Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Menseregte weer te vêr gevat
Re: Menseregte weer te vêr gevat [boodskap #97153] Ma, 23 Augustus 2004 11:37 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Plato" sskryf

> 'Hurt feelings' win killer $1200
>
> 23.08.2004
> By BRIDGET CARTER
> The letter referred to a relationship MacMillan, 38, had with a
> Christchurch 16-year-old when he was completing a rehabilitation
> programme at a centre in the city in 2000.

Ek teken formeel protes aan teen hierdie gepos
in Engels van 'n stuk oor iets wat in New Zealand
(dink ek) gebeur het. Hierdie pos word alleen
hier gepos omdat 'n fascistiese Afrikaner dit het
teen die toepassing van westerse metodes en die
uitvoer van basiese menseregte. Hierdie fascistiese
Afrikaner kan nie 'n blou duit omgee dat in die
proses die AFRIKAANSE nuusgroep vervuil
word met Engelse poste nie. Hierdie fascistiese
Afrikaner en ander soos hy, wat die Afrikaanse
nuusgroep met Engelse poste vervuil, doen meer
kwaad aan die voortbestaan van Afrikaans as
enigiets wat die ANC sogenaamd kan doen.
Hierdie fascistiese Afrikaners stel die propagering
van hulle fascistiese beginsels bo die gebruik
van hulle taal. Hölle is die vyand van Afrikaans.

Penkop van die Derde Republiek
Re: Menseregte weer te vêr gevat [boodskap #97157 is 'n antwoord op boodskap #97153] Ma, 23 Augustus 2004 12:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
En ek teken formeel protes aan teen die feit dat die een persoon op hierdie
groep wat klaarblyklik die meeste met jou idees saamstem naamlik Ferdi,
nooit deur jou oor die kole gehaal word indien hy enige vorm van Engels hier
gebruik nie.

"@rogers.com" wrote in message
news:FFkWc.4681$izj1.3364@news04.bloor.is.net.cable.rogers.c om...

> Ek teken formeel protes aan teen hierdie gepos
> in Engels van 'n stuk oor iets wat in New Zealand
> (dink ek) gebeur het. Hierdie pos word alleen
> hier gepos omdat 'n fascistiese Afrikaner dit het
> teen die toepassing van westerse metodes en die
> uitvoer van basiese menseregte. Hierdie fascistiese
> Afrikaner kan nie 'n blou duit omgee dat in die
> proses die AFRIKAANSE nuusgroep vervuil
> word met Engelse poste nie. Hierdie fascistiese
> Afrikaner en ander soos hy, wat die Afrikaanse
> nuusgroep met Engelse poste vervuil, doen meer
> kwaad aan die voortbestaan van Afrikaans as
> enigiets wat die ANC sogenaamd kan doen.
> Hierdie fascistiese Afrikaners stel die propagering
> van hulle fascistiese beginsels bo die gebruik
> van hulle taal. Hölle is die vyand van Afrikaans.
>
> Penkop van die Derde Republiek
>
Re: Menseregte weer te vêr gevat [boodskap #97160 is 'n antwoord op boodskap #97157] Ma, 23 Augustus 2004 13:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Riaan" skryf

> En ek teken formeel protes aan teen die feit dat die een persoon op hierdie
> groep wat klaarblyklik die meeste met jou idees saamstem naamlik Ferdi,
> nooit deur jou oor die kole gehaal word indien hy enige vorm van Engels hier
> gebruik nie.

Ek maak geen beswaar as iemand in die loop
van 'n gesprek in Afrikaans aanhalings maak
uit ander tale nie. Katryn haal gereeld in Engels
aan en ek het geen beswaar daarmee nie.
Maar as iemand sonder om enige poging aan
te wend om 'n gesprek in Afrikaans te voer,
iets alleen in Engels aanhaal, en dan iets wat
absoluut niks met Suid-Afrikaanse kultuur
of die Afrikaanse taal te doen het, maar bloot
met sy eie kompulsiewe opinies oor mense-
regte, dan MAAK EK BESWAAR. Hierdie
nuusgroep is gestig om Afrikaans en Suid-
Afrikaanse kultuur te bevorder, nie om vir
my in Engels dinge oor New Zealand te
vertel nie.

