Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » dit is beter in amerika.
dit is beter in amerika. [boodskap #8919] Vr, 28 Maart 1997 00:00 na volgende boodskap
Deon  is tans af-lyn  Deon
Boodskappe: 6
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Junior Lid
ek is nou twee jaar hier en kan nie blyer wees nie.die nuwe SA is n f-kken
ashoop.
Re: dit is beter in amerika. [boodskap #8920 is 'n antwoord op boodskap #8919] Vr, 28 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 28 Mar 97 02:01:36 GMT, "Deon" <DSwan...@southland.net> wrote:

<<>ek is nou twee jaar hier en kan nie blyer wees nie.die nuwe SA is n f-kken
> ashoop.>>

Ag ou Swanie, dis baie beter vandat jy weg is, hoor.
Re: dit is beter in amerika. [boodskap #8928 is 'n antwoord op boodskap #8919] Sa, 29 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ath  is tans af-lyn  Ath
Boodskappe: 5
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Junior Lid
On 28 Mar 97 02:01:36 GMT, "Deon" wrote:

> ek is nou twee jaar hier en kan nie blyer wees nie.die nuwe SA is n f-kken
> ashoop.
>

Clever move!!!
Pls let me know how you got out of this forsaken little mudball of a
country. Not only is it a dump, but it blows pavements.

-Ath

(There is not a shred of evidence that life is worth taken seriously.)
Re: dit is beter in amerika. [boodskap #8929 is 'n antwoord op boodskap #8919] Sa, 29 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
DSwan...@southland.net says...
>
> ek is nou twee jaar hier en kan nie blyer wees nie.die nuwe SA is n f-kken
> ashoop.
>

    Ag ja, ou Deon, ons ken jou soort. 'n Mens is nou al
gewoond  aan die sielkundige "shorthand" wat mense
soos jy gebruik. Een daarvan is die uitdrukking "Amerika."
Waarvan praat jy wanneer jy praat van "Amerika" ? Sluit
jou Amerika in die dele van die VSA waar mense aangeraai
word om hulle karre te sluit as hulle daardeur ry. Nou die
dag is iemand uit ons gebou, op pad na Florida, geskiet.
Sekere dele van Florida is heelwaarskynlik so erg soos die
ergste van Johannesburg. Jy vind van die gevaarlikste en
armste agterbuurtes in Boston. Ek is bly jy het waarskynlik
'n wit enklave erens in die VSA gekry waar jy voel jy weer in
kontrole is. Maar hou op om te praat van "Amerika." Dis 'n
romantisering van 'n werklikheid wat baie meer kompleks en
ook tragies is. Dis ook natuurlik nog 'n land waar die "wit"
mense regeer. Dis seker hoekom jy hierheen gekom het.
    Hou ook op om te praat van die "NSA."  Almal weet dit is
shorthand vir "die land waar die witmense nie meer al die mag
in hulle hande het nie." Dit wys ook dadelik: jy was nie kompe-
terend genoeg nie. Jy het nie die nodige "skills" gehad wat vir
jou onmisbaar in die nuwe land gemaak het nie. Hulle het jou
maar laat gaan. Daar is ander wat jou plek kan vul. Ander wat
nie gedurig daarop staan dat, omdat hy 'n wit vel het, sekere
dinge  hom natuurlikerwyse toekom nie.

Gloudina Bouwer
Re: dit is beter in amerika. [boodskap #8942 is 'n antwoord op boodskap #8919] So, 30 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Blikkies  is tans af-lyn  Blikkies
Boodskappe: 13
Geregistreer: Februarie 1997
Karma: 0
Junior Lid
Liewe Gloudina
Jirre mevrou! Ek het, om mee te begin, nie die eerste posting gemaak nie.
Jy het darem lekker baie tyd om mense op die net so aan te val.
Het seker jou Afrikaner-  'merrimgeit' saam met jou na die wonderskone
kanada geneem, sit heeldag en tee drink en koekies eet. Lyk in elk geval
so!
Wel, ek hoop jy hou darem, tussen in al jou gediggies en so aan, n huis
ook aan die gang. Of het jy vir aia Sara van die plaas met jou saamgeneem.
O, ek verstaan, jy wou haar ook die nuwe dele laat sien! Baie 'nice' van
jou! Slim ook, want nou het jy sommer n huishulp wat vasgevang is daar
omdat sy nie haar alie kan draai want sy is mos 'eternally grateful' omdat
sy vir mies Gloudina kan werk!
In die gees van paasfees, mag jy werklik ook besef dat dit oor meer gaan
in die lewe as om mense op n tipies Afrikane 'weier om die son oor n ander
te laat skyn jaloesie' gaan.
Baie sterkte met alles!
Ag ja, ou Deon, ons ken jou soort. 'n Mens is nou al
gewoond  aan die sielkundige "shorthand" wat mense
soos jy gebruik. Een daarvan is die uitdrukking "Amerika."
Waarvan praat jy wanneer jy praat van "Amerika" ? Sluit
jou Amerika in die dele van die VSA waar mense aangeraai
word om hulle karre te sluit as hulle daardeur ry. Nou die
dag is iemand uit ons gebou, op pad na Florida, geskiet.
Sekere dele van Florida is heelwaarskynlik so erg soos die
ergste van Johannesburg. Jy vind van die gevaarlikste en
armste agterbuurtes in Boston. Ek is bly jy het waarskynlik
'n wit enklave erens in die VSA gekry waar jy voel jy weer in
kontrole is. Maar hou op om te praat van "Amerika." Dis 'n
romantisering van 'n werklikheid wat baie meer kompleks en
ook tragies is. Dis ook natuurlik nog 'n land waar die "wit"
mense regeer. Dis seker hoekom jy hierheen gekom het.
    Hou ook op om te praat van die "NSA."  Almal weet dit is
shorthand vir "die land waar die witmense nie meer al die mag
in hulle hande het nie." Dit wys ook dadelik: jy was nie kompe-
terend genoeg nie. Jy het nie die nodige "skills" gehad wat vir
jou onmisbaar in die nuwe land gemaak het nie. Hulle het jou
maar laat gaan. Daar is ander wat jou plek kan vul. Ander wat
nie gedurig daarop staan dat, omdat hy 'n wit vel het, sekere
dinge  hom natuurlikerwyse toekom nie.

Gloudina Bouwer

Always question! Never simply accept and follow!
Re: dit is beter in amerika. [boodskap #8943 is 'n antwoord op boodskap #8919] So, 30 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 30 Mar 1997 02:18:12 GMT, blik...@aol.com (Blikkies) wrote:

Miskien verstaan ek jou nou n bietjie beter.[/color]
> Dis om jou skuldgevoel dat jy ook die chicken- run gejoin het wat maak dat
> jy die fakkel dra vir die minder bevoorregtes in die NSA.
> Verbasend hoe helder die vet van skuldgevoelens die vlam laat brand in jou
> fakkeltjie!!
> Always question! Never simply accept and follow!>>>

Blikkies, ou swaer, is daai AOL adres van jou in die VSA?
Re: dit is beter in amerika. [boodskap #8944 is 'n antwoord op boodskap #8919] So, 30 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
KLAASVAKIE  is tans af-lyn  KLAASVAKIE
Boodskappe: 53
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Volle Lid
Gloudina

Ek woon in Noord Miami in Florida en nog nooit het ek bedrieg gevoel, soos
in die tyd wat ek in Johannesburg gewoon het, en dit was voor die NSA
gebeur het, nou is dit self erger in die nuwe Gouteng, selfs al sluit jy
jou kar jy is nog steeds nie vuilig nie.

Duidelik het jy nie veel kennis oor die VSA nie alhoewel hier nog steeds
baie apartheid en rassisme voorkom, kom dit voor tussen individuele mense
en groepe , die mense wat die besluite neem is nie net wit of swart nie,
maar hulle het ware demokrasie hier.

Indien jy lank genoeg in RSA gebly het sou jy agter gekom het dat die
algemene benaming vir die VSA is sommer net Amerika, en siende dat ons in
RSA nie Afrikaans afgesweer het nie is ons nie so tegnies korrek soos jy
wat nie alles van die taal onthou nie .

Ek verstaan ook nie wat het jy teen die banaming . NSA, want dit is wat
dit is. Die naam moet eintlik die ou,ou SA wees, want waar ons op die
drimpel van 'n eerste wêreld gestaan het, het SA nou drie tree terug
gestap.

Dit gaan ook nie vandag oor jou vermoëns (skills) om kompeterend te wees
nie, maar oor jou vel kleur. Soos ons almal nou al weet baie mense met
die nodige kwalifikasies en ondervinding het hulle werk verloor omdat
hulle velkleur ongelukkig nie reg was nie. En dit noem ons demokrasie nè!

