Gebruik:
• Plastiek breek moeilik af en die omgewingsimpak daarvan is enorm.

Sinoniem:
• milieu-impak
• omgewingsinvloed

Vertaling:
Engels: environmental impact
Nederlands: milieu-impact

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: komposhoop
komposhoop [boodskap #145461] Wo, 05 Junie 2024 12:22
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19323
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
komposhoop
Afbreking: kom•pos•hoop
Samestelling: kompos + hoop


Selfstandige naamwoord: komposhoop
Meervoud: komposhope
Verkleinwoord: komposhopie
Meervoud van verkleining: komposhopies

Betekenis:
• Plek waar afval gegooi kan word sodat dit kan afbreek om kompos te vorm.

Gebruik:
• Buiten herwinning, kan jy ook 'n komposhoop in jou tuin aanlê om jou impak op die omgewing te verminder.

Vertaling:
Engels: compost heap, compost pile
Nederlands: composthoop

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: loskoop
loskoop [boodskap #145460] Wo, 05 Junie 2024 12:11
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19323
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
loskoop
Afbreking: los•koop
Samestelling: los + koop


Werkwoord: koop los, loskoop
Verlede tyd: het losgekoop

Betekenis:
• Om iemand vry te stel deur 'n losprys te betaal.
• Om jou uit 'n kontrak of verpligting uit te koop.

Gebruik:
• Hy koop die slaaf los. Inteendeel, julle is losgekoop met die kosbare bloed van Christus. [1 Petrus 1:19]
• Met sy rykdom moet 'n ryk man hom soms loskoop; 'n arm man kom nie in so 'n gevaar nie. [Spreuke 13:8]

Sinoniem:
• afkoop
• vrykoop

Afgelei:
• loskoopwaarde
• loskoping

Vertaling:
Engels: to ransom, redeem
Nederlands: loskopen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: ontman
ontman [boodskap #145459] Wo, 05 Junie 2024 11:41
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19323
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ontman
Afbreking: ont•man
Samestelling: ont- + man


Werkwoord: ontman
Verlede tyd: het ontman

Betekenis:
• Om 'n man of dier van sy manlikheid te ontneem deur die manlike deel af te sny.
• (figuurlik) Om kragteloos te stel.

Gebruik:
• Die vermeende verkragter is ontman en met klippe doodgegooi.
• Ek wens die mense wat dié verwarring onder julle stig, wou hulleself dan maar heeltemal ontman! [Galasiërs 5:12]

Sinoniem:
• kastreer
• regmaak
• sny
• steriliseer

Afgelei:
• ontmande
• ontmanning

Vertaling:
Engels: to castrate, emasculate, effeminate
Nederlands: ontmannen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: top
top [boodskap #145458] Wo, 05 Junie 2024 11:13
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19323
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
top
Afbreking: top


Selfstandige naamwoord: top
Meervoud: toppe
Verkleinwoord: toppie
Meervoud van verkleining: toppies

Betekenis:
• Die boonste deel of hoogste punt van iets.
• (figuurlik) Die beste.

Gebruik:
• Ons het tot op die top van die berg geklim.
• Die top vier spanne het na die halfeindstryd deurgedring.

Sinoniem:
• bokant
• bopunt
• hoogtepunt
• kroon
• kruin
• piek
• spits

Hiponiem:
• bergtop
• blaartop
• boogtop
• boomtop
• gewelftop
• heuweltop
• toringtop
• vingertop

Afgelei:
• topbestuur
• topgehalte
• tophoek
• topklas
• topleerder
• topprestasie
• toppunt
• topproduksie
• topprys
• topseil
• topsnelheid
• topsoekend
• topvlak

Vertaling:
Engels: top, peak, summit
Nederlands: top


Werkwoord: top
Verlede tyd: het getop

Betekenis:
• Om bo af te sny.
• Om die bokant te bedek.

Gebruik:
• Die tuinier top die heining.
• Die toring word met 'n haan getop.

Afgelei:
• aftop

Vertaling:
Engels: to top
Nederlands: toppen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: deelname
deelname [boodskap #145457] Wo, 05 Junie 2024 10:48
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19323
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
deelname
Afbreking: deel•na•me
Uitspraak: /ˈdɪə̯lˌnɑː.mə/


Selfstandige naamwoord: deelname
Meervoud: deelnames

Betekenis:
• Die handeling van deelneem.

