Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Vandag se boodskappe (Aan)  | Onbeantwoorde boodskappe (Aan)

Forum: Woordeboek
 Onderwerp: kluitklaplys
kluitklaplys [boodskap #145509] Sa, 08 Junie 2024 18:50
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19240
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kluitklaplys
Afbreking: kluit•klap•lys
Samestelling: kluit + klap + lys


Selfstandige naamwoord: kluitklaplys
Meervoud: kluitklaplyste
Verkleinwoord: kluitklaplysie
Meervoud van verkleining: kluitklaplysies

Betekenis:
• Lys van dinge wat jy wil doen voordat jy doodgaan (voor die kluite op jou kis klap).

Gebruik:
• Hy probeer sy oorlede broer se kluitklaplys te voltooi.

Sinoniem:
• lepellys
• emmerlys

Vertaling:
Engels: bucket list
Nederlands: verlanglijstje

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Sa, 08 Junie 2024 18:50]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: toppie
toppie [boodskap #145508] Sa, 08 Junie 2024 18:06
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19240
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
toppie
Afbreking: top•pie
Samestelling: top + -pie


Selfstandige naamwoord: toppie
Meervoud: toppies
Verkleinwoord: toppietjie
Meervoud van verkleining: toppietjies

Betekenis:
• 'n Klein top (hoogste punt of boonste deel).
• Kledingstuk wat die bolyf bedek.
• (informeel) 'n Middeljarige of ouerige man.

Gebruik:
• Moenie die boompie se toppie buig nie.
• Sy dra 'n pragtige toppie.
• My toppie het my gehok.

Sinoniem:
• omie

Afgelei:
• spantoppie
• tenktoppie
• outoppie

Vertaling:
Engels: pinnacle; garment; toppie
Nederlands: toppie

Nota:
• Die betekenis van 'n ou man is waarskynlik van Zoeloe (thopi, yl groei, bv. hare) of Hindi (topi, hoofdeksel, hoed, helmet).

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Sa, 08 Junie 2024 18:31]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: teraardebestelling
teraardebestelling [boodskap #145507] Sa, 08 Junie 2024 17:25
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19240
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
teraardebestelling
Afbreking: ter•aar•de•be•stel•ling
Samestelling: ter + aarde + bestel + -ing


Selfstandige naamwoord: teraardebestelling
Meervoud: teraardebestellings

Betekenis:
• Die handeling van ter aarde bestel/ om 'n dooie persoon te begrawe.

Gebruik:
• Die teraardebestelling sal Saterdag om 16:00 by die kerkhof plaasvind.

Sinoniem:
• begrafnis
• begrafnisdiens
• graflegging
• lykdiens
• uitvaart

Vertaling:
Engels: internment, entombment, burial, funeral, inhumation
Nederlands: teraardebestelling

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: terdoodveroordeling
terdoodveroordeling [boodskap #145506] Sa, 08 Junie 2024 17:14
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19240
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
terdoodveroordeling
Afbreking: ter•dood•ver•oor•de•ling
Samestelling: ter + dood + veroordeel + -ing


Selfstandige naamwoord: terdoodveroordeling
Meervoud: terdoodveroordelings

Betekenis:
• Die handeling van ter dood veroordeel.

Gebruik:
• Die terdoodveroordeling mag net plaasvind op die eenparige getuienis van twee of drie getuies, nie op dié van net een nie. [Deuteronomium 17:6]

Sinoniem:
• doodsvonnis

Vertaling:
Engels: condemnation to death, death sentence
Nederlands: terdoodveroordeling

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: inbesitneming
inbesitneming [boodskap #145505] Sa, 08 Junie 2024 17:04
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19240
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
inbesitneming
Afbreking: in•be•sit•ne•ming
Samestelling: in + besit + neem + -ing


Selfstandige naamwoord: inbesitneming
Meervoud: inbesitneminge, inbesitnemings

Betekenis:
• Die handeling van in besit neem/ onder jou eienaarskap plaas.

Gebruik:
• Sedert die inbesitneming van die Kaap in 1806 is die Hollandse taal doelbewus en stelselmatig op die agtergrond gedring.

