Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Heimwe"e en Hanepootdruiwe
Re: Heimwe"e en Hanepootdruiwe [boodskap #9403] Di, 20 Mei 1997 00:00 na volgende boodskap
cth...  is tans af-lyn  cth...
Boodskappe: 6
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Junior Lid
@igs.net wrote:
> Nou wil ek net weet: as die hanepoot wit
> korrels het, hoekom was die muskadel, wat ek
> nou die aand gedrink het, rooi?
>
> Gloudina Bouwer

Muskadel wyn word van muskadeldruiwe gamaak, nie van hanepoot nie, en
daar is rooi en wit muskadel wyn te koop
--
Chris Theron
Durbanville
South Africa
Re: Heimwe"e en Hanepootdruiwe [boodskap #9424 is 'n antwoord op boodskap #9403] Wo, 21 Mei 1997 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Chris Theron writes: > @igs.net wrote:
>> Nou wil ek net weet: as die hanepoot wit
>> korrels het, hoekom was die muskadel, wat ek
>> nou die aand gedrink het, rooi?
>>
>> Gloudina Bouwer
>
> Muskadel wyn word van muskadeldruiwe gamaak, nie van hanepoot nie, en
> daar is rooi en wit muskadel wyn te koop
> --
> Chris Theron
> Durbanville
> South Africa

Dankie vir die informasie oor die muskadel-druiwe
wat die oorsprong is van wit en rooi muskadel-wyn. Ek was
bietjie verwar deur die volgende aanhaling in my "English
South African Dictionary:"
"One of the big two wine merchants recently
launched a wine made.... from Hanepoot
grapes. The wine is described as Muscat
d'Alexandrie, which is indeed the cultivar
name for hanepoot."
J. Grierson in "South Easter" Aug. 1985.
My UNISA-kontak rapporteer die volgende uit die
Etimologie-woordeboek:
"Hoewel die benaming "hanepoot" in
Nederlands op verskeie plante toegepas
word, en dit net soos "hanekloot" onder
andere vir die spesie Ranunculus gebruik
word (vergelyk ook Fries "katerskloaten"
vir bepaalde eiervormige pruime by Dijk)
is "hanekloot" (vir druifsoort met peer-
vormige korrels) in die 18de eeu in SA
eufemisties tot "hanepoot" vervorm."
Sy gaan dan verder voort met die opinie dat
muskadel van muskadeldruiwe gemaak word,
dat "Hanepootwyn" gewoonlik as "Hanepoot"
bemark word, en dat daar ook nog "Jerepiko"
is, van jerepiko-druiwe gemaak. (Sy wys daarop
dat H.C. Bosman dit "jerepigo" genoem het.)
Ons kry die indruk dat mense hier in Kanada
nou op groot skaal Suid-Afrikaanse wyne drink.
Dis natuurlik deels omdat die kwaliteit hoog is,
maar seker ook omdat die lae Rand die wyn hier
relatief goedkoop maak.
Kanada self produseer hier en daar ook wyn.
Die belangrikste streek is die Niagara-skiereiland,
waar suid-westelike Ontario baie ver suid strek,
en ook beskut is deur die "Niagara Escarpment."
Dekades gelede het Kanadese neergesien op
die wyne uit daardie deel van Ontario, maar in
die laaste klompie jare het mense uit Duitsland
die wynbedryf daar op die been gebring, en die
wyne daarvandaan word nou oor die hele wereld
gerespekteer. Die hele area word nou so 'n
bietjie soos in die Napa -vallei in Kaliforni"e of
seker om die wynplase in die Boland - wynroetes
en wynproewerye en meer en meer hotelle om
die klompe Duitse en Japannese toeriste te
huisves wat na die Valle kom kyk en dan so 'n
paar ander draaie dieselfde dag nog wil gooi.
Vir my is die interessantste ding wat hulle daar
doen die maak van YSWYN. Hulle wag met sekere
druiwe tot diep in November, totdat die eerste
sneeu alreeds daarop geval het. Dan is die druiwe
natuurlik geweldig veel soeter as die wat vroe"er
geoes is. Die mense moet handskoene aantrek
om die druiwetrosse te oes. Die wyn wat van hier-
die druiwe gemaak is, is baie duur. En ook effens
te soet vir my smaak. Maar ek is seker die toeriste
koop die hele oes op.

Gloudina Bouwer
Vorige onderwerp: Re: Afrikaans probeer verkleineer !!!
Volgende onderwerp: Re: DUTCH AFRIKKAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 25 19:05:19 MGT 2024