Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: DUTCH AFRIKKAN
Re: DUTCH AFRIKKAN [boodskap #9449] Do, 22 Mei 1997 00:00
Henri-John Kock  is tans af-lyn  Henri-John Kock
Boodskappe: 69
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
bleah wrote:

>> Suid Afrikaner / South African = ANY Citizen of South Africa
>> African = Person of African tribal descent, ie Xhosa, Zulu,
> Ndebele etc.
>
[snip-snip]

> Funny how you conveniently forget about the AFRICAN ancestors so many
> of you afrikaners have. Of course, being racist, many of you don't
> want
> to think about it.
>
> What a pity, because it would have really helped your argument.
>
> You ARE, however, extremely proficient at classifying people. Why
> doesn't
> that surprise me?

Om nie te praat van die Engelse wat ook gemeng het nie. Een van die
meer bekendes is George Rex wat in Knysna gewoon en geleef het. Hy het
klaarblyklik adelike bloed gehad. Ek ken nie sy geskiedenis nie, dus sal
ek dit waardeer as iemand ons verder kan inlig. Barney Barnato, wat
seker maar Libanees was, maar as Engels geklassifiseer is, het ook met
'n nie-blanke getrou.

Bleah, JY is baie gou om mense as rassiste te brandmerk, en ook baie gou
om te beledig en te verkleineer. Maar dit is mos maar hoe 'n Engelsman
is. Hou sy lyf hoeka opstêrs en dink hy's die kat se snor. Laat my dink,
ek het eenmaal in die poskantoor ingegaan en vir die dametjie agter die
toonbank aangespreek as "Juffroutjie". "I'm not Juffroutjie, I'm Miss !"
snou sy my toe. Toe ek haar vra of sy nou perdemis of beesmis is, wou sy
my nie verder help nie. Die bleddie Engelse. Kom hier in onse land in,
net agter die goud aan.

Sien jy Bleah ? Dis maklik om mense te klassifiseer en te stereotipeer.
Jy is baie goed daarmee. Stel jy nie dalk daarin belang om iets meer
konstruktiefs te sê in hierdie nuusgroep
soc.culture.south-africa.afrikaans nie ? Dit sal regtig waardeer word.

Wys ons wat in jou steek.

H-J

--
Regards

H-J

PS: Remove the .nospam from the email address to reply.
Vorige onderwerp: Re: Heimwe"e en Hanepootdruiwe
Volgende onderwerp: Bewaarkloof
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 17 07:26:14 MGT 2024