Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » "The Scream" gesteel
"The Scream" gesteel [boodskap #97146] Ma, 23 Augustus 2004 10:34 na volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Lees vandag in die Aftenposten dat die Munch museum in Oslo Noorweë beroof
is. Twee van Edvard Munch se bekendste skilderye (en my gunsteling), "The
Scream (Skrik)" en "Madonna" is gesteel. Die Madonna alleen, is so wat
$22.5 miljoen werd daar was nie 'n prys vir Skrik nie.

Die rowers het eenvoudig ingeloop, 'n paar gewere uitgeruk en die skilderye
met geweld gevat. 'n Mens sou dink daar sal beter sekuriteit in die Museum
wees, maar Noorweë is so te sê misdaad-vry, hulle het seker nie gedink
iemand sal die Munch Museum beroof nie. Net om te sien hoeveel die polisie
daar doen om die diewe te vang, wys my in watse tipe land ons leef. Alles
van troepe tot helikopters en skepe word gebruik om die mense te soek
(sorry, sukkel bietjie hier met die vertaling).

Blykbaar moes een vrou na die ongevalle eenheid geneem word, omdat sy so erg
aan skok gely het na die roof. Ek wonder darem hoeveel van ons sal vir skok
behandel moet word as ons 'n gewapende roof moet sien (sonder enige
ongevalle)! Ek kan nie verstaan hoe iemand so erg deur so iets geskok kan
word dat hulle mediese behandelik moet ontvang nie :)

Elaine
Re: "The Scream" gesteel [boodskap #97147 is 'n antwoord op boodskap #97146] Ma, 23 Augustus 2004 11:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Wag tot jy die dag sien hoe word mense doodgeskiet en skielik tref dit jou
dat dit wat se lewe jy geneem het, was ook maar net 'n mens. Dis nie
lekker nie en sal ook nooit lekker wees nie.

"Elaine" skryf in boodskap news:cgch83$fob$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Lees vandag in die Aftenposten dat die Munch museum in Oslo Noorweë beroof
> is. Twee van Edvard Munch se bekendste skilderye (en my gunsteling), "The
> Scream (Skrik)" en "Madonna" is gesteel. Die Madonna alleen, is so wat
> $22.5 miljoen werd daar was nie 'n prys vir Skrik nie.
>
> Die rowers het eenvoudig ingeloop, 'n paar gewere uitgeruk en die skilderye
> met geweld gevat. 'n Mens sou dink daar sal beter sekuriteit in die Museum
> wees, maar Noorweë is so te sê misdaad-vry, hulle het seker nie gedink
> iemand sal die Munch Museum beroof nie. Net om te sien hoeveel die polisie
> daar doen om die diewe te vang, wys my in watse tipe land ons leef. Alles
> van troepe tot helikopters en skepe word gebruik om die mense te soek
> (sorry, sukkel bietjie hier met die vertaling).
>
> Blykbaar moes een vrou na die ongevalle eenheid geneem word, omdat sy so erg
> aan skok gely het na die roof. Ek wonder darem hoeveel van ons sal vir skok
> behandel moet word as ons 'n gewapende roof moet sien (sonder enige
> ongevalle)! Ek kan nie verstaan hoe iemand so erg deur so iets geskok kan
> word dat hulle mediese behandelik moet ontvang nie :)
>
> Elaine
>
Re: "The Scream" gesteel [boodskap #97149 is 'n antwoord op boodskap #97146] Ma, 23 Augustus 2004 11:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Elaine wrote:
> Lees vandag in die Aftenposten dat die Munch museum in Oslo Noorweë beroof
> is. Twee van Edvard Munch se bekendste skilderye (en my gunsteling), "The
> Scream (Skrik)" en "Madonna" is gesteel. Die Madonna alleen, is so wat
> $22.5 miljoen werd daar was nie 'n prys vir Skrik nie.
>
> Die rowers het eenvoudig ingeloop, 'n paar gewere uitgeruk en die skilderye
> met geweld gevat. 'n Mens sou dink daar sal beter sekuriteit in die Museum
> wees, maar Noorweë is so te sê misdaad-vry, hulle het seker nie gedink
> iemand sal die Munch Museum beroof nie. Net om te sien hoeveel die polisie
> daar doen om die diewe te vang, wys my in watse tipe land ons leef. Alles
> van troepe tot helikopters en skepe word gebruik om die mense te soek
> (sorry, sukkel bietjie hier met die vertaling).
>
> Blykbaar moes een vrou na die ongevalle eenheid geneem word, omdat sy so erg
> aan skok gely het na die roof. Ek wonder darem hoeveel van ons sal vir skok
> behandel moet word as ons 'n gewapende roof moet sien (sonder enige
> ongevalle)! Ek kan nie verstaan hoe iemand so erg deur so iets geskok kan
> word dat hulle mediese behandelik moet ontvang nie :)
>
> Elaine
>
>