Sinoniem:
• anneksasie
• beslaglegging
• inbesitname
• konfiskasie
• okkupasie
• oorname
• toe-eiening

Afgelei:
• herinbesitneming

Vertaling:
Engels: occupation
Nederlands: inbezitneming

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: inwerkingstelling
inwerkingstelling [boodskap #145504] Sa, 08 Junie 2024 16:51
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19240
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
inwerkingstelling
Afbreking: in•wer•king•stel•ling
Samestelling: in + werking + stel + -ing


Selfstandige naamwoord: inwerkingstelling
Meervoud: inwerkingstellinge, inwerkingstellings

Betekenis:
• Die handeling van in werking stel/ aan die gang sit.

Gebruik:
• Sedert die inwerkingstelling van die wet is daar nog niemand aangekla nie.

Sinoniem:
• aktivering
• implementering
• inwerkingtreding

Afgelei:
• inwerkingstellingsprosedure

Vertaling:
Engels: activation, implementation, enactment
Nederlands: inwerkingstelling

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: instaatstelling
instaatstelling [boodskap #145503] Sa, 08 Junie 2024 16:07
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19240
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
instaatstelling
Afbreking: in•staat•stel•ling
Samestelling: in + staat + stel + -ing


Selfstandige naamwoord: instaatstelling
Meervoud:

Betekenis:
• Die handeling van in staat stel.

Gebruik:
• Die fokus is op die instaatstelling van die pasiënt om beter na homself om te sien.

Sinoniem:
• moontlikmaking

Vertaling:
Engels: enabling
Nederlands: instaatstelling

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: tentoonstelling
tentoonstelling [boodskap #145502] Sa, 08 Junie 2024 15:42
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19240
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
tentoonstelling
Afbreking: ten•toon•stel•ling
Samestelling: ten + toon + stel + -ing


Selfstandige naamwoord: tentoonstelling
Meervoud: tentoonstellings

Betekenis:
• Geleentheid waartydens iets ten toon gestel word.

Gebruik:
• Die kunstenaar beoog om sy werk op 'n tentoonstelling in Parys bekend te stel.

Sinoniem:
• besigtiging
• ekshibisie
• skou
• uitstalling
• vertoning

Hiponiem:
• babatentoonstelling
• blommetentoonstelling
• buitelugtentoonstelling
• fototentoonstelling
• hondetentoonstelling
• kunstentoonstelling
• landboutentoonstelling
• nywerheidstentoonstelling
• perdetentoonstelling
• pluimveetentoonstelling
• skilderytentoonstelling
• solotentoonstelling
• veetentoonstelling
• veldblommetentoonstelling
• vrugtetentoonstelling
• wêreldtentoonstelling

Afgelei:
• tentoonstellingsgebou
• tentoonstellingsterrein

Vertaling:
Engels: show, exhibition
Nederlands: tentoonstelling

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: swaksiende
swaksiende [boodskap #145501] Sa, 08 Junie 2024 15:23
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19240
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
swaksiende
Afbreking: swak•sien•de
Samestelling: swak + sien + -de


Byvoeglike naamwoord: swaksiende
Attributief: swaksiende

Betekenis:
• Wat nie goed kan sien nie.

Gebruik:
• Die hoofkarakter is 'n oorgewig, swaksiende seun wat nie juis op die rugbyveld presteer nie.

Sinoniem:
• halfblind
• swaksigtig

Vertaling:
Engels: weak-eyed, partially sighted, visually impaired
Nederlands: slechtzienden


Selfstandige naamwoord: swaksiende
Meervoud: swaksiendes

Betekenis:
• Iemand wat swak sien.

Gebruik:
• Talle swaksiendes kan nie brille bekostig nie.

Vertaling:
Engels: visually impaired person
Nederlands: slechtzienden

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: driejaarliks
driejaarliks [boodskap #145500] Sa, 08 Junie 2024 15:14
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19240
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
driejaarliks
Afbreking: drie•jaar•liks
Samestelling: drie + jaar + -liks


Byvoeglike naamwoord: driejaarliks
Attributief: driejaarlikse

Betekenis:
• Wat elke drie jaar plaasvind.

Gebruik:
• Ons driejaarlikse ledevergadering vind volgende week plaas.

Sinoniem:
• 3-jaarliks
• driejarig

Verwant:
• tweejaarliks
• vierjaarliks

Vertaling:
Engels: triennial
Nederlands: driejaarlijks

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: tweedegraads
tweedegraads [boodskap #145499] Sa, 08 Junie 2024 14:57
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19240
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
tweedegraads
Afbreking: twee•de•graads
Samestelling: tweede + graad + -s


Selfstandige naamwoord: tweedegraads
Meervoud: tweedegraadse

Betekenis:
• Van die tweede graad of kategorie.

