Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Bewaarkloof
Bewaarkloof [boodskap #9404] Di, 20 Mei 1997 00:00 na volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Oorlog is 'n afskuwelike ding.

Dis fataal om bagasie saam te piekel in 'n oorlog.

Met en na die Tweede Vryheidoorlog is die Boeremagte beskuldig dat
hulle nie na hulle vrouens en kinders omgesien het nie. Dit was byvoorbeeld
'n hoofmotivering vir die oprigting van konsentrasiekampe. Die kwessie
van bagasie is doodgeswyg. Dit gebeur selfs vandag nog in gesprekke
oor hierdie oorlog.

Sowat 40 km suid van Pietersburg lê 'n verstommende bergreeks, naamlik
die Strydpoortberge. Hulle loop vir sowat 150 km reg oos tot in die
Drakensberge, daar waar die Strydomtonnel gele"e is. Ry suid van
Pietersburg totdat jy deur Chuniespoort gaan. Suid van die poort swaai
die pad oos na Burgersfort se kant toe. Ry nog sowat 50 km totdat 'n
grondpad na links afdraai terug na die berge se kant toe. Daar staan hopelik
nog die padwyser met die naam The Downs. Swaai op die grondpad af en
hou so 4 km. 'n Paadjie swaai uit na links terug na Chuniespoort se kant toe.
Daar is nie meer 'n padwyser nie. Draai op die paadjie af om uiteindelik
by Bewaarkloof uit te kom. Moenie sommer daar invoeter nie - dis
slangwereld soos min.

Bewaarkloof is eintlik 'n groot kom in die berge wat deur 'n kloof bereik
word. Gedurende die laaste 18 maande, so is ek vertel, het die
Boeremagte honderde vrouens, kinders en vee in Bewaarkloof
weggesteek. Die Britse magte het nooit vermoed dat daar so 'n
wegsteekplek kon wees in hierdie skynbaar onherbergsame berge nie.
In my verkenning van die natuur het ek 'n paar keer op grafte tussen die
bosse afgekom. Die grafte was nie tipies van die Sotho kultuur nie. Dan
het ek maar naby die grafte gaan sit en wonder wat die geskiedenis
agter hulle is. Was hulle deel van die Tweede Vryheidstryd?

Ek dink dat Bewaarkloof 'n argeologiese paradys is. Dis net jammer dat
daar soveel verwoesting gesaai is deur die talle asbesmyntjies gedurende
hierdie eeu. Wie weet van hoeveel rotstekening wat deur mynbou vernietig
is?

Ek kon bitter min in die literatuur oor Bewaarkloof raakloop. Wie van julle
kan dalk meer lig werp op hierdie interessante plek met sy duistere
verlede?

Alles van die beste
At de Lange
Re: Bewaarkloof [boodskap #9479 is 'n antwoord op boodskap #9404] Vr, 23 Mei 1997 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"AM de Lange" writes:
>
> Ek dink dat Bewaarkloof 'n argeologiese paradys is. Dis net jammer dat
> daar soveel verwoesting gesaai is deur die talle asbesmyntjies gedurende
> hierdie eeu. Wie weet van hoeveel rotstekening wat deur mynbou vernietig
> is?
>
> Ek kon bitter min in die literatuur oor Bewaarkloof raakloop. Wie van julle
> kan dalk meer lig werp op hierdie interessante plek met sy duistere
> verlede?
>
> Alles van die beste
> At de Lange
>

At, kan die mense in die Geskiedenis-departement by U.P. dan
nie help nie? Indien nie, kontak Johan Barnard in Lunnonweg
en sien of hy nie iets daarvan weet nie.
Gloudina
Vorige onderwerp: Re: DUTCH AFRIKKAN
Volgende onderwerp: Ster tref die aarde
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 07:12:55 MGT 2024