As jy nie gewoont is daaraan nie sal dit jou skok. Iemand is 15 jaar of
wat gelede voor my doodgeskiet en ek onthou dit vandag nog so helder
soos gister. Hier het niemand seergekry nie, maar 'n wapen is 'n ander
ding as jy besef iemand mag hom dalk gebruik. Dit is hoekom ek nie die
wet in SA verstaan nie. Ek mag nie iemand wat in my huis inbreek, my met
'n wapen dryg en my vrou en kinders die vrees op die lyf jaag skiet
sonder 'n waarskuwings skoot nie. Belaglik. As die ou nie 'n wapen het
nie en met my goed in my oprit uitstap mag ek nie hom skiet nie. Ek moet
hom smeek om asb tog my goed neer te sit en te voertsek! As hy nie
luister nie mag ek niks doen nie. Raar maar waar... Ek weet egter wat ek
sal doen as iemand in my huis inbreek en my familie of my sou dreig. Die
wêreld sal nie eens weet hy was by my huis nie... Ek vertel net dood
eenvoudig niemand nie.

Cheers
Plato
Re: "The Scream" gesteel [boodskap #97172 is 'n antwoord op boodskap #97147] Ma, 23 Augustus 2004 14:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jislaaik, ek praat mos nie van so iets nie! dis 'n heel ander saak daai....

E

"Suidwester" wrote:
> Wag tot jy die dag sien hoe word mense doodgeskiet en skielik tref dit jou
> dat dit wat se lewe jy geneem het, was ook maar net 'n mens. Dis nie
> lekker nie en sal ook nooit lekker wees nie.
Re: "The Scream" gesteel [boodskap #97176 is 'n antwoord op boodskap #97149] Ma, 23 Augustus 2004 14:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek praat regtig nie hier van mense wat voor jou oë doodgeskiet word, of eers
van iemand wat 'n geweer teen sy kop gehad het nie. Ek praat van iemand wat
gestaan en kyk het, haar lewe was nie in gevaar nie. Ek kan verstaan hoe
enige iemand geskok sal wees deur so iets, maar so erg dat jy skoon floutes
kry en hospitaal toe moet gaan? Miskien is ek onsensitief, maar ek het
genoeg geweld gesien om te weet ek sal nie floutes kry nie....

Anyway, ek het met 'n polisieman gepraat eenkeer wat gesê het, as 'n ou by
jou huis inbreek, en hy't 'n wapen, skiet hom eerste en dan jou
waarskuwingskoot, hulle weetie watse skoot eerste afgegaan het nie. Ook,
hou 'n ekstra wapen van een of ander aard by jou, as hy inbreek en jy skiet
hom en hy't nie 'n wapen nie, plant die ding op hom. En, as jy die inbreker
doodskiet het en jy's nie lus vir al die rietmeraal nie, gaan loop gooi sy
lyk êrens op 'n verlate ashoop of mynhoop, die kanse is goed dat hulle hom
vir maande nie sal kry nie, moenie vergeet om jou vuurwapen te "verloor" en
aan te gee as gesteel nie. So vertel hulle my, ek praat dit nie noodwendig
goed nie...