Gebruik:
• Sy het tweedegraads brandwonde opgedoen.

Verwant:
• eerstegraads
• derdegraads

Vertaling:
Engels: secondary
Nederlands: tweedegraads

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: tiendelig
tiendelig [boodskap #145498] Sa, 08 Junie 2024 14:49
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19240
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
tiendelig
Afbreking: tien•de•lig
Samestelling: tien + deel + -ig


Byvoeglike naamwoord: tiendelig
Attributief: tiendelige

Betekenis:
• Wat tien (10) dele het.
• Wat met die metrieke/ desimale stelsel werk.

Gebruik:
• Die plan is tiendelig.
Tiendelige ontbinding van die getal 17 lewer 10 + 7.

Sinoniem:
• desimaal
• metriek
• tientallig

Vertaling:
Engels: denary, decimal
Nederlands: tiendelig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: woordgroep
woordgroep [boodskap #145497] Sa, 08 Junie 2024 12:20
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19240
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
woordgroep
Afbreking: woord•groep
Samestelling: woord + groep


Selfstandige naamwoord: woordgroep
Meervoud: woordgroepe

Betekenis:
• 'n Groep woorde wat gewoonlik saam gebruik word en 'n sintaktiese eenheid vorm.

Gebruik:
• Samestellings met woordgroepe word vas (as een woord) geskryf: "Ek hou van kaas en wyn", teenoor "Ek is na 'n kaas-en-wynonthaal genooi".

Vertaling:
Engels: word group
Nederlands: woordgroep

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: grootskaals
grootskaals [boodskap #145496] Sa, 08 Junie 2024 11:40
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19240
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
grootskaals
Afbreking: groot•skaals
Samestelling: groot + skaal + -s


Byvoeglike naamwoord: grootskaal, grootskaals
Attributief: grootskaalse

Betekenis:
• Wat op 'n groot skaal plaasvind; waarby baie mense of dinge betrokke is.

Gebruik:
• Die grootskaalse ontbossing van ons woude is kommerwekkend.

Sinoniem:
• omvangryk
• omvattend
• uitgebreid

Vertaling:
Engels: large-scale, bulk
Nederlands: grootschaals, grootschalig

Nota:
• Hulle boer op groot skaal. Hulle boer grootskaals.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: uitbeeld
uitbeeld [boodskap #145495] Sa, 08 Junie 2024 11:18
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19240
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
uitbeeld
Afbreking: uit•beeld
Samestelling: uit + beeld


Werkwoord: beeld uit, uitbeeld
Verlede tyd: het uitgebeeld

Betekenis:
• Om in beelde voor te stel; 'n voorstelling van iets in woorde, gebare of beelde te gee.

Gebruik:
• Die skildery is abstrak en ek kan nie uitmaak wat dit uitbeeld nie.

Sinoniem:
• afbeeld
• beskryf
• illustreer
• skilder
• verbeeld
• visualiseer
• voorstel
• weergee

Afgelei:
• uitbeelder
• uitbeelding

Vertaling:
Engels: to represent, portray, depict, delineate
Nederlands: uitbeelden

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: ouderdomsperk
ouderdomsperk [boodskap #145494] Sa, 08 Junie 2024 10:20
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19240
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ouderdomsperk
Afbreking: ou•der•doms•perk
Samestelling: ouderdom + -s- + perk


Selfstandige naamwoord: ouderdomsperk
Meervoud: ouderdomsperke

Betekenis:
• 'n Beperking wat op ouderdom geplaas word.

Gebruik:
• Die rolprent het geen ouderdomsperk nie en is geskik vir alle ouderdomsgroepe.

Sinoniem:
• ouderdomsbeperking

Vertaling:
Engels: age limit, age restriction
Nederlands: leeftijdsbeperking, leeftijdsgrens

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: kinderpornografie
kinderpornografie [boodskap #145493] Sa, 08 Junie 2024 10:03
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19240
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kinderpornografie
Afbreking: kin•der•por•no•gra•fie
Samestelling: kind + -er + pornografie


Selfstandige naamwoord: kinderpornografie
Meervoud:

Betekenis:
• Pornografie (erotiese materiaal) waarby minderjariges ingesluit is.

