Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » Oukersdag
Oukersdag [boodskap #138598] Ma, 20 Desember 2021 08:42
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Oukersdag
Afbreking: Ou•kers•dag
Samestelling: Ou + Kersdag


Selfstandige naamwoord: Oukersdag
Meervoud: Oukersdae
Verkleinwoord: Oukersdaggie
Meervoud van verkleining: Oukersdaggies

Betekenis:
• Die dag voor Kersdag, 24 Desember.

Gebruik:
• Geskende word gewoonlik die aand van Oukersdag uitgedeel.

Sinoniem:
• Kleinkrismis (informeel)
• Oukrismis (informeel)

Verwant:
• Oukersaand

Vertaling:
Engels: day before Christmas Day
Nederlands: oude kerstdag

Nota:
• Die "ou" van Oukersdag verwys moontlik na die feit dat Kersdag die vorige jaar op dié dag geval het. Dit is ook moontlik gevorm n.a.v. Oujaarsdag.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: Kersdag
Volgende onderwerp: inisiasie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 08:29:36 MGT 2024