Hou op om op jou troon te sit en jou beuel so hard te blaas , want hoewel
jy sê
jy het kontakte in die NSA, het die meeste van ons eerste handse inligting
van die land, ons kuier heel gereëld daar.

JHV

_-------------------------------------oOo------------------- --------------
-------------------------
>> " Ag ja, ou Deon, ons ken jou soort. 'n Mens is nou al
gewoond aan die sielkundige "shorthand" wat mense
soos jy gebruik. Een daarvan is die uitdrukking "Amerika."
Waarvan praat jy wanneer jy praat van "Amerika" ? Sluit
jou Amerika in die dele van die VSA waar mense aangeraai
word om hulle karre te sluit as hulle daardeur ry. Nou die
dag is iemand uit ons gebou, op pad na Florida, geskiet.
Sekere dele van Florida is heelwaarskynlik so erg soos die
ergste van Johannesburg. Jy vind van die gevaarlikste en
armste agterbuurtes in Boston. Ek is bly jy het waarskynlik
'n wit enklave erens in die VSA gekry waar jy voel jy weer in
kontrole is. Maar hou op om te praat van "Amerika." Dis 'n
romantisering van 'n werklikheid wat baie meer kompleks en
ook tragies is. Dis ook natuurlik nog 'n land waar die "wit"
mense regeer. Dis seker hoekom jy hierheen gekom het.
Hou ook op om te praat van die "NSA." Almal weet dit is
shorthand vir "die land waar die witmense nie meer al die mag
in hulle hande het nie." Dit wys ook dadelik: jy was nie kompe-
terend genoeg nie. Jy het nie die nodige "skills" gehad wat vir
jou onmisbaar in die nuwe land gemaak het nie. Hulle het jou
maar laat gaan. Daar is ander wat jou plek kan vul. Ander wat
nie gedurig daarop staan dat, omdat hy 'n wit vel het, sekere
dinge hom natuurlikerwyse toekom nie.

Gloudina Bouwer"
Re: dit is beter in amerika. [boodskap #8945 is 'n antwoord op boodskap #8919] So, 30 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Blikkies  is tans af-lyn  Blikkies
Boodskappe: 13
Geregistreer: Februarie 1997
Karma: 0
Junior Lid
Ja ou Gloudina.
Lekker om al daai goed te se, en dan ook skuldig te wees aan die vlug!
Miskien verstaan ek jou nou n bietjie beter.
Dis om jou skuldgevoel dat jy ook die chicken- run gejoin het wat maak dat
jy die fakkel dra vir die minder bevoorregtes in die NSA.
Verbasend hoe helder die vet van skuldgevoelens die vlam laat brand in jou
fakkeltjie!!
Always question! Never simply accept and follow!
Re: dit is beter in amerika. [boodskap #8946 is 'n antwoord op boodskap #8919] So, 30 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ath  is tans af-lyn  Ath
Boodskappe: 5
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Junior Lid
On 30 Mar 1997 23:07:28 GMT, klaas...@aol.com (KLAASVAKIE) wrote:



> Hou op om op jou troon te sit en jou beuel so hard te blaas , want hoewel
> jy sê
> jy het kontakte in die NSA, het die meeste van ons eerste handse inligting
> van die land, ons kuier heel gereëld daar.
>
> JHV

Hear hear!
I am envious of you.

-Ath

(There is not a shred of evidence that life is worth taken seriously.)
Re: dit is beter in amerika. [boodskap #8950 is 'n antwoord op boodskap #8919] Ma, 31 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Koos (fe...@is.co.za) wrote:
: On 28 Mar 97 02:01:36 GMT, "Deon" wrote:

: ashoop.>>

: Ag ou Swanie, dis baie beter vandat jy weg is, hoor.

10 uit 10 plus een vir netheid Koos!

Dries
Re: dit is beter in amerika. [boodskap #8951 is 'n antwoord op boodskap #8919] Ma, 31 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 30 Mar 1997 23:32:51 GMT, kni...@iafrica.com (Ath) wrote:

I am envious of you. >>>[/color]

But then you are probably envious of most you come in contact with,
heh?
Re: dit is beter in amerika. [boodskap #8952 is 'n antwoord op boodskap #8919] Ma, 31 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 30 Mar 1997 23:07:28 GMT, klaas...@aol.com (KLAASVAKIE) wrote:

gebeur het, nou is dit self erger in die nuwe Gouteng, selfs al sluit jy[/color]
> jou kar jy is nog steeds nie vuilig nie.>>

Ek woon in Johannesburg vandag en reken jy vererger heelwat hier.
Net soos in Miami, hang dit onder meer af van waar jy wanneer ry.

>>

NSA word baie, baie kere smalend gebruik. Die "nuwe" dui dan aan iets
soos SA wat deur "hulle" geregeer word.
Die "nuwe" menende na demokrasie en dus na die einde van apartheid.

nie, maar oor jou vel kleur. Soos ons almal nou al weet baie mense met[/color]
> die nodige kwalifikasies en ondervinding het hulle werk verloor omdat
> hulle velkleur ongelukkig nie reg was nie. En dit noem ons demokrasie nè!>>>

Dit gaan oor jou vermoens behalwe waar regstellende aksie plaasvind
wat hoofsaaklik in die staatsdiens plaasvind.
Dis nou behalwe in plekke waar sekere bevolkingsgroepe nog maar al die
jare hul eie bevoordeel het in die private sektor.
Ek kan jou egter verseker dat goeie advokate en dokters byvoorbeeld
steeds die beste werk kry in die private sektor waar die meeste geld
en loshande die grootste ekonomie is, maak nie saak wat hulle
velkleure is nie.
Regstellende aksie gebeur en is inherent onregverdig as 'n mens nie 'n
"long view" vat nie. Maar dis 'n ander argument wat al verskeie kere
heen en weer gehop het.
Maar om te se werk oral in SA gaan oor velkleur is om nie die waarheid
te praat nie.
En dit is n demokrasie ja.
Demokrasie het te doen met die verkiesing van die regering op al sy
vlakke.
Net soos die feit dat byvoorbeeld Joodse prokureursfirma's eintlik net
Jode aanstel (of Afrikaanse firma's Afrikaners) ook nie veel te doen
het met demokrasie nie.
Regstellende aksie kom natuurlik van jou geliefde VSA wat ook 'n
demokrasie is.

jy sê[/color]
> jy het kontakte in die NSA, het die meeste van ons eerste handse inligting
> van die land, ons kuier heel gereëld daar.>>

Wel, ek stem omtrent met alles saam wat Gloudina gese het oor SA en ek
woon en werk in SA.

Wat maak jy daarvan?
Re: dit is beter in amerika. [boodskap #8961 is 'n antwoord op boodskap #8919] Di, 01 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ath  is tans af-lyn  Ath
Boodskappe: 5
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Junior Lid
On Mon, 31 Mar 1997 20:30:47 GMT, fe...@is.co.za (Koos) wrote:

> But then you are probably envious of most you come in contact with,
> heh?

Hehehehe, well, I'm certainly not envious of you

-Ath

(There is not a shred of evidence that life is worth taken seriously.)
Re: dit is beter in amerika. [boodskap #8962 is 'n antwoord op boodskap #8919] Di, 01 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
kni...@iafrica.com (Ath) writes:

> (There is not a shred of evidence that life is worth taken seriously.)

Ath, do me a favour and change this annoying piece of shit that goes with all your
letters. I dont know if it is supposed to be funny or clever or what, but I find it
quite silly. Take it with you when you go to America as soon as possible. Please.

Thank you.
Regards
Re: dit is beter in amerika. [boodskap #8967 is 'n antwoord op boodskap #8919] Wo, 02 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ath  is tans af-lyn  Ath
Boodskappe: 5
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Junior Lid
On 1 Apr 97 16:22:36 GMT, gal...@ibm.net muttered about:

> kni...@iafrica.com (Ath) writes:
>
>> (There is not a shred of evidence that life is worth taken seriously.)
>
> Ath, do me a favour and change this annoying piece of shit that goes with all your
> letters. I dont know if it is supposed to be funny or clever or what, but I find it
> quite silly. Take it with you when you go to America as soon as possible. Please.
>
> Thank you.
> Regards
>
>

Does it look like I care what you think? I can sig whatever I want.
And if you don't want to see anything, add me to your killfile or
something. I really don't mind ; )

-Ath
(Left my sig off just this once...just for you)
Re: dit is beter in amerika. [boodskap #8968 is 'n antwoord op boodskap #8919] Wo, 02 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
eva...@unlinfo.unl.edu (ena vanzyl) writes

DSwan...@southland.net says...

