Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » aanbeveling
aanbeveling [boodskap #134261] So, 25 Oktober 2020 10:34
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
aanbeveling
Afbreking: aan•be•ve•ling


Selfstandige naamwoord: aanbeveling
Meervoud: aanbevelinge, aanbevelings
Verkleinwoord: aanbevelinkie
Meervoud van verkleining: aanbevelinkies

Betekenis:
• Die handeling of resultaat van aanbeveel; raad en advies wat verstrek is.

Gebruik:
• Die raad het die aanbeveling aanvaar en dit sal dienooreenkomstig geïmplementeer word.

Sinoniem:
• advies
• aanraaiing
• rekommandasie
• voorspraak

Afgelei:
• aanbevelingsbrief
• aanbevelingslys
• aanbevelingskomitee

Verwant:
• aanbeveel (ww.)
• aanbevole (b.nw)

Vertaling:
Engels: recommendation
Nederlands: aanbeveling

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: besetting
Volgende onderwerp: aankapkussing
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 26 07:13:28 MGT 2024