Gloudina
Re: Menseregte weer te vêr gevat [boodskap #97178 is 'n antwoord op boodskap #97160] Ma, 23 Augustus 2004 14:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
soforkenwhat  is tans af-lyn  soforkenwhat
Boodskappe: 75
Geregistreer: Junie 2004
Karma: 0
Volle Lid
GENIS

"@rogers.com" wrote in message
news:Y0mWc.5248$izj1.3360@news04.bloor.is.net.cable.rogers.c om...
>
> "Riaan" skryf
>
>> En ek teken formeel protes aan teen die feit dat die een persoon op
> hierdie
>> groep wat klaarblyklik die meeste met jou idees saamstem naamlik Ferdi,
>> nooit deur jou oor die kole gehaal word indien hy enige vorm van Engels
> hier
>> gebruik nie.
>
> Ek maak geen beswaar as iemand in die loop
> van 'n gesprek in Afrikaans aanhalings maak
> uit ander tale nie. Katryn haal gereeld in Engels
> aan en ek het geen beswaar daarmee nie.
> Maar as iemand sonder om enige poging aan
> te wend om 'n gesprek in Afrikaans te voer,
> iets alleen in Engels aanhaal, en dan iets wat
> absoluut niks met Suid-Afrikaanse kultuur
> of die Afrikaanse taal te doen het, maar bloot
> met sy eie kompulsiewe opinies oor mense-
> regte, dan MAAK EK BESWAAR. Hierdie
> nuusgroep is gestig om Afrikaans en Suid-
> Afrikaanse kultuur te bevorder, nie om vir
> my in Engels dinge oor New Zealand te
> vertel nie.
>
> Gloudina
>
Re: Menseregte weer te vêr gevat [boodskap #97194 is 'n antwoord op boodskap #97153] Ma, 23 Augustus 2004 18:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
knersus  is tans af-lyn  knersus
Boodskappe: 211
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
As ons nou hof-hof kon speel en ek was (duiwels-)advokaat vir die
verdediging, sou ek die volgende in my repliek gehad het:
1) Aan wie gaan jy die formele protes rig? Wie is die arbiter? Hier's
nie 'n moderator op die groep nie.
2) Geen van die groep se reëls is werklik oortree nie.
(a) Die eertse een is maklik: Engels word wel toegelaat.
(b) Jy noem die posser 'n "fascistiese Afrikaner", dws jy beskou hom wel
as 'n Afrikaner, alhoewel met ander oortuigings as jyself. As Afrikaner
het hy belang by die NG.
(c) Hy praat oor menseregte, wat as universeel aanvaar word. Derhalwe
kan mens redeneer dat 'n stuk wat oor Nieu-Seelnadse menseregte handel
ook van toepassing is op Afrikaner-menseregte.

Ergo: Dit help nie om oor sulke goed te kla nie. Ignoreer dit as dit
jou ontstig. Hier is baie goed op die nuusgroep wat nie die moeite werd
is om mens meet te verknies nie. Lees die ander goed.

Ek dink die Afr. vir "charter" is oktrooi. Dit klink nie heeltemal goed
op my oor nie, maar kom ons gebruik dit maar so. Die oktrooi v.d
nuusgroep laat in werklikheid enigiemand toe om enigiets in enige taal
te sê, sou dit hom pas, al is daar net 'n toevallige raakpunt met
Afrikaans of Afrikaners of Suid-Afrika. Dit was waarskynlik nie die
stigters se oorspronklike idee nie, maar dis hoe die NG ontwikkel het.
Die enigste manier wat mens daarby kan verbykom is as mens 'n nuwe NG
stig wat
(a) gemodereer word, en
(b) meer omskrywende reëls het oor toelaatbare poste

Wat sy julle (Swart Simon: is jy nie 'n regskenner nie? Hoe sou jy dit
sien?)

@rogers.com wrote:
> "Plato" sskryf
>
>
>> 'Hurt feelings' win killer $1200

>> 23.08.2004
>> By BRIDGET CARTER
>> The letter referred to a relationship MacMillan, 38, had with a
>> Christchurch 16-year-old when he was completing a rehabilitation
>> programme at a centre in the city in 2000.
>
>
> Ek teken formeel protes aan teen hierdie gepos
> in Engels van 'n stuk oor iets wat in New Zealand
> (dink ek) gebeur het. Hierdie pos word alleen
> hier gepos omdat 'n fascistiese Afrikaner dit het
> teen die toepassing van westerse metodes en die
> uitvoer van basiese menseregte. Hierdie fascistiese
> Afrikaner kan nie 'n blou duit omgee dat in die
> proses die AFRIKAANSE nuusgroep vervuil
> word met Engelse poste nie. Hierdie fascistiese
> Afrikaner en ander soos hy, wat die Afrikaanse
> nuusgroep met Engelse poste vervuil, doen meer
> kwaad aan die voortbestaan van Afrikaans as
> enigiets wat die ANC sogenaamd kan doen.
> Hierdie fascistiese Afrikaners stel die propagering
> van hulle fascistiese beginsels bo die gebruik
> van hulle taal. Húlle is die vyand van Afrikaans.

