Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Boerse Taaltjie
Boerse Taaltjie [boodskap #83259] Wo, 03 September 2003 20:46 na volgende boodskap
Grunningse Boer uut NL[1]  is tans af-lyn  Grunningse Boer uut NL[1]
Boodskappe: 3
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Junior Lid
Goidag almal,

Ek ben een gewone jongen uit de stad Groningen in NL. Ek ben eientlik
wel benieuwt of er ook en mooentlikheit is om die Boerse taal te leren
via internet of op een andere manier. Ek ben self twintig jaar en hou
me aanbevolen veur jongeren uit de RSA.

Als iemand dit leest en die wil reageren doe dit dan in julle eien
Boere taal, want ek wil die taal leren.

Zoas je miskien wel kan sien, heb ek wel eens op een chatsite van MSN
geseten en heb dan geprobeer die taal ook te spreek alleen val da nie
mee.

In ieder geval bedank veur die trouble en ik heur het wel.

Groete Lè zulf
Re: Boerse Taaltjie [boodskap #83281 is 'n antwoord op boodskap #83259] Do, 04 September 2003 03:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Grunningse Boer uut NL wrote

> Ek ben een gewone jongen uit de stad Groningen in NL. Ek ben eientlik
> wel benieuwt of er ook en mooentlikheit is om die Boerse taal te leren

Hoe sou 'n "ongewone" jongeling uit Groningen
nou eintlik wees, Wat maak jou "gewoon"?

En ons Afrikaners sou verkies dat jy nie van ons taal
as 'n boerse taal praat nie. "Boers" in Afrikaans beteken
"uncouth" in Engels.

Tant Hessie van die agterste van Helsdingens
Re: Boerse Taaltjie [boodskap #83294 is 'n antwoord op boodskap #83281] Do, 04 September 2003 09:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jy weet Antie... Die man probeer dalk regtig en jy praat so met hom! Hy
het seker nie bedoel boers soos in plat nie maar boers soos in "boer se
taal". Ek steur my in elk geval nie aan sulke goed nie - dis net 'n woord
en woorde beteken net iets as jy toelaat dat dit iets vir jou beteken.

E

"@rogers.com" wrote:
>
> Hoe sou 'n "ongewone" jongeling uit Groningen
> nou eintlik wees, Wat maak jou "gewoon"?
>
> En ons Afrikaners sou verkies dat jy nie van ons taal
> as 'n boerse taal praat nie. "Boers" in Afrikaans beteken
> "uncouth" in Engels.
>
> Tant Hessie van die agterste van Helsdingens
>
Re: Boerse Taaltjie [boodskap #83297 is 'n antwoord op boodskap #83294] Do, 04 September 2003 11:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek stem eintlik saam met Gloudina die keer - ja, dit reën nou weer hier;))
Daar bestaan nie 'n taal Boers nie - en as hy so beledigend wil wees om nie
eers my taal se naam te wil erken nie, hoekom moet hy saggies en liefies
behandel word?
Annette

"Elaine" skryf in boodskap news:3f5708ef$0$64727@hades.is.co.za...
> Jy weet Antie... Die man probeer dalk regtig en jy praat so met hom! Hy
> het seker nie bedoel boers soos in plat nie maar boers soos in "boer se
> taal". Ek steur my in elk geval nie aan sulke goed nie - dis net 'n woord
> en woorde beteken net iets as jy toelaat dat dit iets vir jou beteken.
>
> E
>
> "@rogers.com" wrote:
>>
>> Hoe sou 'n "ongewone" jongeling uit Groningen
>> nou eintlik wees, Wat maak jou "gewoon"?
>>
>> En ons Afrikaners sou verkies dat jy nie van ons taal
>> as 'n boerse taal praat nie. "Boers" in Afrikaans beteken
>> "uncouth" in Engels.
>>
>> Tant Hessie van die agterste van Helsdingens
>>
>
Re: Boerse Taaltjie [boodskap #83299 is 'n antwoord op boodskap #83259] Do, 04 September 2003 11:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Jy kan maar van 'n Boer se taal praat - daar is van ons wat onse verlede
ken. En trots is daarop. Mense wat nie elke keer op hul rugge geval het vir
elke nuwe oorheerser nie.
Maar dan is daar ook kanaalape ...

