Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » postmodernisme
postmodernisme [boodskap #9070] Vr, 11 April 1997 00:00 na volgende boodskap
kakkies[2]  is tans af-lyn  kakkies[2]
Boodskappe: 3
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Junior Lid
Hoe kom die postmodernisme in Afrikaans en die groter Suid-Afrika tot
uiting?

Koos Kakkies
Re: postmodernisme [boodskap #9072 is 'n antwoord op boodskap #9070] Sa, 12 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article , kak...@geocities.com
says...
>
> Hoe kom die postmodernisme in Afrikaans en die groter Suid-Afrika tot
> uiting?

Ek sou sê, vireers, in jou naam.
Maar vertel ons nou wat jy daarvan dink, daarvan weet.
Ek, vir een, stel belang.

Gloudina
Re: postmodernisme [boodskap #9083 is 'n antwoord op boodskap #9070] Ma, 14 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Mich  is tans af-lyn  Mich
Boodskappe: 5
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Junior Lid
On Fri, 11 Apr 1997 23:34:47 GMT, kak...@geocities.com (kakkies) wrote:

> Hoe kom die postmodernisme in Afrikaans en die groter Suid-Afrika tot
> uiting?
>
>
>
> Koos Kakkies
>

Achtung !! Kakkies saai dit weer. Wat 'n mens ten minste kan sê is
dat hy die pot roer. Hy's seker verveeld. Miskien is dit
postmodernisties om die shit te stir.

mich

...en ek volg jou spoor soos 'n goeie hond...
('skiestog oom np)
Re: Postmodernisme [boodskap #9085 is 'n antwoord op boodskap #9070] Wo, 16 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
Postmodernisme was 'n mode wat uit verveelde leterkunde en filosofie
departemente gebore is. Die gier is nou afgesaag. Goddank.
Die wyer vergestalting daarvan, in sg. "postmodernistiese" argitektuur,
is nou nog meer afgesaag. Selfs nuwe "shopping Centres" het nou al
op die ou vervelige baantjie geklim.
Dit is veral ouens soos Derrida ('n fransman) en andere,
wat die idee gepropageer het. Dit is 'n gespeel met woorde en begrippe.
Dit ontken basiese "commonsense" dinge soos "waarheid",
die verskil tussen waarheid en fiksie ens.
('n paar Afrikaners het boeke geskryf wat sulke dinge ontplooi het).
Volgens hierdie ouens is alles "teks". En alles wat 'n "teks" is,
kan gelees word. So die manier waarop jy dinge interpreteer
is net so geldig soos enige ander se manier.
In kort: Post-Modernisme is 'n oneindige klomp kakpraat oor dinge soos
"differance", "trace" ens... (Asof dit saak maak).
In Suid Afrika is daar nie plek vir hierdie tipe van gemors nie.
As jy nie 'n verskil tussen fiksie en waarheid en tussen die werklike
wereld en teks kan sien nie, gaan kuier in 'n township en skrik wakker.

Post-Modernisme is 'n sport vir verveelde bourgeoise akademici en
letterkudiges wat van woordspeletjies hou. Dit het niks met mense
te doen wat in die sweet van hul aangesig hul brood verdien nie.

As jul in filosofie belangstel, gaan lees eerder Karl Marx.

Vriendelike groete!
|
| ___/////
| / \ /|
| / O \ \/ |
J > / /\ |
\_________/ \|
\\\
Re: Postmodernisme [boodskap #9091 is 'n antwoord op boodskap #9070] Do, 17 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article , gal...@ibm.net says...
>
> Postmodernisme was 'n mode wat uit verveelde leterkunde
en filosofie

Galjoen, nou veroordeel jy weer alles wat sogenaamd
post-modern is voor die voet. (Sien jou predikant ook
hieroor!) Ek verstaan jou irritasie, want 'n klomp dinge
word as post-modern bestempel, en dan is hulle net snert.
Maar as 'n rigting het die post-modernisme 'n belangrike
funksie: om 'n klomp van die uitgediende denkwyses,
filosofiese rigtings en genres op te wys vir wat dit is:
uitgediend en nutteloos vir die mens aan die begin van
die een-en-twintigste eeu. In die wetenskap het hulle al
vir amper honderd jaar totsiens gesê aan die wereld-
beeld wat Newton onder andere geskep het. Die wetenskap
bereken alles nou volgens die wette van die relatiwiteit,
maar die geesteswetenskappe klou nog vas aan baie ou
konsepte, soos begin/middel/end, en "betekenis" as 'n
fascistiese vereiste vir alles wat saak maak.
Nou, een van die beste voorbeelde van post-moderne
denke is William Blake, wat al in 1827 oorlede is. Lees
hom, as jy jou wil voorberei vir die denke wat nodig is in
die een-en-twintigste eeu. (En dit sluit nie Marxistiese
denke uit nie. Baie dissipels wat sweer by Marx , sien Blake
as 'n voorloper van hom.)
Van Kerneels Breytenbach het daar glo in 1993 'n boek
"Glimlag" verskyn, wat volgens 'n resensie van Willie
Burger in Tydskrif vir Letterkunde in die post-moderne lig
gesien moet word. Hy sê dat "die leser gekonfronteer
word deur 'n opeenstapeling van cliches... veral taalgebruik
en genre." Ek weet nie of ek lus is om hierdie boek te lees
nie. Maar ek het onlangs 'n foto van Kerneels Breytenbach
in De Kat gesien, waar hy met 'n hele kaal bolyf sit, behalwe
vir 'n strikdassie. Ek dink hy probeer die post-modernisme
so bedryf. (Die cliche van die skrywer/denker as 'n "suit"
vervang deur 'n ander beeld, wat skok, en 'n mens dan aan
die dink sit.)