E

"Plato" wrote:
>
> As jy nie gewoont is daaraan nie sal dit jou skok. Iemand is 15 jaar of
> wat gelede voor my doodgeskiet en ek onthou dit vandag nog so helder
> soos gister. Hier het niemand seergekry nie, maar 'n wapen is 'n ander
> ding as jy besef iemand mag hom dalk gebruik. Dit is hoekom ek nie die
> wet in SA verstaan nie. Ek mag nie iemand wat in my huis inbreek, my met
> 'n wapen dryg en my vrou en kinders die vrees op die lyf jaag skiet
> sonder 'n waarskuwings skoot nie. Belaglik. As die ou nie 'n wapen het
> nie en met my goed in my oprit uitstap mag ek nie hom skiet nie. Ek moet
> hom smeek om asb tog my goed neer te sit en te voertsek! As hy nie
> luister nie mag ek niks doen nie. Raar maar waar... Ek weet egter wat ek
> sal doen as iemand in my huis inbreek en my familie of my sou dreig. Die
> wêreld sal nie eens weet hy was by my huis nie... Ek vertel net dood
> eenvoudig niemand nie.
>
>
> Cheers
> Plato
Re: "The Scream" gesteel [boodskap #97184 is 'n antwoord op boodskap #97176] Ma, 23 Augustus 2004 15:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Moenie kwaad met kwaad vergeld nie...

"Elaine" skryf in boodskap news:cgd038$f7p$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek praat regtig nie hier van mense wat voor jou oë doodgeskiet word, of eers
> van iemand wat 'n geweer teen sy kop gehad het nie. Ek praat van iemand wat
> gestaan en kyk het, haar lewe was nie in gevaar nie. Ek kan verstaan hoe
> enige iemand geskok sal wees deur so iets, maar so erg dat jy skoon floutes
> kry en hospitaal toe moet gaan? Miskien is ek onsensitief, maar ek het
> genoeg geweld gesien om te weet ek sal nie floutes kry nie....
>
> Anyway, ek het met 'n polisieman gepraat eenkeer wat gesê het, as 'n ou by
> jou huis inbreek, en hy't 'n wapen, skiet hom eerste en dan jou
> waarskuwingskoot, hulle weetie watse skoot eerste afgegaan het nie. Ook,
> hou 'n ekstra wapen van een of ander aard by jou, as hy inbreek en jy skiet
> hom en hy't nie 'n wapen nie, plant die ding op hom. En, as jy die inbreker
> doodskiet het en jy's nie lus vir al die rietmeraal nie, gaan loop gooi sy
> lyk êrens op 'n verlate ashoop of mynhoop, die kanse is goed dat hulle hom
> vir maande nie sal kry nie, moenie vergeet om jou vuurwapen te "verloor" en
> aan te gee as gesteel nie. So vertel hulle my, ek praat dit nie noodwendig
> goed nie...
>
> E
>
> "Plato" wrote:
>>
>> As jy nie gewoont is daaraan nie sal dit jou skok. Iemand is 15 jaar of
>> wat gelede voor my doodgeskiet en ek onthou dit vandag nog so helder
>> soos gister. Hier het niemand seergekry nie, maar 'n wapen is 'n ander
>> ding as jy besef iemand mag hom dalk gebruik. Dit is hoekom ek nie die
>> wet in SA verstaan nie. Ek mag nie iemand wat in my huis inbreek, my met
>> 'n wapen dryg en my vrou en kinders die vrees op die lyf jaag skiet
>> sonder 'n waarskuwings skoot nie. Belaglik. As die ou nie 'n wapen het
>> nie en met my goed in my oprit uitstap mag ek nie hom skiet nie. Ek moet
>> hom smeek om asb tog my goed neer te sit en te voertsek! As hy nie
>> luister nie mag ek niks doen nie. Raar maar waar... Ek weet egter wat ek
>> sal doen as iemand in my huis inbreek en my familie of my sou dreig. Die
>> wêreld sal nie eens weet hy was by my huis nie... Ek vertel net dood
>> eenvoudig niemand nie.
>>
>>
>> Cheers
>> Plato
>
Re: "The Scream" gesteel [boodskap #97186 is 'n antwoord op boodskap #97184] Ma, 23 Augustus 2004 15:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Ek is bevrees dit maak nie sin nie Max. Met daardie uitkyk eindig iemand
met jou TV op en jy in die graf. Ek dink mense moet daardie uitkyk vir
hulleself hou. Hoekom sal jy so iets in allegeval wil opdwing of afdwing
op mense wat nie met jou saamstem nie? Dis mos maar 'n etiese saak om
nie "kwaad met kwaad" te vergeld nie. Ek is toevallig iemand wat uit
keuse nie 'n wapen besit nie, maar ek gaan beslis nie sovêr gaan om 'n
boer, 'n enkel ma of so iemand daardie reg te ontneem net om my gewete
te sus nie.