"Grunningse Boer uut NL" skryf in boodskap news:c626bb62.0309031246.2f07fe9c@posting.google.com...
> Goidag almal,
>
> Ek ben een gewone jongen uit de stad Groningen in NL. Ek ben eientlik
> wel benieuwt of er ook en mooentlikheit is om die Boerse taal te leren
> via internet of op een andere manier. Ek ben self twintig jaar en hou
> me aanbevolen veur jongeren uit de RSA.
>
> Als iemand dit leest en die wil reageren doe dit dan in julle eien
> Boere taal, want ek wil die taal leren.
>
> Zoas je miskien wel kan sien, heb ek wel eens op een chatsite van MSN
> geseten en heb dan geprobeer die taal ook te spreek alleen val da nie
> mee.
>
> In ieder geval bedank veur die trouble en ik heur het wel.
>
> Groete Lê zulf
Re: Boerse Taaltjie [boodskap #83302 is 'n antwoord op boodskap #83259] Do, 04 September 2003 11:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jottie  is tans af-lyn  Jottie
Boodskappe: 223
Geregistreer: April 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hartlike welkom Grunningse Boer uut NL.
Soos jy in die vorige paar boodskappe kan sien, sal jy op hierdie groep nie
net die Afrikaanse taal leer nie maar ook sommer baie van die mentaliteit
van die gereelde Afrikaanse besoekers leer. Hier word geen prisoniers geneem
nie. Die feit dat jy in jou waarskynlike onkunde na die Afrikaanse taal as
"Boers" verwys het gaan jou vir die res van jou lewe laat boet op hierdie
nuusgroep - al het jy ook na jouself verwys as 'boer'... Maar moet jou nie
te veel daaraan steur nie - nie almal is so sensitief oor daai benaming nie.
Moet asseblief nie alle Afrikaans-sprekende mense in dieselfde kategorie
plaas nie.
En indien iemand dalk toevallig eendag in sy onkunde na jou as Hollander of
selfs "kaaskop" verwys, voel vry om daai persoon dieselfde verwelkoming te
gee wat jy gekry het ;-)

"Grunningse Boer uut NL" skryf in boodskap news:c626bb62.0309031246.2f07fe9c@posting.google.com...
> Goidag almal,
>
> Ek ben een gewone jongen uit de stad Groningen in NL. Ek ben eientlik
> wel benieuwt of er ook en mooentlikheit is om die Boerse taal te leren
> via internet of op een andere manier. Ek ben self twintig jaar en hou
> me aanbevolen veur jongeren uit de RSA.
>
> Als iemand dit leest en die wil reageren doe dit dan in julle eien
> Boere taal, want ek wil die taal leren.
>
> Zoas je miskien wel kan sien, heb ek wel eens op een chatsite van MSN
> geseten en heb dan geprobeer die taal ook te spreek alleen val da nie
> mee.
>
> In ieder geval bedank veur die trouble en ik heur het wel.
>
> Groete Lê zulf
Re: Boerse Taaltjie [boodskap #83304 is 'n antwoord op boodskap #83297] Do, 04 September 2003 11:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 4 Sep 2003 13:08:49 +0200, "Annette" wrote:

> Ek stem eintlik saam met Gloudina die keer - ja, dit reën nou weer hier;))
> Daar bestaan nie 'n taal Boers nie - en as hy so beledigend wil wees om nie
> eers my taal se naam te wil erken nie, hoekom moet hy saggies en liefies
> behandel word?
> Annette
>

Kom nou, Annette, dis tog maar baie duidelik dat hierdie Groningse
boer nie rêrig pejoratief oor die Afrikaans gepraat het nie. Hy doen
al 'n poging om die Afrikaans na te doen en dis tog al baie
merkwaardig! Doen nou tog nie flou nie! Sê vir hom hoe die sake is
maar maak asseblief geen rusie nie!

