Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » wrok
wrok [boodskap #138593] So, 19 Desember 2021 15:50
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
wrok
Afbreking: wrok


Selfstandige naamwoord: wrok
Meervoud: wrokke
Verkleinwoord: wrokkie
Meervoud van verkleining: wrokkies

Betekenis:
• Langdurige en opgekropte haat.

Gebruik:
• Jy mag nie wraak neem of 'n wrok koester teenoor die seuns van jou volk nie, maar jy moet jou naaste liefhê soos jouself. [Levitikus 19:18]

Afgelei:
• wrokgedagte
• wrokkig

Vertaling:
Engels: grudge, rancour, resentment
Nederlands: wrok


Werkwoord: wrok
Verlede tyd: het gewrok

Betekenis:
• Om verbitter te wees.

Gebruik:
• Dis beter om 'n saak uit te praat as om in stilte daaroor te wrok.

Vertaling:
Engels: to bear a grudge, harbour malice
Nederlands: wrokken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: piepie
Volgende onderwerp: geoorloof
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 11:40:13 MGT 2024