--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|_&_KIE_|
Re: Menseregte weer te vêr gevat [boodskap #97196 is 'n antwoord op boodskap #97194] Ma, 23 Augustus 2004 19:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"knersus" skryf

> Ergo: Dit help nie om oor sulke goed te kla nie. Ignoreer dit as dit
> jou ontstig. Hier is baie goed op die nuusgroep wat nie die moeite werd
> is om mens meet te verknies nie. Lees die ander goed.

Mens kan dieselfde alles-gaan argument gebruik vir
alles maar toelaat. Dis wat 'n hele klomp Afrikaners
gedoen het toe die apartheidsvaders met hulle dinge
begin het. Hulle het gesê kyk maar weg as daar
iets is waarvan jy nie hou nie. En daar gaan die
goeie naam van die Afrikaner.
Nou kry ons dieselfde ding op hierdie nuusgroep.
Hierdie keer is dit Afrikaans self wat in die slag
bly. As mens nie protesteer teen die gebruik van
hierdie nuusgroep om in Engels mense se politieke
opinies te versprei nie, word dit uiteindelik vir
alle praktiese redes 'n Engelse nuusgroep.
Blykbaar gee jy nie om dat die nuusgroep in die
slag bly nie. Ek gee wel om.
Nou die dag praat ek met iemand hier in Kanada
op die telefoon oor Langenhoven. (Ons het hulle
juis ons Langenhoven-biografie geleen.) Sy sê toe
hoe jammer dit is dat alles waarvoor Langenhoven
geveg het, "nou in SA bedreig" word, menende
natuurlik die sogenaamde beleide van die ANC.
Ek vertel toe vir haar dat die ding wat die grootste
bedreiging vir Afrikaans nou in SA is, is die
mense soos Frikkie en Plato en al dié Afrikaners
wat Engels amper uitsluitlik gebruik en as hulle
Afrikaans skryf, bedroef skryf en bedroef spel.
Dis ongelukkig die waarheid. Dis die Afrikaner
self wat Afrikaans gaan vermoor.
En ek is geskok dat jy hierdie soort dinge
goedpraat. Jy, neem ek aan, sal een van die eerste
mense wees wat die Afrikaanse nuusgroep vaarwel
sal sê as dit verval in 'n nes van Engelse poste wat
die Frikkies en sy trawante hier pos.

Gloudina
Re: Menseregte weer te vêr gevat [boodskap #97198 is 'n antwoord op boodskap #97196] Ma, 23 Augustus 2004 20:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
knersus  is tans af-lyn  knersus
Boodskappe: 211
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Jy het seker gelees dat ek geskryf het "duiwelsadvokaat"? Ek sien jou
punt en ek ondersteun dit, die feit bly egter dat enigiemand enigiets
kan sê op hierdie NG.

Ek dink nou aan iets: sou dit nie beter wees om, instede van protes aan
te teken en dit daar te laat, eerder probeer om die pos na 'n meer
Afrikaanse/Afrikaner/Suid-Afrikaanse te swaai nie? Maw, protesteer dat
dit 'n Engelse stuk uit N-S is, maar gebruik daarna die pos meer
positief, sodat dit uiteindelik meer sin maak in ons NG? Anders sê
mense naderhand al wat ons doen is kla en kerm. Ummm, hulle sê dit al
eintlik reeds, maar toemaar.

Die ander kant van die saak is natuurlik dat as mens so iemand/iets net
bloot ignoreer, hou hulle vanself later op. Elke keer as mens byt aan
daai aas, kry die soort ouens nog petrol vir hul vuur.

@rogers.com wrote:
> "knersus" skryf
>> Ergo: Dit help nie om oor sulke goed te kla nie. Ignoreer dit as dit
>> jou ontstig. Hier is baie goed op die nuusgroep wat nie die moeite werd
>> is om mens meet te verknies nie. Lees die ander goed.
>

> Blykbaar gee jy nie om dat die nuusgroep in die
> slag bly nie. Ek gee wel om.