Norbert (uit Vlaandere)
Re: Boerse Taaltjie [boodskap #83305 is 'n antwoord op boodskap #83299] Do, 04 September 2003 12:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Nie alle boere praat Afrikaans nie.
Nie alle mense wat Afrikaans praat is boere nie.
Annette

"Jonas" skryf in boodskap news:bj7887$6c9$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Jy kan maar van 'n Boer se taal praat - daar is van ons wat onse verlede
> ken. En trots is daarop. Mense wat nie elke keer op hul rugge geval het vir
> elke nuwe oorheerser nie.
> Maar dan is daar ook kanaalape ...
>
> "Grunningse Boer uut NL" wrote in message
> news:c626bb62.0309031246.2f07fe9c@posting.google.com...
>> Goidag almal,
>>
>> Ek ben een gewone jongen uit de stad Groningen in NL. Ek ben eientlik
>> wel benieuwt of er ook en mooentlikheit is om die Boerse taal te leren
>> via internet of op een andere manier. Ek ben self twintig jaar en hou
>> me aanbevolen veur jongeren uit de RSA.
>>
>> Als iemand dit leest en die wil reageren doe dit dan in julle eien
>> Boere taal, want ek wil die taal leren.
>>
>> Zoas je miskien wel kan sien, heb ek wel eens op een chatsite van MSN
>> geseten en heb dan geprobeer die taal ook te spreek alleen val da nie
>> mee.
>>
>> In ieder geval bedank veur die trouble en ik heur het wel.
>>
>> Groete Lê zulf
>
Re: Boerse Taaltjie [boodskap #83308 is 'n antwoord op boodskap #83304] Do, 04 September 2003 13:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Norbert,
Ek het nogal gedink dat jy die beste persoon is om hierdie man raad te gee.

"Sterrenkijker" skryf in boodskap news:t29elvsp10dc5calhiiq7219kl8tjakb9h@4ax.com...
> On Thu, 4 Sep 2003 13:08:49 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Ek stem eintlik saam met Gloudina die keer - ja, dit reën nou weer hier;))
>> Daar bestaan nie 'n taal Boers nie - en as hy so beledigend wil wees om nie
>> eers my taal se naam te wil erken nie, hoekom moet hy saggies en liefies
>> behandel word?
>> Annette
>>
>
> Kom nou, Annette, dis tog maar baie duidelik dat hierdie Groningse
> boer nie rêrig pejoratief oor die Afrikaans gepraat het nie. Hy doen
> al 'n poging om die Afrikaans na te doen en dis tog al baie
> merkwaardig! Doen nou tog nie flou nie! Sê vir hom hoe die sake is
> maar maak asseblief geen rusie nie!
>
> Norbert (uit Vlaandere)
Re: Boerse Taaltjie [boodskap #83314 is 'n antwoord op boodskap #83299] Do, 04 September 2003 14:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jonas wrote

> Jy kan maar van 'n Boer se taal praat - daar is van ons wat onse verlede
> ken. En trots is daarop. Mense wat nie elke keer op hul rugge geval het vir
> elke nuwe oorheerser nie.
> Maar dan is daar ook kanaalape ...

Maar, my liewe Jonas, daar is tog 'n verskil tussen
die frases "Boer se taal" en "boerse taal."
Ek is geinteresseer in die uitdrukking "kanaal-aap"
Ek weet Jonas gebruik dit hier derogatief om my te
probeer beledig deur die plek van my herkoms neer
te haal, maar word die uitdrukking "kanaal-aap"
eksklusief gebruik vir die mense op die besproeiings-
skemas tussen Upington en Augrabies, of word dit
ook wyer gebruik vir skemas in ander dele van die
land waar daar besproeiings-kanale is. Ek het in my
jongdae nooit die uitdrukking gehoor nie. Ek neem
aan dis iets wat in die leërmag wyer gebruik was en
so versprei is na die pap en wors falanks.

Gloudina
Re: Boerse Taaltjie [boodskap #83318 is 'n antwoord op boodskap #83305] Do, 04 September 2003 17:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Dit is bepald so. Nie almal wat Afrikaans praat is Boere nie.
Wat die kanaalape betref - ek is 'n Boer - so, oor die kanaalape moet julle
maar liefs konsulteer met diesulkes wat van daar kom. Hulle sal hulself moet
verduidelik.