Ek dink waarlik nie dat die wet wapens uit die kriminele se hande gaan
hou nie. Die redenasie word ook gevoer dat as daar nie 'n moontlikheid
van gewapende verset teen misdaad kan wees nie, sal die misdaad minder
geweldadig wees. Dit mag moontlik so wees maar nou is daar net eenvoudig
minder wat die kriminele gaan laat huiwer. Ek sê as jy burgers die reg
gee om hulle eiendom met geweld te beskerm, dan sal diewe 2 keer dink
voor hulle 'n perseel betree. Tans is die wetsgehoorsame burger
uitgelewer...

Groete
Plato

Max wrote:

> Moenie kwaad met kwaad vergeld nie...
>
> "Elaine" wrote in message
> news:cgd038$f7p$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>
>> Ek praat regtig nie hier van mense wat voor jou oë doodgeskiet word, of eers
>> van iemand wat 'n geweer teen sy kop gehad het nie. Ek praat van iemand wat
>> gestaan en kyk het, haar lewe was nie in gevaar nie. Ek kan verstaan hoe
>> enige iemand geskok sal wees deur so iets, maar so erg dat jy skoon floutes
>> kry en hospitaal toe moet gaan? Miskien is ek onsensitief, maar ek het
>> genoeg geweld gesien om te weet ek sal nie floutes kry nie....

>> Anyway, ek het met 'n polisieman gepraat eenkeer wat gesê het, as 'n ou by
>> jou huis inbreek, en hy't 'n wapen, skiet hom eerste en dan jou
>> waarskuwingskoot, hulle weetie watse skoot eerste afgegaan het nie. Ook,
>> hou 'n ekstra wapen van een of ander aard by jou, as hy inbreek en jy skiet
>> hom en hy't nie 'n wapen nie, plant die ding op hom. En, as jy die inbreker
>> doodskiet het en jy's nie lus vir al die rietmeraal nie, gaan loop gooi sy
>> lyk êrens op 'n verlate ashoop of mynhoop, die kanse is goed dat hulle hom
>> vir maande nie sal kry nie, moenie vergeet om jou vuurwapen te "verloor" en
>> aan te gee as gesteel nie. So vertel hulle my, ek praat dit nie noodwendig
>> goed nie...

>> E

>> "Plato" wrote:

>>> As jy nie gewoont is daaraan nie sal dit jou skok. Iemand is 15 jaar of
>>> wat gelede voor my doodgeskiet en ek onthou dit vandag nog so helder
>>> soos gister. Hier het niemand seergekry nie, maar 'n wapen is 'n ander
>>> ding as jy besef iemand mag hom dalk gebruik. Dit is hoekom ek nie die
>>> wet in SA verstaan nie. Ek mag nie iemand wat in my huis inbreek, my met
>>> 'n wapen dryg en my vrou en kinders die vrees op die lyf jaag skiet
>>> sonder 'n waarskuwings skoot nie. Belaglik. As die ou nie 'n wapen het
>>> nie en met my goed in my oprit uitstap mag ek nie hom skiet nie. Ek moet
>>> hom smeek om asb tog my goed neer te sit en te voertsek! As hy nie
>>> luister nie mag ek niks doen nie. Raar maar waar... Ek weet egter wat ek
>>> sal doen as iemand in my huis inbreek en my familie of my sou dreig. Die
>>> wêreld sal nie eens weet hy was by my huis nie... Ek vertel net dood
>>> eenvoudig niemand nie.
>
>
>>> Cheers
>>> Plato
>
Re: "The Scream" gesteel [boodskap #97191 is 'n antwoord op boodskap #97186] Ma, 23 Augustus 2004 17:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Sorry, jy's reg, ek maak nie sin nie. Skiet voort - sorg net dat jy 'n
ekstra geweer het om in jou slagoffer se hand te stop, of gooi sy lyk op die
ashoop. In my boeke heet dit ANARGIE en ja, dit maak sin...

