Tuis » Taal » Woordeboek » wrok
wrok [boodskap #138593] |
Sun, 19 December 2021 15:50 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 21391 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
wrok
Afbreking: wrok
Selfstandige naamwoord: wrok
Meervoud: wrokke
Verkleinwoord: wrokkie
Meervoud van verkleining: wrokkies
Betekenis:
• Langdurige en opgekropte haat.
Gebruik:
• Jy mag nie wraak neem of 'n wrok koester teenoor die seuns van jou volk nie, maar jy moet jou naaste liefhê soos jouself. [Levitikus 19:18]
Afgelei:
• wrokgedagte
• wrokkig
Vertaling:
Engels: grudge, rancour, resentment
Nederlands: wrok
Werkwoord: wrok
Verlede tyd: het gewrok
Betekenis:
• Om verbitter te wees.
Gebruik:
• Dis beter om 'n saak uit te praat as om in stilte daaroor te wrok.
Vertaling:
Engels: to bear a grudge, harbour malice
Nederlands: wrokken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Tue Mar 25 09:37:39 UTC 2025
|