"Annette" skryf in boodskap news:bj79p6$891$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Nie alle boere praat Afrikaans nie.
> Nie alle mense wat Afrikaans praat is boere nie.
> Annette
>
>
> "Jonas" wrote in message
> news:bj7887$6c9$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Jy kan maar van 'n Boer se taal praat - daar is van ons wat onse verlede
>> ken. En trots is daarop. Mense wat nie elke keer op hul rugge geval het vir
>> elke nuwe oorheerser nie.
>> Maar dan is daar ook kanaalape ...
>>
>> "Grunningse Boer uut NL" skryf in boodskap news:c626bb62.0309031246.2f07fe9c@posting.google.com...
>>> Goidag almal,
>>>
>>> Ek ben een gewone jongen uit de stad Groningen in NL. Ek ben eientlik
>>> wel benieuwt of er ook en mooentlikheit is om die Boerse taal te leren
>>> via internet of op een andere manier. Ek ben self twintig jaar en hou
>>> me aanbevolen veur jongeren uit de RSA.
>>>
>>> Als iemand dit leest en die wil reageren doe dit dan in julle eien
>>> Boere taal, want ek wil die taal leren.
>>>
>>> Zoas je miskien wel kan sien, heb ek wel eens op een chatsite van MSN
>>> geseten en heb dan geprobeer die taal ook te spreek alleen val da nie
>>> mee.
>>>
>>> In ieder geval bedank veur die trouble en ik heur het wel.
>>>
>>> Groete Lê zulf
>>
>
Re: Boerse Taaltjie [boodskap #83321 is 'n antwoord op boodskap #83308] Do, 04 September 2003 18:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 4 Sep 2003 15:35:11 +0200, "Koot"
wrote:

> Norbert,
> Ek het nogal gedink dat jy die beste persoon is om hierdie man raad te gee.
>

Ek het hom al 'n e-pos geskryf, Koot!

Norbert
Re: Boerse Taaltjie [boodskap #83322 is 'n antwoord op boodskap #83318] Do, 04 September 2003 18:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jonas wrote

> Wat die kanaalape betref - ek is 'n Boer - so, oor die kanaalape moet julle
> maar liefs konsulteer met diesulkes wat van daar kom. Hulle sal hulself moet
> verduidelik.

Dierbaarheid. Ek maak dit duidelik dat ek nie die
uitdrukking ken nie, dat dit nooit teenoor my
gebruik is nie toe ek nog in SA gewoon het nie.
Jy egter, gebruik die uitdrukking. Jy behoort tog
te weet wat jy daaronder verstaan. Waar het
jy dit die eerste gehoor?

Gloudina
Re: Boerse Taaltjie [boodskap #83325 is 'n antwoord op boodskap #83281] Do, 04 September 2003 19:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 04 Sep 2003 03:42:22 GMT, "@rogers.com" wrote:
> En ons Afrikaners sou verkies dat jy nie van ons taal
> as 'n boerse taal praat nie. "Boers" in Afrikaans beteken
> "uncouth" in Engels.
>
> Tant Hessie van die agterste van Helsdingens

Bullshit, Grunningse Boer. Soos gewoonlik wil sy
weer namens almal praat. Die vermetelheid is verstommend!
En. sy het nog ondersteuning ook!

Julle is deurmekaar (lees stupid). Die outjie wil vriende maak
en hou van ons taal. En sy woordgebruik is uit 'n ander taal
soos wat hy ook nie 'n kat 'n kat noem nie. Julle is afbrekend
en niks anders nie:-(

DD
Re: Boerse Taaltjie [boodskap #83326 is 'n antwoord op boodskap #83325] Do, 04 September 2003 19:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
DD wrote

> Bullshit, Grunningse Boer. Soos gewoonlik wil sy
> weer namens almal praat. Die vermetelheid is verstommend!
> En. sy het nog ondersteuning ook!

Soos gewoonlik, du plessis, tokkel jy net weer
op een snaar. Kan jy nie sien dat Tant Hessie
DADELIK vir hom begin Afrikaans leer nie.
Dis tog wat hy aangevra het.

Tant Hessie van Onderstepoort
Re: Boerse Taaltjie [boodskap #83344 is 'n antwoord op boodskap #83314] Vr, 05 September 2003 04:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Anti - jy moet die houe kan verwerk. Jy deel dit mos baie maklik uit - wil
jy 'n "replay" van jou eie optrede hê.
(Volg 'n baie eenvoudige reël met mense - behandel hulle soos hulle andere
behandel.)

