Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Lactose intolerance
Lactose intolerance [boodskap #90091] Sa, 07 Februarie 2004 09:39 na volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Koot" skryf in boodskap news:...
> "Lactose intolerant" is woorde wat ek al in dié verband gehoor het.

Koot

Lactose intolerance tel nie meer by yoghurt nie. Laktose is melksuiker
en tydens die fermentasie proses word dit omgesit na melksuur, dus
bestaan dit nie meer in yoghurt of dikmelk nie.

Drom
Re: Lactose intolerance [boodskap #90093 is 'n antwoord op boodskap #90091] Sa, 07 Februarie 2004 10:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek wonder baie oor mense wat gril vir sekere goed.
By my is ek plein allergies, en dit wys gou - en die ergheid bepaal hoe gou
ek by die pilltjies moet uitkom.
Ek ken iemand wat glo glad nie uie kan eet nie, maar gewoonlik heerlik weglê
aan souttert en bredies, wat meestal uie in het.
So is daar ander wat sekere kosse nie kan eet nie, maar sodra hulle dit eet
sonder dat hulle dit weet, dan vra hulle soms selfs vir 'n tweede porsie.
Baie van die kan nie's het te doen met die persoon se eerste bewuste
ondervinding van dit.
Om net pleinweg dit af te maak as fiemies is verkeerd - maar mens kan maar
altyd 'n ou toetsie doen en met die pille regstaan:))
Ek sal egter niemand dwing om iets te eet wat hulle nie wil nie - so as
iemand my vra wat se bestanddele in 'n resep is, sal ek altyd sê wat.. Dit
is gewoonlik mense wat 'n kosallergie het wat altyd sal vra as hulle nie
seker is nie.
Aan die ander kant, as hulle nie iets wil eet wat ek opdien nie, sal ek nie
gou spesiaal vir hulle iets anders maak nie - daar is altyd brood en konfyt
beskikbaar.
--
Annette

"Drom" skryf in boodskap news:1e507c17.0402070139.65a1cca2@posting.google.com...
> "Koot" skryf in boodskap news:...
>> "Lactose intolerant" is woorde wat ek al in dié verband gehoor het.
>
> Koot
>
> Lactose intolerance tel nie meer by yoghurt nie. Laktose is melksuiker
> en tydens die fermentasie proses word dit omgesit na melksuur, dus
> bestaan dit nie meer in yoghurt of dikmelk nie.
>
> Drom
Re: Lactose intolerance [boodskap #90102 is 'n antwoord op boodskap #90091] Sa, 07 Februarie 2004 23:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Drom" wrote

> Lactose intolerance tel nie meer by yoghurt nie. Laktose is melksuiker
> en tydens die fermentasie proses word dit omgesit na melksuur, dus
> bestaan dit nie meer in yoghurt of dikmelk nie.

Onjuis - van die laktose word omgesit in melksuur, van dit bly behoue
(yogurt is soet). Al word o.a. fruktose ook bygevoeg as versoeting, bly
daar nog laktose ook oor (die afbrekende ensiem raak onaktief by 'n lae
genoeg pH). So dalk moet mens spesifiseer, meer yoghurt as melk word
benodig om jou siek te maak as "laktose-intolerant" persoon.
Re: Lactose intolerance [boodskap #90121 is 'n antwoord op boodskap #90102] So, 08 Februarie 2004 10:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
>
> Onjuis - van die laktose word omgesit in melksuur, van dit bly behoue
> (yogurt is soet). Al word o.a. fruktose ook bygevoeg as versoeting, bly
> daar nog laktose ook oor (die afbrekende ensiem raak onaktief by 'n lae
> genoeg pH). So dalk moet mens spesifiseer, meer yoghurt as melk word
> benodig om jou siek te maak as "laktose-intolerant" persoon.

Perone wat laktose intolerant is (omtrent alle Asiërs en meeste Swart
mense van Afrika) het die vermoeë verloor om laktase in die dunderm te
vorm, dit is dus heeltemal afwesig en die pH speel geen rol nie.
Ongelukkig ken ek nie die samestelling van yoghurt nie, maar ek twyfel
of dit nog laktose sal bevat, en indien fruktose bygevoeg word sal dit
geen effek hê nie, dis nie 'n substraat vir laktase nie.
Drom
Re: Lactose intolerance [boodskap #90138 is 'n antwoord op boodskap #90121] So, 08 Februarie 2004 16:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Drom" wrote

> Ongelukkig ken ek nie die samestelling van yoghurt nie, maar ek twyfel
> of dit nog laktose sal bevat, en indien fruktose bygevoeg word sal dit
> geen effek hê nie, dis nie 'n substraat vir laktase nie.

Yoghurt bevat wel laktose, alhoewel in laer hoeveelhede as "oorspronklike"
melk produkte, soos vars melk. Het slegs gemeen dat fruktose die soetheid
aanhelp, al is laktose ook aanwesig.
Re: Lactose intolerance [boodskap #90158 is 'n antwoord op boodskap #90138] Ma, 09 Februarie 2004 06:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Baie interessant.
En by kaas? Is die laktose nog daar aanwesig?

"basjan" skryf in boodskap news:c05ntd$rqu$1@solaris.cc.vt.edu...
>
> "Drom" wrote
>
>> Ongelukkig ken ek nie die samestelling van yoghurt nie, maar ek twyfel
>> of dit nog laktose sal bevat, en indien fruktose bygevoeg word sal dit
>> geen effek hê nie, dis nie 'n substraat vir laktase nie.
>
> Yoghurt bevat wel laktose, alhoewel in laer hoeveelhede as "oorspronklike"
> melk produkte, soos vars melk. Het slegs gemeen dat fruktose die soetheid
> aanhelp, al is laktose ook aanwesig.
>
Re: Lactose intolerance [boodskap #90197 is 'n antwoord op boodskap #90158] Di, 10 Februarie 2004 08:28 Na vorige boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Koot" skryf in boodskap news:...
> Baie interessant.
> En by kaas? Is die laktose nog daar aanwesig?
>
Koot

Heelwaarskynlik nie in Cheddar nie, want dit word gemaak van dikmelk
waar die melk deur spesiale bakterië gefermenteer word. Daar is wel
sekere soorte kaas waar die melk deur 'n ensiem in die pense van
karakoel lammers "dik" gemaak word, dus sal die laktose onveranderd
wees.

Ek weet sommige mense verwys na Gouda as soetmelk kaas, maar synde
geen kaasmaker te wees nie weet ek nie of dit so is nie. Sover ek weet
word die meeste karakoel pensies na Europa uitgevoer.
Drom
Vorige onderwerp: Mooi site - mooi storie - vir Gloudina
Volgende onderwerp: "Die " afrikaanse web werf waar dinge bespreek word
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 22:16:16 MGT 2024