>> ek is nou twee jaar hier en kan nie blyer wees nie.
>> die nuwe SA is n f-kken ashoop.

> Deon, is dit werklik nodig om 'n vloekwoord
te gebruik, ek is seker ons almal sal verstaan
sonder die woord daarin.

> Gloudina, ek sien jou punt, maar moet ook
van jou verskil. >Ek het 2 jaar gelede VSA
toe gekom om hier te studeer omdat die
> standaaarde in SA te ver gedaal het om aan
my persoonlike standaarde >te voldoen.
Verder is finansiering in SA bitter skaars vir die
veld >waarin ek is alhoewel dit een van die
mees dinamiese wetenskapsvelde >is nl; Genetika.
EK is dus "misbaar" in SA omdat my navorsing
nie daar >belangrik is nie. Ek verstaan dat daar
ander dinge is wat tans meer >dringend geld
nodig het, dit is egter verkeerd om te veralgemeen.
>Ek vind die VSA wonderlik omdat ek hier saam met
anderskleuriges kan >werk sonder die klad van
apartheid wat nog diep wonde in mense se >siele brand
in SA. Hier is wel apartheid in die VSA, ongelukkig
vind jy dit orals in die wereld. Die voordeel vd VSA
is dat jy hier erken >word vir jou harde werk,
onafhanklik van my herkoms, kleur of geslag
>kan ek my navorsing doen en herken word daarvoor.
'n Verdere bonus is >dat daar talle dele is waar dit so
veilig is dat ons nie ons huise, of >karre hoef te sluit nie.
Ek dink nie daar is so 'n deel in SA oor nie.
>Alhoewel ek tans enkel is, weet ek ook dat kinders
in die VSA 'n goeie >opleiding sal kan kry in die veld
van hulle keuse. Ek het wonderlike >vriende hier gemaak
en begin meer en meer trots word op die vlag van >my
nuwe land. Ek verlang na SA en my mense, maar weet
ook dat dit >moontlik is om gelukkig te wees in 'n nuwe
land en weet ook dat ek >baie beter af is as wat ek SA was.
>
>Ongelukkig is daar nie baie jong mense wat die plek
sal kan vul van al >die professionele mense wat tans die
land verlaat nie. Die standaard >van tersiere opleiding
gaan erg agteruit en dit is 'n stryd vir my oud
>professors om die reeds verlaagde standaarde te behou.
>
>Groetnis uit Nebraska
>
>Ena van Zyl

Baie dankie dat jy ook begin saampraat. (Uit Lincoln?
Ek kan glo dat julle daar nog julle deure kan ooplos!)
Mens moet egter ook wat jy skryf in perspektief sien.
Die VSA, met ver oor 200 miljoen mense, kan nie verge-
lyk word met klein bevolkings soos Kanada en SA nie.
Die groot vorteks wat die VSA is, benodig mense om daar
te kom werk, en as gevolg daarvan stroom mense uit alle
dele van die wereld daarnatoe. Mense het SA verlaat om
na die VSA te kom, lank voor die sg. Nuwe SA gebore is.
Mense gaan daagliks uit Kanada na die VSA. Daar is net
meer werk omdat die bevolking groter is. En omdat klein
landjies nie sulke groot projekte kan bekostig nie. Ek sou
egter nooit Kanada as ashoop bestempel nie. Dankie dat
jy Deon betig het.
Jy sê dat jy "erken word vir jou harde werk, ongeag
van.. herkoms, kleur of geslag." Ek is bly jy voel so. Daar
is baie mense in die VSA wat nie met jou saamstem nie.
Veral as hulle velkleur nie wit is nie.
Jy sê dat die standaarde in die NSA baie gedaal het in
tersiere inrigtings. Ek kan natuurlik nie soiets beoordeel
nie. Ons is egter in kontak met mense aan sommige SA
universiteite. En dit verstom ons nog hoe baie professore
kan rondreis in die buiteland vir konferensies en navorsing.
Ek was ook die ander dag so verbaas om uit te vind dat by
een SA Universiteit elkeen wat publiseer (natuurlik in 'n
goedgekeurde tydskrif) 'n bonus kry van R4000. Soiets
gebeur net nie in Kanada nie. (En hierdie bonus is nie net
vir wetenskaplike "papers" nie. Vir enigiets, solank dit in
'n goedgekeurde tydskrif is.)
Jy sê jy weet dat "kinders in die VSA 'n goeie oplei-
ding in die veld van hulle keuse" sal kry. Ek dink jy is bietjie
naief hier. Miskien in Nebraska, miskien as jy wit is. Maar as
jy byvoorbeeld in Philadelphia bly, soos een van my vriendinne,
dan is die keuse tussen hoëerskole wat so sleg is dat hulle nie
hulle kinders daarheen wil stuur nie, en duur privaatskole.
As jy in die "verkeerde" deel van Los Angeles bly, daar waar
Blikkies bly, dan moet jy nog ook koes vir die koeëls van
die bendes wat die strate regeer. So, ek herhaal weer. Daar
is nie so 'n plek soos 'n romantiese heerlike "Amerika" nie.
Daar is dele hier en daar wat goed is om in te bly, veral as
jy wit en goed geskool en verkieslik met geld in jou sak is.
Maar daar is ook dele wat tragieser is as die NSA, gewoonlik
bewoon met swart mense, waar dinge seker nooit teveel sal
verander nie, omdat hulle nooit kan hoop om genoeg swart-
mense in die regering te kry sodat hulle beurt 'n slag kan kom
nie. So, as jy kyk na die "Stars en Stripes" en jy word so
trots op jou nuwe land, vra jou dan net af: Hoekom is daar
so baie wit gesigte in die regeringsbanke van die VSA? En
hoekom is soveel van hulle mans? Ek vra dit gereeld hier in
Kanada. En dan voel ek diep skuldig.

Gloudina Bouwer
Re: dit is beter in amerika. [boodskap #8969 is 'n antwoord op boodskap #8919] Wo, 02 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 02 Apr 1997 03:20:19 GMT, kni...@iafrica.com (Ath) wrote:
>

Seems like it.
You answered.
Re: dit is beter in amerika. [boodskap #8970 is 'n antwoord op boodskap #8919] Wo, 02 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina Bouwer wrote in article
...

> Baie dankie dat jy ook begin saampraat. (Uit Lincoln?
> Ek kan glo dat julle daar nog julle deure kan ooplos!)

Is so 'n plek nie wonderlik nie. Daar is so 'n paar plekkies in ons
land wat nog so is, maar mens moet die name liewers nie noem nie.

> Mens moet egter ook wat jy skryf in perspektief sien.
> Die VSA, met ver oor 200 miljoen mense, kan nie verge-
> lyk word met klein bevolkings soos Kanada en SA nie.
> Die groot vorteks wat die VSA is, benodig mense om daar
> te kom werk, en as gevolg daarvan stroom mense uit alle
> dele van die wereld daarnatoe. Mense het SA verlaat om
> na die VSA te kom, lank voor die sg. Nuwe SA gebore is.
> Mense gaan daagliks uit Kanada na die VSA. Daar is net
> meer werk omdat die bevolking groter is. En omdat klein
> landjies nie sulke groot projekte kan bekostig nie. Ek sou
> egter nooit Kanada as ashoop bestempel nie. Dankie dat
> jy Deon betig het.

Gloudina, ek wil van jou verskil. Dit is nie die getal mense in 'n
land wat bepaal hoeveel werk daar vir almal is nie, maar hoe die
mense in 'n land dink. Ek kan aan 'n paar lande dink wat nie veel
groter as Kanada is nie, maar waarin dit beter gaan. Dis nie die
grootte van 'n projek wat saak maak nie, maar die grootsheid daarvan.
Die grootsheid is niks anders nie as om 'n buitengewone verskil te
maak in terme van die projek se bodem (konteks).

Dit is nie net voortreflike werksoekers wat VSA toe gaan nie. Veel
meer mense gaan soontoe wat in hulle eie land nie 'n bestaan kan maak
- die sogenaamde onwettige immigrante. In die opsig sit die VSA en
die NSA in dieselfde bootjie. Die VSA word oorstroom vanuit die
lande verder suid en die NSA word oorstroom vanuit lande verder
noord. Dit behoort ons diep onder die indruk te bring dat 'n land
nie alleen na sy eie welsyn moet omsien nie, maar ook die wat naby
hom is.

> Jy sê dat jy "erken word vir jou harde werk, ongeag
> van.. herkoms, kleur of geslag." Ek is bly jy voel so. Daar
> is baie mense in die VSA wat nie met jou saamstem nie.
> Veral as hulle velkleur nie wit is nie.