"Plato" ...
> Ek is bevrees dit maak nie sin nie Max. Met daardie uitkyk eindig iemand
> met jou TV op en jy in die graf. Ek dink mense moet daardie uitkyk vir
> hulleself hou. Hoekom sal jy so iets in allegeval wil opdwing of afdwing
> op mense wat nie met jou saamstem nie? Dis mos maar 'n etiese saak om
> nie "kwaad met kwaad" te vergeld nie. Ek is toevallig iemand wat uit
> keuse nie 'n wapen besit nie, maar ek gaan beslis nie sover gaan om 'n
> boer, 'n enkel ma of so iemand daardie reg te ontneem net om my gewete
> te sus nie.
>
> Ek dink waarlik nie dat die wet wapens uit die kriminele se hande gaan
> hou nie. Die redenasie word ook gevoer dat as daar nie 'n moontlikheid
> van gewapende verset teen misdaad kan wees nie, sal die misdaad minder
> geweldadig wees. Dit mag moontlik so wees maar nou is daar net eenvoudig
> minder wat die kriminele gaan laat huiwer. Ek sê as jy burgers die reg
> gee om hulle eiendom met geweld te beskerm, dan sal diewe 2 keer dink
> voor hulle 'n perseel betree. Tans is die wetsgehoorsame burger
> uitgelewer...
>
> Groete
> Plato
>
> Max wrote:
>
>> Moenie kwaad met kwaad vergeld nie...
>>
>> "Elaine" wrote in message
>> news:cgd038$f7p$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>
>>> Ek praat regtig nie hier van mense wat voor jou oë doodgeskiet word, of eers
>>> van iemand wat 'n geweer teen sy kop gehad het nie. Ek praat van iemand wat
>>> gestaan en kyk het, haar lewe was nie in gevaar nie. Ek kan verstaan hoe
>>> enige iemand geskok sal wees deur so iets, maar so erg dat jy skoon floutes
>>> kry en hospitaal toe moet gaan? Miskien is ek onsensitief, maar ek het
>>> genoeg geweld gesien om te weet ek sal nie floutes kry nie....
>
>>> Anyway, ek het met 'n polisieman gepraat eenkeer wat gesê het, as 'n ou by
>>> jou huis inbreek, en hy't 'n wapen, skiet hom eerste en dan jou
>>> waarskuwingskoot, hulle weetie watse skoot eerste afgegaan het nie. Ook,
>>> hou 'n ekstra wapen van een of ander aard by jou, as hy inbreek en jy skiet
>>> hom en hy't nie 'n wapen nie, plant die ding op hom. En, as jy die inbreker
>>> doodskiet het en jy's nie lus vir al die rietmeraal nie, gaan loop gooi sy
>>> lyk êrens op 'n verlate ashoop of mynhoop, die kanse is goed dat hulle hom
>>> vir maande nie sal kry nie, moenie vergeet om jou vuurwapen te "verloor" en
>>> aan te gee as gesteel nie. So vertel hulle my, ek praat dit nie noodwendig
>>> goed nie...
>
>>> E
>
>>> "Plato" wrote:
>
>>>> As jy nie gewoont is daaraan nie sal dit jou skok. Iemand is 15 jaar of
>>>> wat gelede voor my doodgeskiet en ek onthou dit vandag nog so helder
>>>> soos gister. Hier het niemand seergekry nie, maar 'n wapen is 'n ander
>>>> ding as jy besef iemand mag hom dalk gebruik. Dit is hoekom ek nie die
>>>> wet in SA verstaan nie. Ek mag nie iemand wat in my huis inbreek, my met
>>>> 'n wapen dryg en my vrou en kinders die vrees op die lyf jaag skiet
>>>> sonder 'n waarskuwings skoot nie. Belaglik. As die ou nie 'n wapen het
>>>> nie en met my goed in my oprit uitstap mag ek nie hom skiet nie. Ek moet
>>>> hom smeek om asb tog my goed neer te sit en te voertsek! As hy nie
>>>> luister nie mag ek niks doen nie. Raar maar waar... Ek weet egter wat ek
>>>> sal doen as iemand in my huis inbreek en my familie of my sou dreig. Die
>>>> wêreld sal nie eens weet hy was by my huis nie... Ek vertel net dood
>>>> eenvoudig niemand nie.
>>
>>
>>>> Cheers
>>>> Plato
>>
>
Re: "The Scream" gesteel [boodskap #97221 is 'n antwoord op boodskap #97146] Di, 24 Augustus 2004 13:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 23 Aug 2004 12:34:39 +0200, "Elaine" wrote:
> Die rowers het eenvoudig ingeloop, 'n paar gewere uitgeruk en die skilderye
> met geweld gevat.

