Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Boggom en Voetsek
Boggom en Voetsek [boodskap #9140] Di, 22 April 1997 00:00 na volgende boodskap
Alwyn Nel[2]  is tans af-lyn  Alwyn Nel[2]
Boodskappe: 23
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Junior Lid
Ek het kleintyd die gedig te lese gekry, maar al wat ek kan onthou is:
Boggom en Voetsek het saam geswerwe
Waar die Hantam berg hom strek

Hoor toe noudie dag Dawid Kramer sing van Boggom en Voetsek. Het iemand
dalk die tyd/lus om dit vir my te stuur?
Re: Boggom en Voetsek [boodskap #9168 is 'n antwoord op boodskap #9140] Wo, 23 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 22 Apr 1997 09:13:16 GMT, ne...@sabc.co.za (Alwyn Nel) wrote:

Boggom en Voetsek het saam geswerwe[/color]
> Waar die Hantam berg hom strek
>
> Hoor toe noudie dag Dawid Kramer sing van Boggom en Voetsek. Het iemand
> dalk die tyd/lus om dit vir my te stuur?>>>

Dis vir my een van die greatste gedigte in Afrikaans.
Eintlik moet ek se: "Gaan koop 'n Groot Verseboek, dis daarin!"
Maar ek sal dit later vanaand intik, hieronder aanheg en stuur.

OK dis later. "Becket's Trek" klaar gekyk.:

------------------------------------

BOGGOM EN VOERTSEK

Boggom en Voertsek het saam gelewe
Waar die Hantam-berge pryk
En die dun kapok in die naglug swewe.
As die wind die biesies stryk.

Boggom en Voertsek het saam geswerwe
Waar die boegoe-bossies bloei
En die harde klip, deur die ys gekerwe
In die oerou tyd, nog groei.

Boggom en Voertsek het saam gesanik
In die aand teen die vollemaan:
Sluit ek my oe" vandag, dan waan ek
Ek kan hulle taal verstaan.

Boggom en Voertsek het saam gesterwe,
Waar die Hantam-land hom strek.
Daar's niks as die storie om oor te erwe,
En niks om daaruit te trek.


C. Louis Leipoldt
Re: Boggom en Voetsek [boodskap #9184 is 'n antwoord op boodskap #9140] Do, 24 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article , ne...@sabc.co.za says...
>
> Ek het kleintyd die gedig te lese gekry, maar al wat ek kan onthou is:
> Boggom en Voetsek het saam geswerwe
> Waar die Hantam berg hom strek
>
> Hoor toe noudie dag Dawid Kramer sing van Boggom en Voetsek. Het iemand
> dalk die tyd/lus om dit vir my te stuur?
>


BOGGOM EN VOERTSEK
C.Louis Leipoldt

Boggom en Voertsek het saam gelewe
Waar die Hantam-berge pryk
En die dun kapok in die naglug swewe
As die wind die biesies stryk.

Boggom en Voertsek het saam geswerwe
Waar die boegoe-bossies bloei
En die harde klip, deur die ys gekerwe
In die oerou tyd, nog groei.

Boggom en Voertsek het saam gesanik
In die aand teen die vollemaan:
Sluit ek my oë vandag, dan waan ek
Ek kan hulle taal verstaan.

Boggom en Voertsek het saam gesterwe,
Waar die Hantam-land hom strek.
Daar's niks as die storie om oor te erwe,
En niks om daaruit te trek.
Re: Boggom en Voetsek [boodskap #9205 is 'n antwoord op boodskap #9140] Vr, 25 April 1997 00:00 Na vorige boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Alwyn Nel wrote in article
...
> Ai At, ek moes êrens knip om so bietjie plek te spaar. Baie dankie vir
> die pragtige skets van die Hantam. Man maar dis lekkerrrrrr om Afrikaans
> te lees, veral so uit At se pen.
>
> Ek sal 'n draai of agt in die Hantam moét maak. As die Hantam is soos jy
> hom beskryf, sal Boggom en Voertsek se geeste sekerlik nog daar huiwer

Die natuur is deeglik. Daar is lankal reeds ander wat net wag om ontdek te
word. Vra my drie jongste kinders. Hulle het 'n ander Boggom, of was dit 'n
ander Voertsek ontdek. Ek kon net stukkies van Leipoldt se gedig onthou.
Hoe spyt was ek nie dat ek alles kon onthou nie want die biethies het hulle
laat krul van plesier.

As ek so op reis gaan, gaan my boeke saam. 'n Mens moet 'n spesiale tassie
daarvoor hê. Sonder boeke om na terug te verwys, het die reis min waarde.

Ai, hoe kosbaar is boeke nie. Tien duisende dankies aan Gutenberg en al die
skrywers wat hulle gedagtes so presies kon verwoord.

Beste wense
At de Lange
Vorige onderwerp: watermeide
Volgende onderwerp: Re: PAAIE
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 09:55:11 MGT 2024