Gebruik:
Kinderpornografie is in die meeste lande onwettig, hoewel die ouderdomsperk van land tot land kan verskil.

Vertaling:
Engels: child pornography, kiddie porn
Nederlands: kinderpornografie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: korporasie
korporasie [boodskap #145492] Sa, 08 Junie 2024 09:52
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19240
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
korporasie
Afbreking: kor•po•ra•sie


Selfstandige naamwoord: korporasie
Meervoud: korporasies

Betekenis:
• 'n Tipe besigheidsentiteit wat apart van sy eienaars bestaan.

Gebruik:
• Een van die voordele van 'n korporasie is die beperkte aanspreeklikheid vir sy aandeelhouers.

Hiponiem:
• megakorporasie
• mynkorporasies
• ontwikkelingskorporasie
• staatskorporasie
• uitsaaikorporasie

Sinoniem:
• besigheid
• maatskappy
• sakeonderneming

Afgelei:
• korporatief

Afkorting:
• korp.

Vertaling:
Engels: corporation
Nederlands: corporatie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: vermomming
vermomming [boodskap #145491] Sa, 08 Junie 2024 09:39
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19240
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vermomming
Afbreking: ver•mom•ming
Samestelling: vermom + -ing


Selfstandige naamwoord: vermomming
Meervoud: vermomminge, vermommings

Betekenis:
• Dit waarmee iets vermom word, of die handeling van vermom (om onherkenbaar te maak en identiteit te verbloem).

Gebruik:
• Sy het die skurk se vermomming afgeruk.

Sinoniem:
• masker
• mombakkies
• kamoeflering
• maskering
• verberging
• verbloeming
• versluiering

Vertaling:
Engels: disguise, camouflage
Nederlands: vermomming

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: bloeiwyse
bloeiwyse [boodskap #145490] Sa, 08 Junie 2024 08:44
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19240
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
bloeiwyse
Afbreking: bloei•wy•se
Samestelling: bloei + wyse


Selfstandige naamwoord: bloeiwyse
Meervoud: bloeiwyses

Betekenis:
• Die vorm en plasing van blomme op 'n plant.

Gebruik:
• Die mielieplant het manlike en vroulike blomme wat in aparte bloeiwyses aan dieselfde plant gedra word.

Sinoniem:
• blomstand
• blomwyse
• infloressensie

Vertaling:
Engels: flower disposition, inflorescence
Nederlands: bloeiwijze

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: neerhangend
neerhangend [boodskap #145489] Sa, 08 Junie 2024 08:15
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19240
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
neerhangend
Afbreking: neer•han•gend
Samestelling: neerhang + -end


Byvoeglike naamwoord: neerhangend
Attributief: neerhangende

Betekenis:
• Wat slap ondertoe hang.

Gebruik:
• 'n Wilgerboom het lang, neerhangende takke.

Sinoniem:
• afhangend
• slaphangend

Vertaling:
Engels: hanging down, drooping
Nederlands: neerhangend

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: oksel
oksel [boodskap #145488] Sa, 08 Junie 2024 08:04
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19240
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
oksel
Afbreking: ok•sel


Selfstandige naamwoord: oksel
Meervoud: oksels
Verkleinwoord: okseltjie
Meervoud van verkleining: okseltjies

Betekenis:
• Die holte tussen die bo-arm en die lyf.
• (plantkunde) Die hoek tussen 'n stingel en 'n blaar.

Gebruik:
• Die sweet slaan gewoonlik eerste in jou oksels en op jou handpalms en voetsole uit.
• Die plant het neerhangende bloeiwyses wat in die oksels van die blare vorm.

Spreekwoord:
• Jy kan maar aan sy oksel ruik. [Sien hoe hard iemand gewerk het.]

Sinoniem:
• aksilla
• armholte
• kieliebak

Hiponiem:
• blaaroksel

Afgelei:
• okselblaar
• okselhaar
• okselhak
• okselholte
• okselknoop
• okselknop
• okselslagaar
• okselstandig
• okselstuk

Verwant:
• oksellêr

Vertaling:
Engels: axilla, armpit
Nederlands: oksel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.



Tyd nou: So Jun 09 05:39:11 MGT 2024