As ek geweet het die skildery hang in Johannesburg, sou ek daarna gaan
kyk het.
Re: "The Scream" gesteel [boodskap #97240 is 'n antwoord op boodskap #97221] Di, 24 Augustus 2004 20:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
jaaaaaa boet....

"Ferdi Greyling" wrote:
>
> As ek geweet het die skildery hang in Johannesburg, sou ek daarna gaan
> kyk het.
>
Re: "The Scream" gesteel [boodskap #97241 is 'n antwoord op boodskap #97240] Di, 24 Augustus 2004 21:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Elaine" skryf

> jaaaaaa boet....
>
> "Ferdi Greyling" :
>>
>> As ek geweet het die skildery hang in Johannesburg, sou ek daarna gaan
>> kyk het.

Daar is natuurlik 4 Skree's.
Ja-nee, met al die bohaai sou ek ook sweer
dat die roof in Johannesburg plaasgevind het.
Hoe durf hulle nou daar in Skandinawië
geweld en doodslag hê. Dit pas mos nie in
by die stereotipe nie. Hoe durf iemand 'n
regeringsminister in Denemarke doodskiet.
Hoe durf hulle van die hoogste selfmoord-
syfers in die wêreld hê. Dit pas mos nie in
by hulle blonde langbeenmeisie-stereotipe
nie. Hoe durf Ingmar Bergman films maak
wat in die depressiefste psigologiese
dieptes afdaal. Nee wat, gee liewer vir
my Jamie Uys.

Gloudina
Re: "The Scream" gesteel [boodskap #97243 is 'n antwoord op boodskap #97241] Di, 24 Augustus 2004 23:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
Die Dene is nie juis blond nie, meer die Swede en die Finne.

Ellie

"@rogers.com" wrote in message
news:M2OWc.7570$cIP1.2973@news04.bloor.is.net.cable.rogers.c om...

"Elaine" skryf

> jaaaaaa boet....
>
> "Ferdi Greyling" :
>>
>> As ek geweet het die skildery hang in Johannesburg, sou ek daarna gaan
>> kyk het.

Daar is natuurlik 4 Skree's.
Ja-nee, met al die bohaai sou ek ook sweer
dat die roof in Johannesburg plaasgevind het.
Hoe durf hulle nou daar in Skandinawië
geweld en doodslag hê. Dit pas mos nie in
by die stereotipe nie. Hoe durf iemand 'n
regeringsminister in Denemarke doodskiet.
Hoe durf hulle van die hoogste selfmoord-
syfers in die wêreld hê. Dit pas mos nie in
by hulle blonde langbeenmeisie-stereotipe
nie. Hoe durf Ingmar Bergman films maak
wat in die depressiefste psigologiese
dieptes afdaal. Nee wat, gee liewer vir
my Jamie Uys.