Gloudina
Re: Postmodernisme [boodskap #9094 is 'n antwoord op boodskap #9070] Vr, 18 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
kakkies[2]  is tans af-lyn  kakkies[2]
Boodskappe: 3
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Junior Lid
> Galjoen, nou veroordeel jy weer alles wat sogenaamd
> post-modern is voor die voet. (Sien jou predikant ook
> hieroor!) Ek verstaan jou irritasie, want 'n klomp dinge
> word as post-modern bestempel, en dan is hulle net snert.
> Maar as 'n rigting het die post-modernisme 'n belangrike
> funksie: om 'n klomp van die uitgediende denkwyses,
> filosofiese rigtings en genres op te wys vir wat dit is:
> uitgediend en nutteloos vir die mens aan die begin van
> die een-en-twintigste eeu.

> Gloudina

Gloudina, vir die tweede keer beindruk jy my.

die postmodernisme klink weliswaar interessanter en meer vanpas vir
ons tyd as die modernisme, maar dit het een kardinale probleem. 'n
belangrike komponent van die postmodernisme spruit uit die gedagtes
van Jacques Derrida wat alle metafisiese konsepte in die Westese denke
wil dekonstrueer. Dit beteken dat alle strukture, stelsels, rasionele
denke, teoretisering en universele waardes en waarhede onder
verdenking geplaas word. Alles word bevraagteken, behalwe natuurlik
dekonstruksie self. Maar kritiek kan ook gekritiseer word en
dekonstruksie kan ook gedekonstrueer word. Hoe kan Derrida sy teoriee
deur middel van taal wil oordra as die inhoud van sy denke juis gerig
is teen die betekenisloosheid van teoretisering en van taal as
betroubare medium om die werklikheid te konstateer? Die postmodernisme
staan krities teenoor alles behalwe homself. Op die ou end bly net
onsekerheid oor, wat op sigself seker die beste definisie is van die
denke van die 21ste eeu.

Groete

Koos Kakkies
Re: Postmodernisme [boodskap #9100 is 'n antwoord op boodskap #9070] Sa, 19 April 1997 00:00 Na vorige boodskap
Charl Durand  is tans af-lyn  Charl Durand
Boodskappe: 55
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
> betroubare medium om die werklikheid te konstateer? Die postmodernisme
> staan krities teenoor alles behalwe homself. Op die ou end bly net
> onsekerheid oor, wat op sigself seker die beste definisie is van die
> denke van die 21ste eeu.

En waarskynlik die beste definisie van post-modernisme ook. Ideologie in
post modernisme word totaal by die venster uitgegooi. Die strukture en
denkpatrone wat in die verlede mense laat veilig en secure voel het, geld
nie meer nie.

Dis aan die hand van hierdie onsekerheid dat SA as 'n postmoderne staat
beskryf kan word.

Maar ek stem saam dat 'post-modernisme' waarskynlik 'n baie modieuse term
geword het, 'n tipe catchall vir alle kulturele trends. Ek dink dis omdat
die beginsels onderleggend aan post-modernisme baie universeel is, en nie
beperk is tot linguistiek of die kunste nie.

Ek dink die biennale wat aan die einde van die jaar in Johannesburg gehou
gaan word, sal mens nogal 'n interessante insig kan gee in die
'post=moderne' SA soos uitgebeeld in kuns. Hopelik gaan die ouens 'n
website vir die geleentheid he^. Vir inligting sien Johannesburg se site
www.joburg.org.za, wat nogal 'n above average site is. (Ek belowe ek werk
nie vir die stadsraad nie ;>)

Charl

>
> Groete
>
> Koos Kakkies
>
Vorige onderwerp: DAMES EN HERE: DIE TITANIC SINK !!!!
Volgende onderwerp: dit is beter in amerika.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 07:47:58 MGT 2024