"@rogers.com" wrote in message
news:WnI5b.375121$4UE.343707@news01.bloor.is.net.cable.roger s.com...
>
> Jonas wrote
>
>> Jy kan maar van 'n Boer se taal praat - daar is van ons wat onse verlede
>> ken. En trots is daarop. Mense wat nie elke keer op hul rugge geval het vir
>> elke nuwe oorheerser nie.
>> Maar dan is daar ook kanaalape ...
>
> Maar, my liewe Jonas, daar is tog 'n verskil tussen
> die frases "Boer se taal" en "boerse taal."
> Ek is geinteresseer in die uitdrukking "kanaal-aap"
> Ek weet Jonas gebruik dit hier derogatief om my te
> probeer beledig deur die plek van my herkoms neer
> te haal, maar word die uitdrukking "kanaal-aap"
> eksklusief gebruik vir die mense op die besproeiings-
> skemas tussen Upington en Augrabies, of word dit
> ook wyer gebruik vir skemas in ander dele van die
> land waar daar besproeiings-kanale is. Ek het in my
> jongdae nooit die uitdrukking gehoor nie. Ek neem
> aan dis iets wat in die leërmag wyer gebruik was en
> so versprei is na die pap en wors falanks.
>
> Gloudina
>
Re: Boerse Taaltjie [boodskap #83388 is 'n antwoord op boodskap #83281] Vr, 05 September 2003 19:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hans Kamp  is tans af-lyn  Hans Kamp
Boodskappe: 94
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Volle Lid
"@rogers.com" schreef in bericht
news:ywy5b.153255$_V.5907@news04.bloor.is.net.cable.rogers.c om...
>
> Grunningse Boer uut NL wrote
>
>> Ek ben een gewone jongen uit de stad Groningen in NL. Ek ben eientlik
>> wel benieuwt of er ook en mooentlikheit is om die Boerse taal te leren
>
> Hoe sou 'n "ongewone" jongeling uit Groningen
> nou eintlik wees, Wat maak jou "gewoon"?
>
> En ons Afrikaners sou verkies dat jy nie van ons taal
> as 'n boerse taal praat nie. "Boers" in Afrikaans beteken
> "uncouth" in Engels.

Jy het reg. "Boers" is 'n denigrerende woord. Ek is ook Nederlander, maar
Grunningse Boer kan niet met reg Afrikaans 'n boerse taal noem nie.

Ekself is 'n Nederlander, en ek het my in die taal interesseer, omdat dit so
op my moedertaal (Nederlands) lyk.

Hans Kamp.
Re: Boerse Taaltjie [boodskap #83389 is 'n antwoord op boodskap #83294] Vr, 05 September 2003 19:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hans Kamp  is tans af-lyn  Hans Kamp
Boodskappe: 94
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Volle Lid
"Elaine" skryf in boodskap news:3f5708ef$0$64727@hades.is.co.za...
> Jy weet Antie... Die man probeer dalk regtig en jy praat so met hom! Hy
> het seker nie bedoel boers soos in plat nie maar boers soos in "boer se
> taal". Ek steur my in elk geval nie aan sulke goed nie - dis net 'n woord
> en woorde beteken net iets as jy toelaat dat dit iets vir jou beteken.

Moontlik het Grunningse Boer "boers" met Boere geassosieer. Ek glo nie
regtig dat hy Afrikaners wil beledig nie.

Hans Kamp.
Re: Boerse Taaltjie [boodskap #83393 is 'n antwoord op boodskap #83259] Vr, 05 September 2003 19:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hans Kamp  is tans af-lyn  Hans Kamp
Boodskappe: 94
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Volle Lid
"Grunningse Boer uut NL" skryf in boodskap news:c626bb62.0309031246.2f07fe9c@posting.google.com...
> Goidag almal,
>
> Ek ben een gewone jongen uit de stad Groningen in NL. Ek ben eientlik
> wel benieuwt of er ook en mooentlikheit is om die Boerse taal te leren
> via internet of op een andere manier. Ek ben self twintig jaar en hou
> me aanbevolen veur jongeren uit de RSA.
>
> Als iemand dit leest en die wil reageren doe dit dan in julle eien
> Boere taal, want ek wil die taal leren.
>
> Zoas je miskien wel kan sien, heb ek wel eens op een chatsite van MSN
> geseten en heb dan geprobeer die taal ook te spreek alleen val da nie
> mee.
>
> In ieder geval bedank veur die trouble en ik heur het wel.

Die taal heet Afrikaans, en daar is baie webwerfe (in die Nederlands:
websites) wat praat oor die taal se grammatika.