Gebruik:
• Die man wat sy deelname weier, is die man wat sy nasie vermoor. [Soet is die Stryd, I.D du Plessis]

Sinoniem:
• deelneming
• meedoening
• meelewing
• samewerking
• toetrede

Hiponiem:
• leerlingdeelname
• gemeenskapsdeelname

Afgelei:
• deelnamebewys
• deelnamekoste

Vertaling:
Engels: participation
Nederlands: deelname

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: inroep
inroep [boodskap #145456] Wo, 05 Junie 2024 09:31
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19323
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
inroep
Afbreking: in•roep
Samestelling: in + roep


Werkwoord: roep in, inroep
Verlede tyd: het ingeroep

Betekenis:
• Om deur te roep iemand na binne te laat kom.
• Om hulp te versoek.

Gebruik:
• Die skoolhoof roep die stout kinders in sy kantoor in.
• Die weermag is ingeroep om die situasie onder beheer te kry.

Sinoniem:
• binneroep
• binnevra
• innooi
• ontbied
• versoek

Afgelei:
• inroeping

Vertaling:
Engels: to call in; to request
Nederlands: inroepen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: wegspoel
wegspoel [boodskap #145455] Wo, 05 Junie 2024 09:23
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19323
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
wegspoel
Afbreking: weg•spoel
Samestelling: weg + spoel


Werkwoord: spoel weg, wegspoel
Verlede tyd: het weggespoel

Betekenis:
• Om saam met 'n vloeistof wat vloei weg te beweeg.

Gebruik:
• Vloedwater spoel sy huis weg, waterstrome op die dag van God se toorn. [Job 20:28]
• 'n Taxibestuurder wat in die rivier gespring het om die lang arm van die gereg te ontwyk is deur die sterk stroom weggespoel.

Sinoniem:
• afspoel
• meevoer
• verspoel
• wegvoer

Antoniem:
• aanspoel

Afgelei:
• wegspoeling

Vertaling:
Engels: to wash away, flush away
Nederlands: wegspoelen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: ontwyk
ontwyk [boodskap #145454] Wo, 05 Junie 2024 08:45
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19323
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ontwyk
Afbreking: ont•wyk
Samestelling: ont- + wyk


Werkwoord: ontwyk
Verlede tyd: het ontwyk

Betekenis:
• Om ten alle koste te vermy; uit jou pad gaan om te voorkom dat iets gebeur.

Gebruik:
• Hy het die opdrag met 'n lys verskonings probeer ontwyk, maar het uiteindelik ingestem.

Sinoniem:
• omseil
• ontduik
• ontglip
• systap
• terugdeins
• verbylaat
• vermy
• vryspring
• wegkom
• wegskram

Afgelei:
• ontwykend
• ontwyking

Vertaling:
Engels: to avoid, evade, shun
Nederlands: ontwijken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: tesourie
tesourie [boodskap #145453] Di, 04 Junie 2024 19:25
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19323
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
tesourie
Afbreking: te•sou•rie


Selfstandige naamwoord: tesourie
Meervoud: tesourieë

Betekenis:
• Plek waar die geldmiddele van die staat, 'n munisipaliteit, of ander instelling bewaar en beheer word.

Gebruik:
• Die tesourie moet eenvoudig alle luukshede uit die nasionale begroting sny.

Sinoniem:
• staatskas
• staatskoffer
• skatkamer
• skatkis

Afkorting:
• tes.

Verwant:
• tesourier

Vertaling:
Engels: treasury
Nederlands: thesaurie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: realiseer
realiseer [boodskap #145452] Di, 04 Junie 2024 19:07
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19323
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
realiseer
Afbreking: re•a•li•seer


Werkwoord: realiseer
Verlede tyd: het gerealiseer

Betekenis:
• Om tot werklikheid te maak.

Gebruik:
• Beplan en werk hard sodat jy jou drome kan realiseer.

Sinoniem:
• aktualiseer
• behaal
• bereik
• bewaarheid
• bewerkstellig
• regkry
• teweegbring
• vergestalt
• verwerklik
• verwesenlik
• volbring

Afgelei:
• realiseerbaar

Vertaling:
Engels: to realize, materialise, achieve, bring about
Nederlands: realiseren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: kragtoevoer
kragtoevoer [boodskap #145451] Di, 04 Junie 2024 18:52
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19323
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kragtoevoer
Afbreking: krag•toe•voer
Samestelling: krag + toevoer


Selfstandige naamwoord: kragtoevoer
Meervoud: kragtoevoere

Betekenis:
• Die voorsiening van elektrisiteit.

Gebruik:
• Tegnici werk onverpoos om die kragtoevoer na die rampgebied te herstel.

