Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » piepie
piepie [boodskap #138592] So, 19 Desember 2021 15:21
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18932
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
piepie
Afbreking: pie•pie


Werkwoord: piepie
Verlede tyd: het gepiepie

Betekenis:
• Om water te laat; te urineer.

Gebruik:
• Ek vat gou vir Fiefie vir 'n stappie en 'n piepie.

Sinoniem:
• pis
• urineer
• waterlaat

Vertaling:
Engels: to pee, urinate
Nederlands: pissen


Selfstandige naamwoord: piepie
Meervoud: piepies
Verkleinwoord: piepietjie
Meervoud van verkleining: piepietjies

Betekenis:
• Urine as vorm van ontlasting.
• Manlike geslagsorgaan; penis.

Gebruik:
• Die piepie loop al by sy bene af.
• Hou jou piepie in jou broek.

Vertaling:
Engels: pee, urine; penis
Nederlands: pis; penis

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bef
Volgende onderwerp: wrok
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 13:33:22 MGT 2024