> En ek is geskok dat jy hierdie soort dinge
> goedpraat. Jy, neem ek aan, sal een van die eerste
> mense wees wat die Afrikaanse nuusgroep vaarwel
> sal sê as dit verval in 'n nes van Engelse poste wat
> die Frikkies en sy trawante hier pos.

--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|_&_KIE_|
Re: Menseregte weer te vêr gevat [boodskap #97199 is 'n antwoord op boodskap #97198] Ma, 23 Augustus 2004 20:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"knersus" skryf

die feit bly egter dat enigiemand enigiets
> kan sê op hierdie NG.

Dit sluit natuurlik vir my ook in. Ek kan ook
enigiets sê op hierdie nuusgroep. As ek verkies
om elke keer as Frikkie sy snert op die nuusgroep
pos, te protesteer, dan is dit my reg. Net soos
Langenhoven die reg gehad het om te protesteer
as mense aangaan om Nederlands in die skole
en kerke te gebruik. En deur my protes, stimuleer
ek diskussie, hou die nuusgroep aan die gang.

Gloudina
Re: Menseregte weer te vêr gevat [boodskap #97200 is 'n antwoord op boodskap #97198] Di, 24 Augustus 2004 05:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Ja, ignoreer sal werk. Maar aan die ander kant kan mens net kyk na die
pragtige reaksie (in Afrikaans) en dan wonder mens of dit so sleg was.
My bedoeling was nie om die nuusgroep te verengels nie. Ek persoonlik
dink julle het julleself vir 'n slappe laat vang deur Gloudina se
galbraak op te eet soos soetkoek. Ek gaan waaragtig nie die bleddie teks
uit Engels vertaal nie. Hier is meer as genoeg mense wat dit kan
verstaan. En mense wat die nuusgroep lees sal weet hier is reeds 'n
debat oor menseregte op die nuusgroep. Die teks (so Engels as wat dit
is) was deel van daardie debat of gesprek. My opmerking (toe ek dit
geplaas het) was ook in Afrikaans!

Maar nou ja, Gloudina sit en lag haar as af in Kanada. Ek kan nie sien
hoe enige iemand so taal bevange kan wees nie. Engelse berigte uit
Engelse media gaan nie die taal kelder nie. Dis wanneer mense die
gesprekke daaroor nie in Afrikaans voer nie dat dit die taal begin kelder.

Hoe eng moet mens wees om nie nuus uit ander wêreld-dele te wil sien of
hoor nie?!!? Ek kan egter een ding belowe, ek gaan nie ophou om nou en
dan relevante anderstalige berigte te plaas nie. Ek gaan ook nie tyd
spandeer daaraan om te te vertaal as dit waarlik nie nodig is nie.

Sjoe.

Plato

knersus wrote:
> Jy het seker gelees dat ek geskryf het "duiwelsadvokaat"? Ek sien jou
> punt en ek ondersteun dit, die feit bly egter dat enigiemand enigiets
> kan sê op hierdie NG.
>
> Ek dink nou aan iets: sou dit nie beter wees om, instede van protes aan
> te teken en dit daar te laat, eerder probeer om die pos na 'n meer
> Afrikaanse/Afrikaner/Suid-Afrikaanse te swaai nie? Maw, protesteer dat
> dit 'n Engelse stuk uit N-S is, maar gebruik daarna die pos meer
> positief, sodat dit uiteindelik meer sin maak in ons NG? Anders sê
> mense naderhand al wat ons doen is kla en kerm. Ummm, hulle sê dit al
> eintlik reeds, maar toemaar.
>
> Die ander kant van die saak is natuurlik dat as mens so iemand/iets net
> bloot ignoreer, hou hulle vanself later op. Elke keer as mens byt aan
> daai aas, kry die soort ouens nog petrol vir hul vuur.
>
> @rogers.com wrote:
>
>> "knersus" skryf

>>> Ergo: Dit help nie om oor sulke goed te kla nie. Ignoreer dit as dit
>>> jou ontstig. Hier is baie goed op die nuusgroep wat nie die moeite werd
>>> is om mens meet te verknies nie. Lees die ander goed.


>
>
>> Blykbaar gee jy nie om dat die nuusgroep in die
>> slag bly nie. Ek gee wel om.
>
>
>
>> En ek is geskok dat jy hierdie soort dinge
>> goedpraat. Jy, neem ek aan, sal een van die eerste
>> mense wees wat die Afrikaanse nuusgroep vaarwel
>> sal sê as dit verval in 'n nes van Engelse poste wat
>> die Frikkies en sy trawante hier pos.
>
Re: Menseregte weer te vêr gevat [boodskap #97214 is 'n antwoord op boodskap #97200] Di, 24 Augustus 2004 12:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Plato"

> My bedoeling was nie om die nuusgroep te verengels nie. Ek gaan waaragtig nie die bleddie teks
> uit Engels vertaal nie. Hier is meer as genoeg mense wat dit kan
> verstaan.