Sinoniem:
• kragvoorsiening
• stroomlewering

Vertaling:
Engels: power supply
Nederlands: stroomtoevoer, stroomvoorziening

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: verkiesingsuitslag
verkiesingsuitslag [boodskap #145450] Di, 04 Junie 2024 18:05
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19323
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verkiesingsuitslag
Afbreking: ver•kie•sings•uit•slag
Samestelling: verkiesing + -s- + uitslag


Selfstandige naamwoord: verkiesingsuitslag
Meervoud: verkiesingsuitslae

Betekenis:
• Die resultaat van 'n verkiesing.

Gebruik:
• Die finale verkiesingsuitslae sal Sondag bekendgemaak word.

Sinoniem:
• stembusuitslag

Vertaling:
Engels: election result
Nederlands: verkiezingsuitslag

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: saamgesels
saamgesels [boodskap #145449] Di, 04 Junie 2024 17:58
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19323
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
saamgesels
Afbreking: saam•ge•sels
Samestelling: saam + gesels


Werkwoord: gesels saam, saamgesels
Verlede tyd: het saamgesels

Betekenis:
• Om saam met ander in gesprek te tree (te klets en te gesels).

Gebruik:
• Jy kan saamgesels op ons Facebook-blad en ander sosiale media.

Sinoniem:
• saamklets
• saampraat

Vertaling:
Engels: to chat together
Nederlands: samen kletsen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: mondspoelmiddel
mondspoelmiddel [boodskap #145448] Ma, 03 Junie 2024 20:03
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19323
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
mondspoelmiddel
Afbreking: mond•spoel•mid•del
Samestelling: mond + spoel + middel


Selfstandige naamwoord: mondspoelmiddel
Meervoud: mondspoelmiddels

Betekenis:
• 'n Reinigende vloeistof waarmee die mond uitgespoel word.

Gebruik:
• Hy borsel sy tande, vlos en gorrel 'n mondspoelmiddel.

Sinoniem:
• gorrelmiddel

Vertaling:
Engels: mouthwash, gargling fluid
Nederlands: mondwater, mondspoelmiddel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: Westers
Westers [boodskap #145447] Ma, 03 Junie 2024 19:44
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19323
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Westers
Afbreking: Wes•ters
Samestelling: Weste + -rs


Byvoeglike naamwoord: Westers
Attributief: Westerse

Betekenis:
• Wat die Weste (Westerse wêreld) betref.

Gebruik:
• Die afname in buitelandse beleggings te wyte aan die land se swak ekonomiese groei en sy verslegtende verhouding met Westerse lande.

Sinoniem:
• Oksidentaal

Antoniem:
• Oosters
• Oriëntaal

Verwant:
• Weste
• Westerling

Vertaling:
Engels: Western, Occidental
Nederlands: westers

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: berou
berou [boodskap #145446] Ma, 03 Junie 2024 19:23
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19323
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
berou
Afbreking: be•rou
Samestelling: be- + rou


Werkwoord: berou
Verlede tyd: het berou

Betekenis:
• Om spyt/ jammer te voel oor iets wat jy verkeerd gedoen het.

Gebruik:
• Die Here gesien dat die mens boos is, en Hy het berou dat Hy die mens gemaak het.

Vertaling:
Engels: to regret, grieve at, repent
Nederlands: berouwen


Selfstandige naamwoord: berou
Meervoud:

Betekenis:
• Spyt oor 'n verkeerde daad of iets wat 'n mens versuim het.

Gebruik:
• En as jou broeder teen jou sondig, bestraf hom; en as hy berou kry, vergewe hom. [Lukas 17:3]

Spreekwoord:
Berou kom altyd te laat. [Mense is altyd ná die tyd spyt wanneer dit te laat is.]
• Haastig trou bring gou berou. [Leer jou lewensmaat goed ken voordat julle trou.]

Sinoniem:
• droefheid
• leedwese
• skuldbesef
• smart
• sondebesef
• spyt
• jammerte
• wroeging

Hiponiem:
• galberou
• galgberou
• naberou
• sterfbedberou

Afgelei:
• berouhebbend
• berouvol

Vertaling:
Engels: remorse, repentance, contrition
Nederlands: berouw

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: wyte
wyte [boodskap #145445] Ma, 03 Junie 2024 18:02
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19323
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
wyte
Afbreking: wy•te
Samestelling: wyt + -e


Werkwoord: te wyte

Betekenis:
• Om te blameer of te beskuldig (dui 'n onaangename rede aan).

Gebruik:
• Die swak oes is te wyte aan die lae reënval.