Een van die webwerfe is http://www.suid-afrika.de/taal3.htm. Die werf praat
oor Afrikaans, maar dit is 'n Duitse webwerf.

Ek is een eg Twentenaar, wat in Enschede woon, maar beter Afrikaans praat en
skryf as die regionale dialek, die Twents. :)

Hans Kamp.
Re: Boerse Taaltjie [boodskap #83394 is 'n antwoord op boodskap #83305] Vr, 05 September 2003 19:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hans Kamp  is tans af-lyn  Hans Kamp
Boodskappe: 94
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Volle Lid
"Annette" skryf in boodskap news:bj79p6$891$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Nie alle boere praat Afrikaans nie.

Is daar ook Engelspratende boere (of Boere)?

> Nie alle mense wat Afrikaans praat is boere nie.

Ek glo dat daar ook nie-Afrikaners is, wat Afrikaans praat of kan praat.

Hans Kamp.
Re: Boerse Taaltjie [boodskap #83439 is 'n antwoord op boodskap #83326] So, 07 September 2003 10:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Glücklich  is tans af-lyn  Glücklich
Boodskappe: 271
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Nee Tant Hessie leer hom dat afrikaners ongeskik
en knorig is oor hulle taal. Maar Tant Hessie het
geen reg om die afrikaners te verteenwoordig nie.
Sy woon nie eers in Suid Afrika nie, maar sy
probeer haar verwronge idees aan die wêreld oordra
as die opinie van alle afrikaners.

Dit herinner my weer aan die ou koei van 'n
wiskunde onderwyser wat my ore so hard getrek het
omdat ek 'n paar somme verkeerd gedoen het. Hoe
het die dom teef gedink gaan dit my wiskunde
bevorder deur my ore te trek. As ek die ou koei
vandag moet raakloop skop ek sowaar haar kierie
onder haar uit.

As Tant Hessie die res van die wereld so kak wil
behandel, doen dit asseblief onder Tant Hessie se
naam moenie die afrikaner se naam saam deur die
modder sleep nie.

"@rogers.com" wrote in message
news:qzM5b.159981$_V.31535@news04.bloor.is.net.cable.rogers. com...
>
> DD wrote
>
>> Bullshit, Grunningse Boer. Soos gewoonlik wil sy
>> weer namens almal praat. Die vermetelheid is verstommend!
>> En. sy het nog ondersteuning ook!
>
> Soos gewoonlik, du plessis, tokkel jy net weer
> op een snaar. Kan jy nie sien dat Tant Hessie
> DADELIK vir hom begin Afrikaans leer nie.
> Dis tog wat hy aangevra het.
>
> Tant Hessie van Onderstepoort
>
Re: Boerse Taaltjie [boodskap #83443 is 'n antwoord op boodskap #83302] So, 07 September 2003 11:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Glücklich  is tans af-lyn  Glücklich
Boodskappe: 271
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
En onthou ook gerus maar dat die een wat die
ongeskikste met jou was, nie eers 'n "boer" is
nie, maar 'n persoon wat al jare lank in Kanada
sit met geen kennis van huidige gebeurlikhede in
Suid Afrika nie.
Re: Boerse Taaltjie [boodskap #83444 is 'n antwoord op boodskap #83439] So, 07 September 2003 11:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Glücklich wrote:

Maar Tant Hessie het
> geen reg om die afrikaners te verteenwoordig nie.
> Sy woon nie eers in Suid Afrika nie
> As Tant Hessie die res van die wereld so kak wil
> behandel, doen dit asseblief onder Tant Hessie se
> naam moenie die afrikaner se naam saam deur die
> modder sleep nie.

So jy kan maar sit en kekkel en jou rassistiese
snert uitdruppel en voorgee dat jy "die afrikaner
verteenwoordig," maar as Tant Hessie vir 'n
mens wat Afrikaans wil leer, uitwys dat hy nie
vir Afrikaans "boers" moet noem nie, dan is
ek nou skielik uit die bose?

Tant Hessie van Welverdiend
Re: Boerse Taaltjie [boodskap #83446 is 'n antwoord op boodskap #83443] So, 07 September 2003 12:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
e-way  is tans af-lyn  e-way
Boodskappe: 37
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Volle Lid
Sjeesh, maar jy is vroeg op Glucklich, moet jy nie jou deure en venters gaan
toemaak vir orkaan Henri nie? Ons gaan die nadraai kry, die lug is donker
en dit gaan seker vir twee dae aanmekaar reen.