Ek wil weer met jou verskil. Dit is nie 'n mens se velkleur wat maak
hoe jy optree nie. Dit is primer 'n mens se geestelike
ingesteldheid. As ons positief ingestel is soos Ena van Zyl, sal
velkleur nie vir ons saak maak nie. Maar as ons negatied ingestel is,
sal ons selfs velkleur aangryp om die gevolge van ons negatiewe
ingesteldheid te probeer regverdig.

Dit is 'n feit soos 'n koei - as 'n mens negatief ingestel is, kan
die mens nie vooruit boer nie. Wat 'n mens dus moet probeer doen, is
om vas te stel in watter opsigte jy negatief is en hoe jy daarvan kan
ontslae raak. Die een ding wat 'n mens beslis nooit moet probeer
doen nie, is om die negatiewe ingesteldheid te probeer regverdig. Dit
blus nie die negatiwiteit nie, maar wakker dit net verder aan.

> Jy sê dat die standaarde in die NSA baie gedaal het in
> tersiere inrigtings. Ek kan natuurlik nie soiets beoordeel
> nie. Ons is egter in kontak met mense aan sommige SA
> universiteite. En dit verstom ons nog hoe baie professore
> kan rondreis in die buiteland vir konferensies en navorsing.
> Ek was ook die ander dag so verbaas om uit te vind dat by
> een SA Universiteit elkeen wat publiseer (natuurlik in 'n
> goedgekeurde tydskrif) 'n bonus kry van R4000. Soiets
> gebeur net nie in Kanada nie. (En hierdie bonus is nie net
> vir wetenskaplike "papers" nie. Vir enigiets, solank dit in
> 'n goedgekeurde tydskrif is.)

Die spreuk se dat een swaeltjie nie die somer maak nie. Daarmee word
bedoel dat 'n mens ewewigtig die geheel moet beoordeel. Baie
professore, veral die wat deur hulle navoring so baie kan rondreis,
bemoei hulle nie met die onderrig van voorgraadse studente nie, veral
nie eerstejaars nie. Sou hulle dit doen, sou hulle veel minder tyd
vir navorsing he. Ek dink dat as 'n mens wil weet hoe dit met 'n land
se onderwys gaan, moet jy na die 'eerstejaars' van die laerskool, die
'eerstejaars' van die ho"erskool en die 'eerstejaars' van die
universitiete en technikons kyk. Kyk na die breuk van hulle wat
persoonlike aandag hulle kry. Kyk na die breuk van hulle wat na wense
vorder.

> Jy sê jy weet dat "kinders in die VSA 'n goeie oplei-
> ding in die veld van hulle keuse" sal kry. Ek dink jy is bietjie
> naief hier. Miskien in Nebraska, miskien as jy wit is.

Waarom merk jy op dat dit veral witmense is wat beter opleiding kry?
Jou waarneming is beslis waar, maar nie volledig nie. Daar is mense
wat voortreflike onderwys hoog op prys stel vanwee hulle geestelike
ingesteldheid. Sulke mense moet nie kwalik geneem word vir hierdie
ingesteldheid nie, maar moet geprys en nagevolg word. 'n Mens moet
veral probeer vasstel waarom voortreflike onderwys so belangrik vir
hulle is.

Onder hierdie mense word alle moontlike velkleure gevind. Die met 'n
witvel vorm die grootste breuk onder hulle. Dit is sekerlik
belangrik om te weet waarom hulle die grootste breuk vorm en die met
ander velkleure kleiner breuke. So kan 'n mens die slaggate vermy
wat 'n onderwys mettertyd tot stilstand dwing.

> Maar as
> jy byvoorbeeld in Philadelphia bly, soos een van my vriendinne,
> dan is die keuse tussen hoëerskole wat so sleg is dat hulle nie
> hulle kinders daarheen wil stuur nie, en duur privaatskole.
> As jy in die "verkeerde" deel van Los Angeles bly, daar waar
> Blikkies bly, dan moet jy nog ook koes vir die koeëls van
> die bendes wat die strate regeer. So, ek herhaal weer. Daar
> is nie so 'n plek soos 'n romantiese heerlike "Amerika" nie.

Daar is nerens in die wereld so 'n plek waar daar mense is nie. Dit
is omdat alle probleme mensgemaak is.

> Daar is dele hier en daar wat goed is om in te bly, veral as
> jy wit en goed geskool en verkieslik met geld in jou sak is.
> Maar daar is ook dele wat tragieser is as die NSA, gewoonlik
> bewoon met swart mense, waar dinge seker nooit teveel sal
> verander nie, omdat hulle nooit kan hoop om genoeg swart-
> mense in die regering te kry sodat hulle beurt 'n slag kan kom
> nie.

Nee Gloudina, dit is net nie waar dat as jy genoeg van jou rassegroep
in die regering kry, dinge beter sal gaan nie. Dink maar aan die
gesuiwerde regering van Duitsland in die jare dertig. Dink maar aan
die gesuiwerde regrings van Afrika in die jare sestig.
Dis nie eers waar vir die NSA nie! Soos in die verlede is die nuwe
provinsies verantwoordelik vir primere, sekondere en 'n gedeelte van
die tersiere onderwys. Die Noodelike Provinsie (die ou Noord
Transvaal) en die Oos Kaap (Transkei, ens.) is twee van die
provinsies met die meeste inwoners, die kleinste breuk witmense,
veral in hulle prvinsiale regerings, en die laagste begrotings! Dit
gaan nie goed met skool onderwys in hierdie provinsies nie.

> So, as jy kyk na die "Stars en Stripes" en jy word so
> trots op jou nuwe land, vra jou dan net af: Hoekom is daar
> so baie wit gesigte in die regeringsbanke van die VSA? En
> hoekom is soveel van hulle mans? Ek vra dit gereeld hier in
> Kanada. En dan voel ek diep skuldig.

Daar is goeie nuus vir jou. Jy hoef nie sleg te voel nie. Dit is wat
'n regering doen of nie doen nie wat bepaal of hulle blink of dof
vaar. Dit is nie hulle samestelling volgens ras en geslag wat bepaal
hoe hulle vaar nie. Daarom, wanneer hulle gekritiseer word omdat
hulle dof vaar, is dit oor hulle dade en nie oor hulle genetiese
samestelling nie.

Best wense

At de Lange

> Gloudina Bouwer
>
Re: Dit is beter in amerika [boodskap #8983 is 'n antwoord op boodskap #8919] Do, 03 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ek kan nie help om weer die grap te vertel nie:

Gehoor wat gebeur to Koos Vannermerwe na amerika ge-immigreer het ?
Die gemiddelde IK van beide lande het onmiddelik gestyg.

Vriendelike groete.
Re: Dit is beter in amerika [boodskap #8984 is 'n antwoord op boodskap #8919] Do, 03 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
David Robberts  is tans af-lyn  David Robberts
Boodskappe: 1
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Junior Lid
gal...@ibm.net wrote:
>
> Ek kan nie help om weer die grap te vertel nie:
>
> Gehoor wat gebeur to Koos Vannermerwe na amerika ge-immigreer het ?
> Die gemiddelde IK van beide lande het onmiddelik gestyg.
>
> Vriendelike groete.

That's a great joke. You can use it anywhere just change the names of
the countries.

Baie dankie
Re: dit is beter in amerika. [boodskap #9005 is 'n antwoord op boodskap #8919] Vr, 04 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
&lt;ech...  is tans af-lyn  &lt;ech...
Boodskappe: 4
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Junior Lid
Deon wrote in article
...
> ek is nou twee jaar hier en kan nie blyer wees nie.die nuwe SA is n f-kken
> ashoop.
>
>
Bly jy moontlik in LA?
En het jy dalk laasjaar in Vegas by Klondike Motel oorgeslaap met julle se
vakansie?

Wonder net?
Klein wereld???!!!

