Forum: Woordeboek
|
Onderwerp: kringloop
|
kringloop [boodskap #145241] |
Di, 14 Mei 2024 09:30 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 18982 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kringloop
Afbreking: kring•loop
Samestelling: kring + loop
Selfstandige naamwoord: kringloop
Meervoud: kringlope
Verkleinwoord: kringlopie
Meervoud van verkleining: kringlopies
Betekenis:
• Iets wat in 'n sirkel beweeg; siklies van aard is.
Gebruik:
• Die water op aarde is vasgevang in 'n kringloop van verdamping, reën of sneeu, afvloei en opgaring in damme, mere en die see, van waar die proses opnuut voortgesit word.
Sinoniem:
• omgang
• omloop
• omwenteling
• rotasie
• siklus
• sirkelgang
• sirkulasie
• sirkulering
Hiponiem:
• koolstofkringloop
• maankringloop
• motiveringskringloop
• stikstofkringloop
• suurstofkringloop
• waterkringloop
Afgelei:
• kringlooppomp
Vertaling:
Engels: cycle, circuit, circular course
Nederlands: kringloop
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Di, 14 Mei 2024 09:31] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
Onderwerp: sonplaas
|
sonplaas [boodskap #145242] |
Di, 14 Mei 2024 09:42 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 18982 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
sonplaas
Afbreking: son•plaas
Samestelling: son + plaas
Selfstandige naamwoord: sonplaas
Meervoud: sonplase
Betekenis:
• Plek waar die son se strale in elektriese krag omgeskakel word.
Gebruik:
• Die beoogde sonplaas sal 81 000 sonpanele hê en vir 25 jaar krag lewer.
Sinoniem:
• sonkragplaas
Vertaling:
Engels: solar farm
Nederlands: zonnepark
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: onbelemmerd
|
onbelemmerd [boodskap #145243] |
Di, 14 Mei 2024 09:56 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 18982 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
onbelemmerd
Afbreking: on•be•lem•merd
Samestelling: on- + belemmer + -d
Byvoeglike naamwoord: onbelemmer, onbelemmerd
Attributief: onbelemmerde
Betekenis:
• Sonder enige hindernis of belemmering.
Gebruik:
• Ons vakansiehuis het 'n onbelemmerde uitsig oor die see.
Wisselvorm:
• onbelemmer
Sinoniem:
• onbelas
• onbeperk
• ongehinderd
• ongemoeid
• ongestoord
• onverhinderd
• teuelloos
• vry
Antoniem:
• belemmerd
Vertaling:
Engels: unimpeded, unhampered, unobstructed, unencumbered
Nederlands: onbelemmerd
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Di, 14 Mei 2024 09:58] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
Onderwerp: verhitting
|
verhitting [boodskap #145244] |
Di, 14 Mei 2024 10:55 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 18982 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
verhitting
Afbreking: ver•hit•ting
Samestelling: verhit + -ing
Selfstandige naamwoord: verhitting
Meervoud: –
Betekenis:
• Die handeling of resultaat van verhit (om warmer te maak; die temperatuur verhoog).
Gebruik:
• Kweekhuisgasse veroorsaak die verhitting van die Aarde se atmosfeer.
Sinoniem:
• verwarming
Antoniem:
• afkoeling
Hiponiem:
• oorverhitting
Afgelei:
• verhittingsbuis
• verhittingseffek
• verhittingsoond
• verhittingstelsel
• verhittingstoestel
• verhittingstyd
• verhittingsvermoë
• verhittingsvlak
• verhittingsweerstand
Vertaling:
Engels: heating, warming-up
Nederlands: verhitting
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: merkbaar
|
merkbaar [boodskap #145245] |
Di, 14 Mei 2024 11:07 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 18982 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
merkbaar
Afbreking: merk•baar
Samestelling: merk + -baar
Byvoeglike naamwoord: merkbaar
Vergrotende trap: merkbaarder
Oortreffende trap: merkbaarste
Attributief: merkbare
Partitief: merkbaars
Betekenis:
• Wat waargeneem (gesien, gehoor of gevoel) kan word.
Gebruik:
• 'n Klein verandering kan 'n merkbare verskil maak.
Sinoniem:
• bemerkbaar
• bespeurbaar
• opmerklik
• opvallend
• waarneembaar
• wesentlik
Antoniem:
• onmerkbaar
Afgelei:
• merkbaarheid
Vertaling:
Engels: noticeable, perceivable, perceptible
Nederlands: merkbaar
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: wolkbedekking
|
wolkbedekking [boodskap #145246] |
Di, 14 Mei 2024 11:57 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 18982 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
wolkbedekking
Afbreking: wolk•be•dek•king
Samestelling: wolk + bedekking
Selfstandige naamwoord: wolkbedekking
Meervoud: wolkbedekkings
Betekenis:
• Al die wolke wat op 'n gegewe tyd in die lug teenwoordig is.
Gebruik:
• Sonplase word gewoonlik op plekke met 'n lae wolkbedekking en 'n beperkte menslike bevolking gebou.
Vertaling:
Engels: cloud cover, cloud coverage
Nederlands: bewolking, wolkenbedekking
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Onderwerp: manipulering
|
manipulering [boodskap #145247] |
Di, 14 Mei 2024 13:46 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 18982 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
manipulering
Afbreking: ma•ni•pu•le•ring
Samestelling: manipuleer + -ing
Selfstandige naamwoord: manipulering
Meervoud: manipulerings
Betekenis:
• Die handeling of resultaat van manipuleer (om iets te beïnvloed of daaraan te karring).
Gebruik:
• Die moraliteit van genetiese manipulering en kunsmatige intelligensie sal onder die vergrootglas geplaas word.
Sinoniem:
• manipulasie
Vertaling:
Engels: manipulation
Nederlands: manipulatie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Di, 14 Mei 2024 13:49] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
Onderwerp: albedo
|
albedo [boodskap #145248] |
Di, 14 Mei 2024 14:04 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 18982 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
albedo
Afbreking: al•be•do
Selfstandige naamwoord: albedo
Meervoud: –
Betekenis:
• Die weerkaatsingsvermoë van 'n voorwerp.
• Die wit gedeelte van die skil van 'n sitrusvrug.
Gebruik:
• Sand het 'n albedo van tussen 15% en 45%.
Sinoniem:
• refleksiekoëffisiënt
• weerkaatsingsvermoë
Vertaling:
Engels: albedo
Nederlands: albedo
Nota:
• Uitspraak is "albeedo", met die klemtoon op die tweede lettergreep.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Di, 14 Mei 2024 14:04] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|