"Glücklich" skryf in boodskap news:7HE6b.444$A5.336@bignews2.bellsouth.net...
> En onthou ook gerus maar dat die een wat die
> ongeskikste met jou was, nie eers 'n "boer" is
> nie, maar 'n persoon wat al jare lank in Kanada
> sit met geen kennis van huidige gebeurlikhede in
> Suid Afrika nie.
>
Re: Boerse Taaltjie [boodskap #83456 is 'n antwoord op boodskap #83439] So, 07 September 2003 14:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bliksim wit  is tans af-lyn  bliksim wit
Boodskappe: 54
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Volle Lid
On Sun, 07 Sep 2003 06:51:46 -0400, Glücklich wrote:

> Sy woon nie eers in Suid Afrika nie, maar sy probeer haar verwronge
> idees aan die wêreld oordra as die opinie van alle afrikaners.
>
> Dit herinner my weer aan die ou koei van 'n wiskunde onderwyser wat my
> ore so hard getrek het omdat ek 'n paar somme verkeerd gedoen het. Hoe
> het die dom teef gedink gaan dit my wiskunde bevorder deur my ore te
> trek. As ek die ou koei vandag moet raakloop skop ek sowaar haar kierie
> onder haar uit.
>
> As Tant Hessie die res van die wereld so kak wil behandel, doen dit
> asseblief onder Tant Hessie se naam moenie die afrikaner se naam saam
> deur die modder sleep nie.
>
>
Ek dink nie dat Tant Hessie die aspirante boertjie goed hanteer het nie en
miskien was die calvinistiese skop tussen die bene a bietjie rof.

Jy aksie om Tant Hessie as Afrikaner te onterf is presies dieselfe as wat
jy haar van beskuldig dat sy namens jou (en die ander "goeie" afrikaners)
praat. Die leuse was "eendrag maak mag" en as jy ooit die kans kry om a
Bilal Comic te "Outer states" kan jy gerus na die storie van "The death of
Orlaon" lees:

"Now, watch it, bub, yer getting my dander up! I'M Orlaon!" "NO, I AM!"
"Just a minute Buckaroos!! I'm Orlaon!!!" Ratttatattaatatat!!!!
"Scumbags! Pile of shit!! That what you get fer thinking 'yer me!!!!" "'n
that's the truth!"
"Th'one 'n only Oraon is me!"
"No, me!"
?

"Sy woon nie eers in Suid Afrikan nie.." beteken???? Dat net mense wat in
Suid Afrika woon enige prerogatief het om Afrikaans te bespreek! Is jy
familie van die Botha's?

En dan die ou Koei. Dit kon jou (of my) ma gewees het.

Tant Hessie, vra to om verskoning dat jy soveel kak maak. Alle afrikaners
as a groep wil nie he jy moet Nederlanders/Belge of enige ander potentiele
vriend van die afrikener beledig nie, veral as dit a glip van hulle
gebroke tong was en selfs al verdien hulle dit (volgens moses 12 vers 5).

Niks fout me ironie nie, maar leer a les by die Ingilse en sleep die man
ironies na sy elektroniese graf toe. (BBC speel heel dag die parlementere
debatte en dit is ironie op sy beste!)

Penkom B
Re: Boerse Taaltjie [boodskap #83459 is 'n antwoord op boodskap #83456] So, 07 September 2003 15:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Penkop B

> Tant Hessie, vra to om verskoning dat jy soveel kak maak. Alle afrikaners
> as a groep wil nie he jy moet Nederlanders/Belge of enige ander potentiele
> vriend van die afrikener beledig nie, veral as dit a glip van hulle
> gebroke tong was en selfs al verdien hulle dit (volgens moses 12 vers 5).

Ek stel voor dat al julle mense na Tant Hessie se
oorspronklike pos gaan en vir julleself afvra waarom
julle so tekere gaan. Ek het twee taalsake aangeraak.
Ek het eerstens vir hom gevra wat hy deur die woord
"gewoon" bedoel, want dit word nie so in Afrikaans
gebruik nie. En toe het ek vir hom uitgewys dat hy
die woord "boers" verkeerd gebruik het. Iets wat
hom sou help om nie weer so 'n fout te maak nie.
Nou, om Penkop B tevrede te stel, vra ek om
verskoning vir my oorspronklike brief, maar ek dink
daar moet 'n hele klomp verskonings kom vir al die
giftonge wat Tant Hessie so gereeld aanval. Veral
daardie joggie in Florida, as hy nie alreeds weggewaai
het nie.