ET
Re: dit is beter in amerika. [boodskap #9006 is 'n antwoord op boodskap #8919] Vr, 04 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 04 Apr 97 09:56:51, lo...@hotmail.s_p_a_m.com wrote:
Re: dit is beter in amerika. [boodskap #9007 is 'n antwoord op boodskap #8919] Vr, 04 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lo...  is tans af-lyn  lo...
Boodskappe: 124
Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
Senior Lid
In Article, writes:
> Path: hermes.is.co.za!not-for-mail
> From: fe...@is.co.za (Koos)
> Newsgroups: soc.culture.south-africa.afrikaans
> Subject: Re: dit is beter in amerika.
> Date: Mon, 31 Mar 1997 20:29:51 GMT
> Organization: No organisation supplied
> Lines: 57
> Message-ID:
> References:
> NNTP-Posting-Host: t040.is.co.za
> X-Newsreader: Forte Free Agent 1.1/32.230
> Xref: charon.hipsys.co.za soc.culture.south-africa.afrikaans:5784
>
> On 30 Mar 1997 23:07:28 GMT, klaas...@aol.com (KLAASVAKIE) wrote:
>
> > in die tyd wat ek in Johannesburg gewoon het, en dit was voor die NSA
>> gebeur het, nou is dit self erger in die nuwe Gouteng, selfs al sluit jy
>> jou kar jy is nog steeds nie vuilig nie.>>
>
> Ek woon in Johannesburg vandag en reken jy vererger heelwat hier.
> Net soos in Miami, hang dit onder meer af van waar jy wanneer ry.
>
> >>
>
> NSA word baie, baie kere smalend gebruik. Die "nuwe" dui dan aan iets
> soos SA wat deur "hulle" geregeer word.
> Die "nuwe" menende na demokrasie en dus na die einde van apartheid.
>
> wees
>> nie, maar oor jou vel kleur. Soos ons almal nou al weet baie mense met
>> die nodige kwalifikasies en ondervinding het hulle werk verloor omdat
>> hulle velkleur ongelukkig nie reg was nie. En dit noem ons demokrasie nè!>>>
>
> Dit gaan oor jou vermoens behalwe waar regstellende aksie plaasvind
> wat hoofsaaklik in die staatsdiens plaasvind.
> Dis nou behalwe in plekke waar sekere bevolkingsgroepe nog maar al die
> jare hul eie bevoordeel het in die private sektor.
> Ek kan jou egter verseker dat goeie advokate en dokters byvoorbeeld
> steeds die beste werk kry in die private sektor waar die meeste geld
> en loshande die grootste ekonomie is, maak nie saak wat hulle
> velkleure is nie.
> Regstellende aksie gebeur en is inherent onregverdig as 'n mens nie 'n
> "long view" vat nie. Maar dis 'n ander argument wat al verskeie kere
> heen en weer gehop het.
> Maar om te se werk oral in SA gaan oor velkleur is om nie die waarheid
> te praat nie.
> En dit is n demokrasie ja.
> Demokrasie het te doen met die verkiesing van die regering op al sy
> vlakke.
> Net soos die feit dat byvoorbeeld Joodse prokureursfirma's eintlik net
> Jode aanstel (of Afrikaanse firma's Afrikaners) ook nie veel te doen
> het met demokrasie nie.

.. en dit is in terme van die konstitusie onwettig. As dit nou 'n Xhosa firma
was wat net swart mense aanstel, is dit in terme van die konstitusie nie
onwettig nie. Net so vir enige ander organisasie. Demokrasie. Gelyke regte.
Gmmpff! (He He - wou dit nog altyd sê :D )
Re: dit is beter in amerika. [boodskap #9008 is 'n antwoord op boodskap #8919] Vr, 04 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lo...  is tans af-lyn  lo...
Boodskappe: 124
Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
Senior Lid
In Article, writes:
> Jy het nie die nodige "skills" gehad wat vir
> jou onmisbaar in die nuwe land gemaak het nie. Hulle het jou
> maar laat gaan. Daar is ander wat jou plek kan vul. Ander wat
> nie gedurig daarop staan dat, omdat hy 'n wit vel het, sekere
> dinge hom natuurlikerwyse toekom nie.
>
> Gloudina Bouwer
>
>

Die mense wat waai is die met die skills wat hulle gesog in die nuwe lande
maak. Daar is nie ander om huidiglik hulle plekke te vul nie. As 'n ou waai as
gevolg van AA kan jy hom kwalik neem? Die ouditeur generaal het in 'n onlangse
verslag aan parlement die oorspandering in die staatsdiens aan die verlies aan
bestuurders met ondervinding toegeskryf. Raai wie waai eerste as 'n maatskappy
(of staats organisasie) pakette aanbied. Dis reg die ouens wat maklik weer
werk sal kry (Hier of in Australie, VSA, Kanada). Die ou hout bly. DIs nou ons
:)
Re: dit is beter in amerika. [boodskap #9032 is 'n antwoord op boodskap #8919] Ma, 07 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 7 Apr 1997 01:14:40 GMT, klaas...@aol.com (KLAASVAKIE) wrote:

>>

Selfde vir my in Jhb.
(Vriende van my was in Des in Miami. Hulle vertel hoe die hotel-mense
hulle oor en oor gewaarsku het om nie buite die hotel rond te loop
nie.)

>>[/color]

Huh?!
SA was in die afgelope dekades goed vergelyk met die VSA?!
(Soweto, Alexandra, Dimbaza, KwaZulu, elke lokasie agter die bult van
die wit dorp, die skreuende armoede en ongeletterdheid op die
platteland....)

Get real.
Dit was nooit. Ten minste nie deur die wat tot buite die shopping mall
kon sie nie waar die wagte senuagtig rondgestaan het en mens gewonder
waar die volgende bom gaan afgaan.

>[/color]

Kom ons wag maar ek kyk.

Dink jy nie die land was dalk, miskien net 'n bietjie ten gronde
geregeer in die 30 jaar VOOR 1994 nie?
Het jy al ooit gevra wat met die rykdom in die begin jare 80 gedoen
was toe 'n mens $1,20 vir 'n Rand gekry het?
PW het dit weggeskiet in oorloe wat ons buurlande vernietig het.
Was jy dalk in die jare 70 en 80 in enige gegewe township aan die
Rand?
As jy was, het jy die toestande toe daar gesien?
Ek was by geleentheid daar en dit was reeds die agterste van
sukkelende lande met infrastrukture wat lank reeds in duie gestort
het.
Vosloorust: gebou vir iets soos 20 000 mense het in die middel jare 80
iets soos 500 000 mense gehuisves.
Die riolering was aan flarde.
Strome rioolwater het deurentyd klein riviertjies in die paaie af
gevorm waar kinders gespeel het.

Dis was al onder die vorige regering.

agter wat in die res van die wêreld gebeur, >>>[/color]

So dit lyk my jy se ou John Vorster moes destyds regstellende aksie
toegepas het?
Hy het, weet jy?
SA het van 1910 al regstellende aksie toegepas.
Jy was moontlik 'n produk daarvan!

hoë belasting natuurlik. >>>[/color]

'n Dokter sit in 'n spreekkamer. Mense kom na hom toe. As hy goed is,
stroom hulle. As hy sleg is, bly hulle weg. Waar is die regstellende
aksie?
Advokate kry opdragte as hulle goed is.

dokters in die land. >>>[/color]

1. Om ryker te wees en lekkerder te leef.
2. Se jy die dokters in SA is onkundig? (He,he,...)

en jou inligting aan Gloudina moet die ware toedrag van sake bevat. Die[/color]
> meeste mense wat hier skryf en my familie vertel my hoe agteruit SA gaan ,
> skole, roof en moord, mense word nie meer ge-arresteer nie of word dadelik
> weer vry gelaat, jy stop nie meer by 'n rooi lig nie want dis te
> gevaarlik, kos is onbetaalbaar ens.
>
> Dit is wat ek daarvan maak. In daardie opsig is dit baie beter hier in
> die VSA.
> Tog jammer dat Gloudina nie self haar skrywe kan verdedig nie.>>>

So jy reken ek moet nou ophou om hier in SA te sit en te se wat ek
sien en ervaar en begin om vir jou in die VSA te vra hoe dit hier om
my lyk.

Gaan speel op die spoorlyne, sussie.
Of eerder, gaan jog in die aand in Miami se donker deel.
Re: dit is beter in amerika. [boodskap #9033 is 'n antwoord op boodskap #8919] Ma, 07 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
KLAASVAKIE  is tans af-lyn  KLAASVAKIE
Boodskappe: 53
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Volle Lid
Ferdi/Koos skryf:

>> "Ek woon in Johannesburg vandag en reken jy vererger heelwat hier.
Net soos in Miami, hang dit onder meer af van waar jy wanneer ry."> "NSA word baie, baie kere smalend gebruik. Die "nuwe" dui dan aan iets[/color]
soos SA wat deur "hulle" geregeer word.
Die "nuwe" menende na demokrasie en dus na die einde van apartheid" "Wel, ek stem omtrent met alles saam wat Gloudina gese het oor SA en ek[/color]
woon en werk in SA.

Wat maak jy daarvan?"<
--------------------------------
Koos ek dink dit is tyd dat jy jou oogklappe en rooskleurige bril afhaal,
en jou inligting aan Gloudina moet die ware toedrag van sake bevat. Die
meeste mense wat hier skryf en my familie vertel my hoe agteruit SA gaan ,
skole, roof en moord, mense word nie meer ge-arresteer nie of word dadelik
weer vry gelaat, jy stop nie meer by 'n rooi lig nie want dis te
gevaarlik, kos is onbetaalbaar ens.