Vertaling:
Engels: to blame, accuse
Nederlands: wijten

Nota:
• Moenie "wyte" met "wydte" (breedte) verwar nie.
• Moenie "te wyte" (negatiewe konteks) met "te danke" (positiewe konteks) verwar nie.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: ontluikend
ontluikend [boodskap #145444] Ma, 03 Junie 2024 16:53
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19323
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ontluikend
Afbreking: ont•lui•kend
Samestelling: ontluik + -end


Byvoeglike naamwoord: ontluikend
Attributief: ontluikende

Betekenis:
• Wat besig is om te ontluik (ontwikkel, tot bloei kom).

Gebruik:
• Nigerië word deur die Wêreldbank as 'n ontluikende mark beskou.

Sinoniem:
• bloeiend
• groeiend
• klimmend
• ontwikkelend
• opgaande
• opkomend
• ontkiemende

Antoniem:
• gevestig
• verwelkend

Vertaling:
Engels: emergent, nascent
Nederlands: ontluikend

Nota:
• Onvoltooide deelwoord van ontluik.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: verreweg
verreweg [boodskap #145443] Ma, 03 Junie 2024 15:46
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19323
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verreweg
Afbreking: ver•re•weg
Samestelling: ver + -re + weg


Bywoord: verreweg

Betekenis:
• Met 'n groot verskil. Sonder kompetisie. In alle opsigte.

Gebruik:
• Sy was verreweg die beste in haar klas.

Sinoniem:
• beslis
• definitief
• gewis
• onbetwisbaar
• ongetwyfeld
• onteenseglik
• onweerlegbaar
• ooglopend
• opvallend
• sekerlik
• stellig
• verseker

Vertaling:
Engels: by far, far and away
Nederlands: verreweg

Nota:
• Bywoord van hoedanigheid.
• "By verre" word as swak Afrikaans beskou.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: uitvoerder
uitvoerder [boodskap #145442] Ma, 03 Junie 2024 15:29
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19323
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
uitvoerder
Afbreking: uit•voer•der
Samestelling: uitvoer + -der


Selfstandige naamwoord: uitvoerder
Meervoud: uitvoerders
Verkleinwoord: uitvoerdertjie
Meervoud van verkleining: uitvoerdertjies

Betekenis:
• Persoon of entiteit wat produkte uit die land na ander lande uitvoer.
• Iemand wat 'n taak uitvoer; eksekutant.

Gebruik:
• Suid-Afrika is die 2de grootste uitvoerder van sitrus in die wêreld.
• Hoekom loop die opdraggewers en uitvoerders van die moord steeds vry rond?

Antoniem:
• invoerder

Hiponiem:
• beleidsuitvoerder
• tabakuitvoerder
• wynuitvoerder

Afgelei:
• uitvoerdersforum
• uitvoerdersvereniging

Vertaling:
Engels: exporter, shipper; executor, performer
Nederlands: uitvoerder

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: werkloosheidsyfer
werkloosheidsyfer [boodskap #145441] Ma, 03 Junie 2024 15:08
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19323
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
werkloosheidsyfer
Afbreking: werk•loos•heid•sy•fer
Samestelling: werkloosheid + syfer


Selfstandige naamwoord: werkloosheidsyfer
Meervoud: werkloosheidsyfers

Betekenis:
• Die aantal mense wat werkloos is, uitgedruk as 'n persentasie van die bevolking.

Gebruik:
• Suid-Afrika se werkloosheidsyfer het tot 32,1% gestyg.

Sinoniem:
• werkloosheidskoers
• werkloosheidspersentasie

Vertaling:
Engels: unemployment figure, unemployment rate
Nederlands: werkloosheidspercentage

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: radeer
radeer [boodskap #145440] Ma, 03 Junie 2024 13:57
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19323
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
radeer
Afbreking: ra•deer


Werkwoord: radeer
Verlede tyd: het geradeer

Betekenis:
• Om met 'n skerp voorwerp uit te krap, na te trek of in te ets.

Gebruik:
• Die kunstenaar radeer 'n patroon in die marmer in.

Sinoniem:
• afkrap
• ets
• graveer
• uitvee
• uitkrap

Afgelei:
• radeerder
• radeerkuns
• radeermes
• radeernaald
• radeerwater
• radeerwiel
• radering

Vertaling:
Engels: to grade, etch, erase
Nederlands: raderen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: bestraal
bestraal [boodskap #145439] Ma, 03 Junie 2024 12:41
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19323
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
bestraal
Afbreking: be•straal
Samestelling: be- + straal


Werkwoord: bestraal
Verlede tyd: het bestraal

Betekenis:
• Om aan strale bloot te stel, o.a. gevaarlike radioaktiewe strale.

