Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » watermeide
watermeide [boodskap #9111] Ma, 21 April 1997 00:00 na volgende boodskap
Gideon Dreyer  is tans af-lyn  Gideon Dreyer
Boodskappe: 35
Geregistreer: September 1996
Karma: 0
Volle Lid
Net 'n berig (uit de perd se bek) gekry van die volkssaamtrek tussen die
volstruise.
Miriam Makeba, Bierblikke en skokkende familiepotrette!
Kan iemand my meer vertel van die waternimfe?
Alreeds bedank
Xfiles
Re: watermeide [boodskap #9148 is 'n antwoord op boodskap #9150] Wo, 23 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri-John Kock  is tans af-lyn  Henri-John Kock
Boodskappe: 69
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
xfiles skryf:
> Net 'n berig (uit de perd se bek) gekry van die volkssaamtrek tussen
> die
> volstruise.
> Miriam Makeba, Bierblikke en skokkende familiepotrette!
> Kan iemand my meer vertel van die waternimfe?
> Alreeds bedank
> Xfiles

Dit was tydens die Rock fees. Iemand het Miriam met bierblikke gegooi,
toe maak sy 'n rasse-insident daarvan. Die snaakse deel is dat Kerkorrel
en Johnny Clegg ook met blikke gegooi is. Was seker 'n rassis met 'n
blou vel wat die goed gegooi het. Of was dit nie dalk miskien dronk
sotte van welke ras ookal wat die blikke gegooi het omdat hulle geen
maniere het nie ?

H-J
Re: watermeide [boodskap #9149 is 'n antwoord op boodskap #9111] Wo, 23 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 23 Apr 1997 14:36:28 -0700, Henri-John Kock wrote:
<<> Dit was tydens die Rock fees. Iemand het Miriam met bierblikke gegooi,
> toe maak sy 'n rasse-insident daarvan. Die snaakse deel is dat Kerkorrel
> en Johnny Clegg ook met blikke gegooi is. Was seker 'n rassis met 'n
> blou vel wat die goed gegooi het. Of was dit nie dalk miskien dronk
> sotte van welke ras ookal wat die blikke gegooi het omdat hulle geen
> maniere het nie ?>>>

Wel sy het toe dit gebeur het, nie die "long view" gevat nie.

Sien dit uit haar oogpunt: Sy as 'n swart ANC-tipe banneling onder
apartheid gaan sing op 'n fees wat sy sien as 'n kultuurfees vir
Afrikaners (wat dit is, natuurlik).

Daar gooi hulle haar met bierblikke toe sy sing!
(Onthou, sy sien nie die gehoor nie. Die ligte is op haar.)

Wat dink jy sal ou Steve Hofmeyer dink as hy op 'n PAC-fees gaan sing
en hulle gooi hom met klippe?
Hy sal heel waarskynlik nie die "long view" vat en eers 'n paar dae na
die saak kyk voor hy iets se nie.

Verskoon die vergelyking, maar ek probeer die ding plaas.

Sy het die volgende dag geweldige begrip getoon. Onthou, sy kon daai
aand geloop het. Instede daarvan het sy gebly en probeer verstaan.

Ek het toevallig 'n foto gesien van een van die moeilikheidmakers: Hy
was groot, wit, met 'n boepens en bebaard.
Re: watermeide [boodskap #9150 is 'n antwoord op boodskap #9148] Wo, 23 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
4E  is tans af-lyn  4E
Boodskappe: 4
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Junior Lid
Henri-John Kock skryf:
> xfiles wrote:
>
>> Net 'n berig (uit de perd se bek) gekry van die volkssaamtrek tussen
>> die
>> volstruise.
>> Miriam Makeba, Bierblikke en skokkende familiepotrette!
>> Kan iemand my meer vertel van die waternimfe?
>> Alreeds bedank
>> Xfiles
>
> Dit was tydens die Rock fees. Iemand het Miriam met bierblikke gegooi,
> toe maak sy 'n rasse-insident daarvan. Die snaakse deel is dat Kerkorrel
> en Johnny Clegg ook met blikke gegooi is. Was seker 'n rassis met 'n
> blou vel wat die goed gegooi het. Of was dit nie dalk miskien dronk
> sotte van welke ras ookal wat die blikke gegooi het omdat hulle geen
> maniere het nie ?
>
> H-J
>

Kerkorrel het dit redelik goed gehanteer:
"... dit is gevaarlik hier op die stage."

toe sing hy voort en koes maar vir enige aankomende projektiele.
Re: watermeide [boodskap #9191 is 'n antwoord op boodskap #9111] Vr, 25 April 1997 00:00 Na vorige boodskap
Henri-John Kock  is tans af-lyn  Henri-John Kock
Boodskappe: 69
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
Koos wrote:

> On Wed, 23 Apr 1997 14:36:28 -0700, Henri-John Kock
> wrote:

Snip-Snip (Om die NNTP server gelukkig te hou. Ek sny net my vorige
posting uit.)

>
> Wel sy het toe dit gebeur het, nie die "long view" gevat nie.
>
> Sien dit uit haar oogpunt: Sy as 'n swart ANC-tipe banneling onder
> apartheid gaan sing op 'n fees wat sy sien as 'n kultuurfees vir
> Afrikaners (wat dit is, natuurlik).

Ek wonder nou: Het JK voor of na Makeba gesing ? Ek sien jou punt, maar
nou kan die vraag weer gevra word, as sy by 'n kultuurfees gaan sing vir
afrikaners, sou sy nie soiets te wagte moet wees nie ? (Ek praat dit nie
goed nie.) Wat ek wel dink is dat die organiseerders beter voorsorg teen
sulke dinge moet tref. Hier by Tukkies was daar verlede jaar 'n konsert
met 'n paar Grunge bands, deur 5FM georganiseer. Stage diving was nie
toegelaat nie. Daar was een ou wat 'n stage dive gedoen het, en hy is
sonder seremonie uitgegooi. Dis wat met blikgooiers moes gebeur.

>
> Daar gooi hulle haar met bierblikke toe sy sing!
> (Onthou, sy sien nie die gehoor nie. Die ligte is op haar.)
>
> Wat dink jy sal ou Steve Hofmeyer dink as hy op 'n PAC-fees gaan
> sing
> en hulle gooi hom met klippe?
> Hy sal heel waarskynlik nie die "long view" vat en eers 'n paar dae
> na
> die saak kyk voor hy iets se nie.

Wel, ek dink SH sou dom wees om by 'n PAC fees te gaan sing. Hou ook in
gedagte dat hierdie nie 'n AWB fees was nie. Then again, miskien sal dit
goed wees as 'n gehoor vir Steve Stofsuier met klippe gooi ;-)

>
> Verskoon die vergelyking, maar ek probeer die ding plaas.
>
> Sy het die volgende dag geweldige begrip getoon. Onthou, sy kon daai
>
> aand geloop het. Instede daarvan het sy gebly en probeer verstaan.

En haar publieke beeld geen skade gedoen nie. Goeie PR.

>
> Ek het toevallig 'n foto gesien van een van die moeilikheidmakers:
> Hy
> was groot, wit, met 'n boepens en bebaard.

White trash. Ons sal seker maar altyd met die ekwivalent opgeskeep
sit.
Vorige onderwerp: e- Ruiker
Volgende onderwerp: Boggom en Voetsek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 07:35:09 MGT 2024