Dit is wat ek daarvan maak. In daardie opsig is dit baie beter hier in
die VSA.
Tog jammer dat Gloudina nie self haar skrywe kan verdedig nie.

JHV
Re: dit is beter in amerika. [boodskap #9034 is 'n antwoord op boodskap #8919] Ma, 07 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
klaas...@aol.com says...

Klaasvakie,
Ek weet nie watter soort van agenda jy het nie. Maar
as jy ORAL in Miami rondry sonder om senuweeagtig
te wees, dan lieg jy nie net nie, maar jy sal volgens die
deursnee streetwise inwoner van Miami as baie stupid
beskou word. Jy woon in 'n plek waarteen die Duitse
regering hulle menseën paar jaar gelede gewaarsku het.
Ek neem aan jy bly in 'n klein wit enklave in Miami.
Ek dink jy moet ook ophou praat van watter kwaliteit
lewe daar was in die sogenaamde ou Suid-Afrika. Daar
was grootskaalse nepotisme. Baie mense het nie watse
kwalifikasies gehad nie, maar tog in die top jobs gesit
omdat hulle konneksies gehad het met die Afrikaner-
kliek wat aan bewind was. Nou is daardie dae verby,
en nou gaan jy na die VSA en probeer nou vir jouself
oortuig dat dit hemel op aarde is. Jy mag miskien vir
mense die rad voor die oë draai wat nie van beter weet
nie. Maar onthou, ek sit op hierdie kontinent en ek weet
ook 'n ding of twee. En ek dink jy is net jaloers dat jou
regse witvellige verwante nie meer in Suid-Afrika aan
bewind is nie. Jy voel verneder. Jy het altyd gedink jou
Afrikaanse wit vel gee jou 'n status wat onaanvegbaar
is. En toe vind jy jou fout uit. Nou is jy "sore." Hoekom
hou jy nou nie maar op om Afrikaans te praat, Suid-
Afrika as jou land van herkoms te vergeet, en identifiseer
jou met die wonderlikhede van Amerika nie. Dis nog
vreeslik maklik om dit te doen as jy jou oë styf toeknyp
vir al die ellende om jou wat ook deel van Amerika is.
Terloops, is dit nie in Miami waar hulle kort gelede 'n
hospitaal se lisensie moes wegneem omdat dit keer op
keer die verkeerde operasies op die verkeerde pasiente
uitgevoer het nie?

Gloudina Bouwer
Re: dit is beter in amerika. [boodskap #9046 is 'n antwoord op boodskap #8919] Di, 08 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 08 Apr 1997 14:36:48 +0200, Waldo van Hoving
wrote:

raadgewende ingenieursfirma evalueer en 10% van die evaluasie was oor[/color]
> hulle AA program wat niks met hulle werk uit te waai het nie! >>>

10 % is waarskynlik wat ons moet aanvaar as gegewe van on styd. Reg of
verkeerd.
Dit sal interresant wees om te hoor of die ingenieurs die job gekry
het en of hulle tien jaar gelede die job sou gekry het - as private
ingenieurs.
Met ander woorde wat ek sal wil weet, is of 'n semi
staatsdiens/monopolie of wat ookal soos Eskom deesdae werk in die
private sektor begin genereer wat nie in die verlede die geval was
nie.
(Ek weet absoluut niks van Eskom se werkwyse nou of in die verlede
nie.)
Re: dit is beter in amerika. [boodskap #9047 is 'n antwoord op boodskap #8919] Di, 08 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waldo van Hoving  is tans af-lyn  Waldo van Hoving
Boodskappe: 9
Geregistreer: September 1996
Karma: 0
Junior Lid
Koos wrote:
>
> On Fri, 04 Apr 97 09:56:51, lo...@hotmail.s_p_a_m.com wrote:
>
[color=blue]>
Re: dit is beter in amerika. [boodskap #9048 is 'n antwoord op boodskap #8919] Di, 08 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waldo van Hoving  is tans af-lyn  Waldo van Hoving
Boodskappe: 9
Geregistreer: September 1996
Karma: 0
Junior Lid
KLAASVAKIE wrote:
> En ten tweede beteken dit vir my omgekeerde
> apartheid, daar bestaan nie so iets soos demokrasie in SA nie, en ek
> twyfel of daar ooit ware demokrasie sal wees, siende dat daar te veel
> verskillende Nasies en Kulture in SA is, dit is nie net 'n kwesie van wit
> en swart nie.
> ----------------------

Iets oor die omgekeerde apartheid hier in die nuwe SA: My vrou werk as
arbeidsterapeut by die plaaslike hospitaal. Die provinsiale regering
het besluit dat alle blankes se meriete bonusse vir die afgelope jaar se
werk afgekeur word en alle swartes se meriete bonusse goedgekeur word.
Dis net 'n bewys van omgekeerde diskriminasie vir die wat se daar is nie
so iets nie!

--
Geniet die dag!
Waldo van Hoving
vHo...@WTKNIS21.ESKOM.CO.ZA
0135-933570
0135-932473 (faks)
Re: dit is beter in amerika. [boodskap #9058 is 'n antwoord op boodskap #8919] Wo, 09 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waldo van Hoving  is tans af-lyn  Waldo van Hoving
Boodskappe: 9
Geregistreer: September 1996
Karma: 0
Junior Lid
Koos wrote:
>
> On Tue, 08 Apr 1997 14:36:48 +0200, Waldo van Hoving
> wrote:
>
> > raadgewende ingenieursfirma evalueer en 10% van die evaluasie was oor
>> hulle AA program wat niks met hulle werk uit te waai het nie! >>>
>
> 10 % is waarskynlik wat ons moet aanvaar as gegewe van on styd. Reg of
> verkeerd.
> Dit sal interresant wees om te hoor of die ingenieurs die job gekry
> het en of hulle tien jaar gelede die job sou gekry het - as private
> ingenieurs.
> Met ander woorde wat ek sal wil weet, is of 'n semi
> staatsdiens/monopolie of wat ookal soos Eskom deesdae werk in die
> private sektor begin genereer wat nie in die verlede die geval was
> nie.
> (Ek weet absoluut niks van Eskom se werkwyse nou of in die verlede
> nie.)

A.g.v die braindrain uit Eskom en sy beleid om nie sy aantal werknemers
te vermeerder nie word al hoe meer werk uit gekrontrakteer. 'n
beduidende persentasie van die werk word gegee aan Swart maatskappye en
die res aan Wit maatskappye met 'n sekere "kleur" persentasie in hulle
organisasies.
--

Geniet die dag!
Waldo van Hoving
vHo...@WTKNIS21.ESKOM.CO.ZA
0135-933570
0135-932473 (faks)
Re: dit is beter in amerika. [boodskap #9069 is 'n antwoord op boodskap #8919] Vr, 11 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
KLAASVAKIE  is tans af-lyn  KLAASVAKIE
Boodskappe: 53
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Volle Lid
Ferdi/Koos,

In Miami waarsku hulle toeriste van hier af oor presies dieselfde en dit
maak nie saak hoe ons hulle gerus stel, hulle glo ons nie, want ongelukkig
kan moord en doodslag nie geheim gehou word nie. Maar ek herhaal myself
weereens want dit is half moeilik om die feit aan jou oor te dra. Ek het
in Johannesburg gewoon en woon nou in Miami en voel baie veiliger
hier!!!!!!!

Miskien is jy bietjie stadiger van begrip as wat ek aanvanklik gedink het,
SA se standaarde en tegnologiese vooruitgang kon goed vergelyk word met
die VSA en as jy ver genoeg gaan soek sal jy seker ook die armoede kry
waarvan jy praat. Hier is baie mense wat 'n matriek sertifikaat(of wat
hulle dit ook al noem) het,maar in werklikheid kan hulle nie lees of
skryf nie, in SA , indien hulle skool bygewoon het was die uiteinde dat
hulle kon lees en skryf, al was hulle onderwerp aan banto onderwys. Dit
het alles afgehang van die individu, of hy skool toe gaan of eerder toi
toi. Watnou in die skole aangaan is self swakker as banto onderwys op
sekere plekke en sommige kinders word weggewys van skole, as jy my nie glo
nie gaan kuier bietjie weer in die platteland. Onderwys word gebasseer op
die VSA en onlangs wat onderwys in die VSA as van die swakste uitgewys.
Sien hoe is SA se standaard besig om te verswak, op alle gebiede nie net
in die skole nie, ongelukkig is skool egter die fondasie waarop later
voortgebou moet word.

