Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » om te dig
om te dig [boodskap #139631] So, 03 Julie 2022 14:52
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
om te dig
is om op reis te gaan
na die plekke en mense waarheen my hart my stuur
soms is die reise baie kort
terwyl ander weer veel langer duur

as ek dig
voer ek my weg van hier
en wend my dan na die grys ateljees van my brein
waar my kleurvolle reis begin
na stede groot en gehuggies klein

die gedig
word sodoende gebaar
terwyl my reis my deur dimensies neem ver van hier
en ek die onderwerp ontleed
waaroor ek verslag doen op papier
Vorige onderwerp: o enkel voël in vlug
Volgende onderwerp: om dankie te sê
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 26 06:23:46 MGT 2024