Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » beveilig
beveilig [boodskap #144877] Wo, 27 Maart 2024 08:36
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18860
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
beveilig
Afbreking: be•vei•lig
Samestelling: be- + veilig


Werkwoord: beveilig
Verlede tyd: het beveilig

Betekenis:
• Om veilig te maak.

Gebruik:
• Die boer probeer om sy plaas teen aanvalle en veediefstal te beveilig.

Sinoniem:
• beskerm
• beskut
• bewaak
• fortifiseer
• verdedig
• verskans
• verseker

Afgelei:
• beveiliging

Vertaling:
Engels: to safeguard, secure, guard, protect
Nederlands: beveilig


Byvoeglike naamwoord: beveilig
Attributief: beveiligde

Betekenis:
• Wat veilig gemaak is.

Gebruik:
• In die beveiligde woonbuurte is daar byna geen misdaad nie.

Antoniem:
• onbeveilig

Vertaling:
Engels: secured
Nederlands: beveiligd

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sekuriteitsbeampte
Volgende onderwerp: afgekap
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 14:21:02 MGT 2024