Vir die swak leef omstandighede is dit baie maklik om ander te blameer,
soos ek al voorheen vertel het my ouma het op 'n plaas gewoon sonder enige
water , krag of riool , maar ons het nie om elke hoek en draai ons
besigheid gedoen of dit in die rivier gaan doen nie, want dit was drink
water, maar hulle het 'n put in die grond gemaak vir 'n toilet en wanneer
dit halfvol was opgevul met die volgende put se sand en dit het geen geld
gekos nie, net saam werk en bietjie hande arbeid. Hou op om ander te
blameer vir dit wat nie in jou hand gegee word nie en doen iets om jouself
uit die as op te lig. Maak nie saak watter regering aan bewind is nie.

Oor die bom in die winkel kompleks, SA is nie Ierland nie en die meeste
moord en doodslag het nie gekom van bomme nie maar die onluste en die
moorde van arme ou mense op hulle plase in die middel van die nag.

Jy en Gloudina se tyd het gaan stilstaan 30 jaar gelede, word wakker, daar
het baie dinge gebeur tussen dan en 1994, en alles was nie negatief nie,
maar dit is baie moeilik vir iemand met oogklappe aan om dit te sien.

Die bos oorlog was nodig al mag jy nie nou so dink nie, en die rand se
waarde het al in '82 begin val. Dit was R0.83 vir 'n doller toe ek die
eerste keer gaan reis het, en het baie vinnig daarna geval, maar dit het
nooit so laag gedaal as na 1994.

Ja die ingevoerde dokters in SA is 'n nul op 'n kontrak. En nee almal het
nie die land verlaat vir die redes wat jy noem nie,maar is gedwing om dit
te doen. As gevolg van verlaagde standaarde en beperkinge wat op hulle
geplaas is.

Oor jou laaste gevolgtrekking, ek het nog nooit beweer dat jy nie jou sê
mag sê nie, maar dit sal verfrissend wees as Gloudina saam kan praat,
sover gooi sy 'n klip in die bos en sit terug om te sien wat gebeur, en jy
spring eerste in om haar te verdedig, wonder maar net....:^)

JHV
------------------------------------oOo--------------------- --------------
-----------------------

>> In Miami ry ek waar ek wil en wanneer ek wil en was nog nooit
bedreig nie,>>>

Selfde vir my in Jhb.
(Vriende van my was in Des in Miami. Hulle vertel hoe die hotel-mense
hulle oor en oor gewaarsku het om nie buite die hotel rond te loop
nie.)

>>[/color]

Huh?!
SA was in die afgelope dekades goed vergelyk met die VSA?!
(Soweto, Alexandra, Dimbaza, KwaZulu, elke lokasie agter die bult van
die wit dorp, die skreuende armoede en ongeletterdheid op die
platteland....)

Get real.
Dit was nooit. Ten minste nie deur die wat tot buite die shopping mall
kon sie nie waar die wagte senuagtig rondgestaan het en mens gewonder
waar die volgende bom gaan afgaan.

>[/color]

Kom ons wag maar ek kyk.

Dink jy nie die land was dalk, miskien net 'n bietjie ten gronde
geregeer in die 30 jaar VOOR 1994 nie?
Het jy al ooit gevra wat met die rykdom in die begin jare 80 gedoen
was toe 'n mens $1,20 vir 'n Rand gekry het?
PW het dit weggeskiet in oorloe wat ons buurlande vernietig het.
Was jy dalk in die jare 70 en 80 in enige gegewe township aan die
Rand?
As jy was, het jy die toestande toe daar gesien?
Ek was by geleentheid daar en dit was reeds die agterste van
sukkelende lande met infrastrukture wat lank reeds in duie gestort
het.
Vosloorust: gebou vir iets soos 20 000 mense het in die middel jare 80
iets soos 500 000 mense gehuisves.
Die riolering was aan flarde.
Strome rioolwater het deurentyd klein riviertjies in die paaie af
gevorm waar kinders gespeel het.

Dis was al onder die vorige regering.

agter wat in die res van die wêreld gebeur, >>>[/color]

So dit lyk my jy se ou John Vorster moes destyds regstellende aksie
toegepas het?
Hy het, weet jy?
SA het van 1910 al regstellende aksie toegepas.
Jy was moontlik 'n produk daarvan!

hoë belasting natuurlik. >>>[/color]

'n Dokter sit in 'n spreekkamer. Mense kom na hom toe. As hy goed is,
stroom hulle. As hy sleg is, bly hulle weg. Waar is die regstellende
aksie?
Advokate kry opdragte as hulle goed is.

dokters in die land. >>>[/color]

1. Om ryker te wees en lekkerder te leef.
2. Se jy die dokters in SA is onkundig? (He,he,...)

en jou inligting aan Gloudina moet die ware toedrag van sake bevat. Die[/color]
> meeste mense wat hier skryf en my familie vertel my hoe agteruit SA gaan ,
> skole, roof en moord, mense word nie meer ge-arresteer nie of word dadelik
> weer vry gelaat, jy stop nie meer by 'n rooi lig nie want dis te
> gevaarlik, kos is onbetaalbaar ens.
>
> Dit is wat ek daarvan maak. In daardie opsig is dit baie beter hier in
> die VSA.
> Tog jammer dat Gloudina nie self haar skrywe kan verdedig nie.>>>

So jy reken ek moet nou ophou om hier in SA te sit en te se wat ek
sien en ervaar en begin om vir jou in die VSA te vra hoe dit hier om
my lyk.

Gaan speel op die spoorlyne, sussie.
Of eerder, gaan jog in die aand in Miami se donker deel.
Re: dit is beter in amerika. [boodskap #9106 is 'n antwoord op boodskap #8919] Sa, 19 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
KLAASVAKIE  is tans af-lyn  KLAASVAKIE
Boodskappe: 53
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Volle Lid
Gloudina,

Ek was baie verbaas om jou reaksie op my skrywe te kry, siende dat jy
altyd wag dat Ferdi/Koos moet antwoord.

Hier volg my antwoord op jou skrywe.

My  agenda is, ek sit nie heeldag voor die komper en dink aan dinge wat 30
jaar gelede gebeur het en skryf dan negatiewe dinge daar oor nie.   Ek is
in die VSA om nuwe dinge te sien en te ondervind, ek gaan dit beslis nie
doen as ek sekere plekke in Miami vermy nie.  Ek wonder nou net hoe lank
het jy in Miami gewoon?  Jy weet seker net so veel van wat aan gaan in
Miami, as wat jy weet wat in SA gebeur het die 30 jaar dat jy nie daar
gewoon het nie. Miami is baie veiliger as Johannesburg.  Ek praat uit
ondervinding en jy uit ander se monde.

Weereens bewys jy uit jou skrywe dat jy 'n ernstige rassis is.  Daar is
nêrens in Miami net 'n wit area of net 'n enige ander kleur area nie. As
jy kan bekostig om in 'n sekere area te woon is dit waar jy woon ongeag
wie of wat jy is.  Wonder in watse area woon jy?

Oor die kwaliteit in SA kan ek nie genoeg praat nie, want ek was
verwonderd hoe ons die VSA oorskadu op baie gebiede,veral elektronika en
medies.  Miskien was daar 30 jaar gelede nie so 'n hoë kwaliteit van
opleiding nie, maar as jy 'n rukkie langer aangebly het sou jy al die
goeie dinge ook waargeneem het. SA het al die vooruitgang te danke aan die
VSA wat al die sanksies ingestel het en so SA gedwing om op eie bene te
staan, en dit is presies wat hulle gedoen het.  Maar wat nou gebeur moet
ons ook voor die VSA se deur lê, aangesien alles in SA nou op die VSA
gebasseer word ongeag of die kwaliteit daar onder gaan lei, en dit lei!!

Gloudina ek is 'n Suid Afrikaner maak nie saak wie aan bewind is nie, my
wit vel het my geen voorregte gegee nie, ek moes betaal en hard leer en
werk vir alles wat ek bereik het in die lewe. Niks is aan my oorhandig net
omdat ek 'n wit vel het nie. Almal in my beroep het die selfde opleiding
gekry ongeag jou vel kleur. Dit het van jou afgehang of jy suksesvol gaan
wees, niks is weggegee nie.  En ek het al op 'n vorige geleentheid
verduidelik dat alle velkleure en tale in vrede saam gewerk het, in my
professie. Nou met die regstellings aksie wonder ek hoeveel swartmense kan
dieselfde sê.

Verder is Afrikaans my taal en sal dit altyd wees, ek het na die VSA toe
gekom voor die verkiesing, en het baie opdraande gekry oor my land en my
taal, en nooit het ek my kop in skaamte laat sak nie, want hoewel daar
dinge in SA se geskiedenis gebeur het wat ons liewer sal wil vergeet is ek
trots vir wie en wat ek is. Ek het nie my land verloën soos jy nie, so
moet my nie voorsê wat om te doen, want jy is nie 'n goeie rolmodel nie.

