Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ongehoorsaam
ongehoorsaam [boodskap #145301] Ma, 20 Mei 2024 15:10
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19323
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ongehoorsaam
Afbreking: on•ge•hoor•saam
Samestelling: on- + gehoorsaam


Byvoeglike naamwoord: ongehoorsaam
Vergrotende trap: ongehoorsamer
Oortreffende trap: ongehoorsaamste
Attributief: ongehoorsame
Partitief: ongehoorsaams

Betekenis:
• Wat nie gehoorsaam is nie; dinge doen wat hy/sy nie mag nie.

Gebruik:
• As iemand ongehoorsaam is, moet hy gestraf word!
• Die ongehoorsame kinders het pak gekry.

Sinoniem:
• balhorig
• onhebbelik
• opstandig
• stout
• weerspannig

Antoniem:
• gehoorsaam

Afgelei:
• ongehoorsaamheid

Vertaling:
Engels: disobedient, insubordinate
Nederlands: ongehoorzaam

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: onwelkom
Volgende onderwerp: onwelvarend
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 15 23:09:05 MGT 2024