Gebruik:
• Die kwaadaardige gewas kan bestraal of met chemoterapie behandel word.

Sinoniem:
• belig
• beskyn
• irradieer
• verhelder
• verlig

Afgelei:
• bestraalde
• bestraling

Vertaling:
Engels: to irradiated, beam upon, shine upon
Nederlands: bestralen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: irradieer
irradieer [boodskap #145438] Ma, 03 Junie 2024 12:29
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19323
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
irradieer
Afbreking: ir•ra•di•eer


Werkwoord: irradieer
Verlede tyd: het geïrradieer

Betekenis:
• Om strale (soos lig, hitte of ander vorme van straling) uit te stuur, of om aan strale bloot te stel.

Gebruik:
• Uraan irradieer radioaktiewe strale.

Sinoniem:
• beskyn
• bestraal
• illumineer
• radieer
• verhelder
• verlig

Afgelei:
• irradiasie
• irradiërend

Vertaling:
Engels: to irradiate, shine upon
Nederlands: bestralen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: sellulêr
sellulêr [boodskap #145437] So, 02 Junie 2024 18:13
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19323
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
sellulêr
Afbreking: sel•lu•lêr


Byvoeglike naamwoord: sellulêr
Attributief: sellulêre

Betekenis:
• Wat op selle betrekking het.
• Wat uit selle bestaan.

Gebruik:
• Alle lewende organismes benodig suurstof vir sellulêre respirasie.
• Die diensverskaffer is besig om sy sellulêre netwerk uit te brei.

Hiponiem:
• ekstrasellulêr
• intrasellulêr
• intersellulêr

Vertaling:
Engels: cellular
Nederlands: cellulaire

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: detoksifiseer
detoksifiseer [boodskap #145436] So, 02 Junie 2024 17:53
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19323
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
detoksifiseer
Afbreking: de•tok•si•fi•seer


Werkwoord: detoksifiseer
Verlede tyd: het gedetoksifiseer

Betekenis:
• Om gifstowwe (toksine) te verwyder of te neutraliseer.

Gebruik:
• Ondersteun jou lewer in sy rol om skadelike stowwe (soos alkohol) in die liggaam te detoksifiseer.

Sinoniem:
• ontgif

Vertaling:
Engels: to detoxify
Nederlands: ontgiften, detoxen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: hipotensie
hipotensie [boodskap #145435] So, 02 Junie 2024 17:40
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19323
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
hipotensie
Afbreking: hi•po•ten•sie


Selfstandige naamwoord: hipotensie
Meervoud:

Betekenis:
• Aanhoudende abnormaal lae bloeddruk.

Gebruik:
• Met hipotensie is die bloeddruk te laag om die liggaamsweefsels van voldoende suurstof te voorsien.

Antoniem:
• hipertensie

Vertaling:
Engels: hypotension
Nederlands: hypotensie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: hipertensie
hipertensie [boodskap #145434] So, 02 Junie 2024 17:35
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19323
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
hipertensie
Afbreking: hi•per•ten•sie


Selfstandige naamwoord: hipertensie
Meervoud:

Betekenis:
• Aanhoudende abnormaal hoë bloeddruk.

Gebruik:
• Onbehandelde hipertensie kan tot beroertes, hartaanvalle, arteriële aneurismes en nierversaking lei.

Antoniem:
• hipotensie

Afgelei:
• hipertensief

Vertaling:
Engels: hypertension, high blood pressure
Nederlands: hypertensie, hoge bloeddruk

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: verteer
verteer [boodskap #145433] So, 02 Junie 2024 16:44
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19323
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verteer
Afbreking: ver•teer


Werkwoord: verteer
Verlede tyd: het verteer

Betekenis:
• Om voedsel in die maag af te breek sodat dit deur die liggaam opgeneem kan word.
• Om te verniel en te verwoes.

Gebruik:
• Sommige kossoorte verteer makliker as ander.
• Die eienaar moes magteloos toegekyk terwyl die vlamme sy huis en besittings verteer.

Afgelei:
• verteerbaar
• verteerder
• verteerput
• verteertenk
• verteertyd
• vertering

Vertaling:
Engels: to digest; to spend, consume
Nederlands: verteren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Bladsye (5): [ «    1  2  3  4  5    »]


Tyd nou: So Jun 16 01:28:31 MGT 2024