Wys jou net hoe min weet jy van Miami en omliggende dorpe, die hospitaal
waarvan jy praat is naby Tampa, wat aan die wes kus van Florida is, en die
hospitaal het nie toegamaak nie.  'n Mens is 'n mens en daar sal altyd
foute gemaak word. Weet jy hoe baie foute in SA gemaak is?  Ek het amper
vergeet, natuurlik weet jy nie.

JHV

  ------------------------------------------oOo--------------- --------------
---------

Klaasvakie,
   Ek weet nie watter soort van agenda jy het nie. Maar
as jy ORAL in Miami  rondry sonder om senuweeagtig
te wees, dan lieg jy nie net nie, maar jy sal volgens die
deursnee streetwise inwoner van Miami as baie stupid
beskou word. Jy woon in 'n plek waarteen die Duitse
regering hulle menseën paar jaar gelede gewaarsku het.
  Ek neem aan jy bly in 'n klein wit enklave in Miami.
  Ek dink jy moet ook ophou praat van watter kwaliteit
lewe daar was in die sogenaamde ou Suid-Afrika. Daar
was grootskaalse nepotisme. Baie mense het nie watse
kwalifikasies gehad nie, maar tog in die top jobs gesit
omdat hulle konneksies gehad het  met die Afrikaner-
kliek wat aan bewind  was. Nou is daardie dae verby,
en nou gaan jy na die VSA en probeer nou vir jouself
oortuig dat dit hemel op aarde is. Jy mag miskien vir
mense die rad voor die oë draai wat nie van beter weet
nie. Maar onthou, ek sit op hierdie kontinent en ek weet
ook 'n ding of twee. En ek dink jy is net jaloers dat jou
regse witvellige verwante nie meer in Suid-Afrika aan
bewind is nie. Jy voel verneder. Jy het altyd gedink jou
Afrikaanse wit vel gee jou 'n status wat onaanvegbaar
is. En toe vind jy jou fout uit. Nou is jy "sore." Hoekom
hou jy nou nie maar op om Afrikaans te praat,  Suid-
Afrika as jou land van herkoms te vergeet, en identifiseer
jou met die wonderlikhede van Amerika nie. Dis nog
vreeslik maklik om dit te doen as jy jou oë styf toeknyp
vir al die ellende om jou wat ook deel van Amerika  is.
Terloops, is dit nie in Miami waar hulle kort gelede 'n
hospitaal se lisensie moes wegneem omdat dit keer op
keer die verkeerde operasies op die verkeerde pasiente
uitgevoer het nie?

Gloudina Bouwer
Re: dit is beter in amerika. [boodskap #9109 is 'n antwoord op boodskap #8919] So, 20 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 19 Apr 1997 01:25:54 GMT, klaas...@aol.com (KLAASVAKIE) wrote:

medies. >>>[/color]

Wat van 'n paar voorbeelde.
Re: dit is beter in amerika. [boodskap #9121 is 'n antwoord op boodskap #8919] Ma, 21 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Teunis van Ree  is tans af-lyn  Teunis van Ree
Boodskappe: 33
Geregistreer: Junie 1996
Karma: 0
Volle Lid
KLAASVAKIE (klaas...@aol.com) wrote:
: Gloudina,

: Ek was baie verbaas om jou reaksie op my skrywe te kry, siende dat jy
: altyd wag dat Ferdi/Koos moet antwoord.

: Hier volg my antwoord op jou skrywe.

: Gloudina ek is 'n Suid Afrikaner maak nie saak wie aan bewind is nie, my
: wit vel het my geen voorregte gegee nie, ek moes betaal en hard leer en
: werk vir alles wat ek bereik het in die lewe. Niks is aan my oorhandig net
: omdat ek 'n wit vel het nie. Almal in my beroep het die selfde opleiding
: gekry ongeag jou vel kleur. Dit het van jou afgehang of jy suksesvol gaan
: wees, niks is weggegee nie. En ek het al op 'n vorige geleentheid
: verduidelik dat alle velkleure en tale in vrede saam gewerk het, in my
: professie. Nou met die regstellings aksie wonder ek hoeveel swartmense kan
: dieselfde sê.

Hoor hoor!

Gloudina het gesê:

: Klaasvakie,

[knip]

: Ek dink jy moet ook ophou praat van watter kwaliteit
: lewe daar was in die sogenaamde ou Suid-Afrika. Daar
: was grootskaalse nepotisme. Baie mense het nie watse
: kwalifikasies gehad nie, maar tog in die top jobs gesit
: omdat hulle konneksies gehad het met die Afrikaner-
: kliek wat aan bewind was.

Dis nou erger as ooit ou sussie, met die swart kliek wat aan bewind is.

: Nou is daardie dae verby,

Wat jy waar kry, hmmm?
Kom na SA, maak oop jou oe" en word wys!

[knip]

: En ek dink jy is net jaloers dat jou
: regse witvellige verwante nie meer in Suid-Afrika aan
: bewind is nie. Jy voel verneder. Jy het altyd gedink jou
: Afrikaanse wit vel gee jou 'n status wat onaanvegbaar
: is. En toe vind jy jou fout uit.

Nou gee 'n swart (ja dit moet suiwer African swart wees...) vel aan 'n mens
in SA 'n bykans onaanvegbare status...

Hoe meer dinge verander....

Groetnis
Re: dit is beter in amerika. [boodskap #9122 is 'n antwoord op boodskap #8919] Ma, 21 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 21 Apr 1997 09:53:35 GMT, Jules wrote:

Christiaan Barnard die wereld se eerste Hartoorplanting gedoen het.Dit[/color]
> is weereens onder my aandag gebring toe ek hier in Nieu Zeeland in n kinder
> boekie oor gesondheid en mediese ontdekkings sy naam gelees het saam met
> Vesalius Pasteur Jenner ens.>>>

Daar word steeds hartoorplantings hier gedoen.

Barnard was die eerste. In die VSA en elders was daar egter 'n aantal
dokters wat dit dieselfde tyd gedoen het.

Die een voorbeeld uit die vroee jare 60 sou ek nie juis noem 'n
aanduiding van hoe SA die VSA oorskadu het "op baie gebiede,veral
elektronika en medies" voor die ANC die regering geword het nie.

By the way: Twee VIGS-deurbrake was in die afgelope paar maande in SA
gerapporteer.

Gehoor daarvan?

(Maar dalk tel dit nie want dit kom uit die NSA.)
Re: dit is beter in amerika. [boodskap #9123 is 'n antwoord op boodskap #8919] Ma, 21 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 21 Apr 1997 16:38:49 GMT, van...@ilink.nis.za (Teunis vanRee)
wrote:
Re: dit is beter in amerika. [boodskap #9144 is 'n antwoord op boodskap #8919] Di, 22 April 1997 00:00 Na vorige boodskap
KLAASVAKIE  is tans af-lyn  KLAASVAKIE
Boodskappe: 53
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Volle Lid
Ferdi/Koos skryf:

>> "Daar word steeds hartoorplantings hier gedoen.

Barnard was die eerste. In die VSA en elders was daar egter 'n aantal
dokters wat dit dieselfde tyd gedoen het.

Die een voorbeeld uit die vroee jare 60 sou ek nie juis noem 'n
aanduiding van hoe SA die VSA oorskadu het "op baie gebiede,veral
elektronika en medies" voor die ANC die regering geword het nie.

By the way: Twee VIGS-deurbrake was in die afgelope paar maande in SA
gerapporteer.

Gehoor daarvan?

(Maar dalk tel dit nie want dit kom uit die NSA.)"
Re: dit is beter in amerika. [boodskap #9145 is 'n antwoord op boodskap #8919] Di, 22 April 1997 00:00 Na vorige boodskap
Blikkies  is tans af-lyn  Blikkies
Boodskappe: 13
Geregistreer: Februarie 1997
Karma: 0
Junior Lid
Ag ou Klaasvakie,
Jy mors jou tyd om met Gloudina te probeer praat!
Ek het al talle male probeer, maar nee!
Lyk asof sy, wanneer sy haar met haar oggend tee voor die blikbrein
neerplak, sommer lag- lag almal aanval, en van almal rassiste maak. Moet
wonnerlik wees om soveel tyd te he, miesies!
Deon Blignaut
Always question! Never simply accept and follow!
Vorige onderwerp: postmodernisme
Volgende onderwerp: Re: Jopie Adam tema liedjie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 10:17:44 MGT 2024