Gloudina
Re: "The Scream" gesteel [boodskap #97244 is 'n antwoord op boodskap #97241] Di, 24 Augustus 2004 23:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote in message
news:M2OWc.7570$cIP1.2973@news04.bloor.is.net.cable.rogers.c om...

"Elaine" skryf

> jaaaaaa boet....
>
> "Ferdi Greyling" :
>>
>> As ek geweet het die skildery hang in Johannesburg, sou ek daarna gaan
>> kyk het.

Daar is natuurlik 4 Skree's.
Ja-nee, met al die bohaai sou ek ook sweer
dat die roof in Johannesburg plaasgevind het.
Hoe durf hulle nou daar in Skandinawië
geweld en doodslag hê. Dit pas mos nie in
by die stereotipe nie. Hoe durf iemand 'n
regeringsminister in Denemarke doodskiet.
Hoe durf hulle van die hoogste selfmoord-
syfers in die wêreld hê. Dit pas mos nie in
by hulle blonde langbeenmeisie-stereotipe
nie. Hoe durf Ingmar Bergman films maak
wat in die depressiefste psigologiese
dieptes afdaal. Nee wat, gee liewer vir
my Jamie Uys.

Gloudina

Ek praat dalk onder korreksie Gloudina, maar ek het gedink die Finne het die
hoogste selfmoordsyfers. Ek het n goeie Finse vriendin gehad op n kol, haar
naam was nogal Annelie, en haar seun se naam was Anti, hy was baie gespot
onder veral die Afrikaanse kinders oor sy naam ;-) Sy het my vertel dat die
regering hierdie 'telefoon' hokkies opgerig het in veral Helsinki en ander
groter stede, waar mense verniet onder n sterk lig kon sit vir solank hulle
wou, blykbaar het dit te doen met Vit. D, en die effek van ligstrale op die
gemoed of wat ookal, ek is nou nie eintlik n wetenskaplike nie:-). Maar in
my geestesoog het ek altyd n Londonse telefoonhokkie gesien, met die lig wat
aangaan sodra die deur oopgaan.

Ellie
Re: "The Scream" gesteel [boodskap #97245 is 'n antwoord op boodskap #97244] Wo, 25 Augustus 2004 00:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ellie" skryf

> Ek praat dalk onder korreksie Gloudina, maar ek het gedink die Finne het die
> hoogste selfmoordsyfers

Ek het darem nie gesê hulle het die hoogste
selfmoordsyfers nie, maar "van die hoogste."

Gloudina
Re: "The Scream" gesteel [boodskap #97246 is 'n antwoord op boodskap #97244] Wo, 25 Augustus 2004 00:55 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ellie" skryf

waar mense verniet onder n sterk lig kon sit vir solank hulle
> wou, blykbaar het dit te doen met Vit. D, en die effek van ligstrale op die
> gemoed of wat ookal, ek is nou nie eintlik n wetenskaplike nie:-).

Weet jy dat dit 'n oud-Suid Afrikaanse dokter van
New York was wat die eerste dié ligterapie vir
"seasonal depression disorder" begin gebruik het.
Hy het vertel dat hy nie die snaakse depressie kon
verstaan wat hy elke winter met die kort dae
ondervind het nie, totdat hy uitgevind het dat hy
sy simptome kon verlig deur homself meer aan
'n sekere soort lig bloot te stel.
Ek dink ek is 'n grens-kandidaat vir dié soort
ding. Ek gee nie om as dit winter is nie. Ek hou
inderdaad van die winter. Maar dis die lengte
van die dae wat my affekteer. Daar kom elke
jaar 'n soort vreugde oor my as die dae
begin langer word hier teen die einde van
Januarie. En in Februarie en Maart
is ek op my gelukkigste. Want dan kan
ek nog die sneeuvelde sien, en die ys
op die rivier, maar die son skyn sterk en
die sonstrale val met 'n sekere hoek wat my
baie vreugde verskaf.

Gloudina
Vorige onderwerp: Re: Menseregte weer te vêr gevat
Volgende onderwerp: Orgie van geweld
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 22:52:18 MGT 2024