Kyk na wat jy sê. Jou bedoeling was nie om die
nuusgroep te verengels nie. Maar deur jou aksies
ondergrawe jy Afrikaans op hierdie nuusgroep en
dus ook in SA. En ek is seker jy is een van dié
mense wat sit en grens oor hoe die ANC nou weer
Afrikaans ondergrawe in SA, oor hoe dit 'n mensereg
is om Afrikaans in SA te bestendig en te laat
voortbestaan. As almal sê "ek gaan waaragtig
nie die bleddie teks uit Engels vertaal nie," waar
is Afrikaans in 'n paar dekades as julle
so lui en disrespekvol is?
Dit sal jou nie seermaak om jou argument in
Afrikaans te begin en dan selektief, in Engels,
stukke aan te haal wat werklik relevant is nie.
Maar nee, jy sit die hele boksemdaais in
Engels op die nuusgroep. Dus, Plato, word
jy die handlanger vir die verengelsing van
hierdie nuusgroep, of jy dit nou wil erken of
nie. 'n Handlanger vir Engels om SA oor te
neem. Net soos Frikkie Potgieter 'n hanskakie
geword het. Net soos 'n hele klomp boerenasie-
ouens deesdae knaend hulle regse idees IN
ENGELS in SA propageer.

Gloudina
Re: Menseregte weer te vêr gevat [boodskap #97215 is 'n antwoord op boodskap #97214] Di, 24 Augustus 2004 12:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" <
> geword het. Net soos 'n hele klomp boerenasie-
> ouens deesdae knaend hulle regse idees IN
> ENGELS in SA propageer.

Hulle moet dit in engels doen, anders verstaan die kaffers nie wat hulle sê
nie.
Re: Menseregte weer te vêr gevat [boodskap #97216 is 'n antwoord op boodskap #97160] Di, 24 Augustus 2004 12:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
BitterEinder  is tans af-lyn  BitterEinder
Boodskappe: 37
Geregistreer: Maart 2003
Karma: 0
Volle Lid
> Hierdie
> nuusgroep is gestig om Afrikaans en Suid-
> Afrikaanse kultuur te bevorder, nie om vir
> my in Engels dinge oor New Zealand te
> vertel nie.

HOOR-HOOR!!
Re: Menseregte weer te vêr gevat [boodskap #97217 is 'n antwoord op boodskap #97153] Di, 24 Augustus 2004 12:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
BitterEinder  is tans af-lyn  BitterEinder
Boodskappe: 37
Geregistreer: Maart 2003
Karma: 0
Volle Lid
> Hierdie fascistiese Afrikaners stel die propagering
> van hulle fascistiese beginsels bo die gebruik
> van hulle taal. Húlle is die vyand van Afrikaans.

HOOR-HOOR!
Re: Menseregte weer te vêr gevat [boodskap #97227 is 'n antwoord op boodskap #97216] Di, 24 Augustus 2004 14:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Genoteer. Sowat van 'n oorreaksie het ek in my lewe nog nie gesien nie.

BitterEinder wrote:

>> Hierdie
>> nuusgroep is gestig om Afrikaans en Suid-
>> Afrikaanse kultuur te bevorder, nie om vir
>> my in Engels dinge oor New Zealand te
>> vertel nie.
>
>
> HOOR-HOOR!!
Re: Menseregte weer te vêr gevat [boodskap #97228 is 'n antwoord op boodskap #97217] Di, 24 Augustus 2004 14:43 Na vorige boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
HA HA HA HA HA! Nou raak dit net eenvoudig komies. Die taal kom vanuit
Afrikaners, dit is seker maar die gemeenskap se saak wat met die taal
gebeur. En hy is nie aan die doodgaan nie, hy is aan die verander.

Ai tog.

BitterEinder wrote:

>> Hierdie fascistiese Afrikaners stel die propagering
>> van hulle fascistiese beginsels bo die gebruik
>> van hulle taal. Húlle is die vyand van Afrikaans.
>
>
> HOOR-HOOR!
Vorige onderwerp: Stander-gang
Volgende onderwerp: "The Scream" gesteel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 01:12:30 MGT 2024