Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » o enkel voël in vlug
o enkel voël in vlug [boodskap #139627] So, 03 Julie 2022 10:41
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
o, enkel voël in vlug

o enkel voël in vlug
moet ek vra
waarvandaan of waarnatoe
is jy op pad daar hoog in die lug

jou wêreld is so groot
en myne so klein
ek kan nie sonder vliegtuig en boot
daar uitkom waar jy met gemak verskyn

o enkel voël in vlug
mag ek vra
hoe lyk my wêreld vir jou
as jy daarop afkyk uit die lug

as ek opkyk na bo
na daar waar jy bly
sien ek jou grenslose land en o
hoe graag sou ek myself ook daar wou kry

o enkel voël in vlug
ek moet vra
wat werklik jou geheim is
dat jy my beïnvloed uit die lug

jy's so nietig en klein
ek so groot en sterk
maar die klank van jou liedjie so rein
sal 'n lewe sonder jou nooit laat werk
Vorige onderwerp: Kinderrympies
Volgende onderwerp: om te dig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 26 17:53:22 MGT 2024