Tant Hessie van Windhoek
Re: Boerse Taaltjie [boodskap #83460 is 'n antwoord op boodskap #83459] So, 07 September 2003 15:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
e-way  is tans af-lyn  e-way
Boodskappe: 37
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Volle Lid
:-))

Nee, daardie storm, Henri, was toe nie wat dit belowe het om te wees nie, sy
gô is bietjie uit, al mense wat daarby gebaat het was die surfers wat, vir n
slag, lekker hoë branders gekry het. Daar is egter n nuwe tropiese beweging
aan die kom, ek weet nog nie die naam nie, seker iets met n I naam, seker
Ivan, Izak :-) of Ivanhoe. Hierdie keer is die alfabetiese name die van
mans. Go figure!

Nou, om Penkop B tevrede te stel, vra ek om
verskoning vir my oorspronklike brief, maar ek dink
daar moet 'n hele klomp verskonings kom vir al die
giftonge wat Tant Hessie so gereeld aanval. Veral
daardie joggie in Florida, as hy nie alreeds weggewaai
het nie.

Tant Hessie van Windhoek
Re: Boerse Taaltjie [boodskap #83465 is 'n antwoord op boodskap #83456] So, 07 September 2003 16:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Penkop B

volgens moses 12 vers 5

Een van die apokriewe boeke?
Jy gebruik natuurlik 'n tegniek wat werk
vir stoereboere. Snaaks hoeveel die
pap en wors stoereboer-kliek se psige
gebou is op aanhalings uit die Ou
Testament. Vir hulle werk die Nuwe
Testament nie so goed nie. Dit laat
hulle wonder of hulle die regte kat
aan die stert beet het. Maar die Ou
Testament, veral as hulle dit selektief
kan aanhaal, regverdig alles van die
herinstelling van die doodstraf tot die
geloof dat hulle groep niks verkeerd
kan doen nie, omdat hulle die uitverkorenes
is. Hulle uitspraak van die Engelse taal is
OK. Dis net as swartes snaaks praat, dat
hulle sarkasties aangeval kan word.

Tant Hessie van die Rooi See
Re: Boerse Taaltjie [boodskap #83467 is 'n antwoord op boodskap #83444] So, 07 September 2003 17:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Namaqua  is tans af-lyn  Namaqua
Boodskappe: 144
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dit is nou mooi duidelik die verskil wat driehonderd jaar en 'n paar duisend
km afstand kan maak.

Mense
> Ek ben een gewone jongen uit de stad Groningen in NL. Ek ben eientlik
> wel benieuwt of er ook en mooentlikheit is om die Boerse taal te leren

1. As ek die in Engels idiomatiese taal kaan vertaal - " I am just simple
lad (normal guy) /from Groningen in NL.I am quite curious if there is a
possibility to learn the ... language." Dus gewilligheid en interesse.

2. "Tant Hessie vir 'n mens wat Afrikaans wil leer, uitwys dat hy nie vir
Afrikaans "boers" moet noem nie, dan is ek nou skielik uit die bose?" Nee,
maar as Tant Hessie eerlik met haar self wil wees was haar eerste reaksie
"Hoe sou 'n "ongewone" jongeling uit Groningen
nou eintlik wees, Wat maak jou "gewoon"?" Wat vir my meer lyk op 'n
skielike ontstoke reaksie lyk as 'n poging om te help.

Dit is nie die reg wysing so seer as die manier waarop dit gedoen is wat
ongevraagd was.

As ek as jongeling "I is" gese het en ek is dadelik so afgeknou sou ek
nooit Engels geleer het nie.

Dit is duidlelik dat dit 'n glips was hy se "Boerse" nie Boers nie - Vlaming
se taal = die Vlaamse taal of Die Nederlandse taal Ergo die taal van die
Boere = die Boerse taal?

Om nie eers van Glücklich se "flame" te praat nie.

Het Tant Hessie, of ek, of enige ander Afrikaner wat nie huidiglik in SA is
nie nou skielik alle regte op ons kultuur skat verloor die oomblik toe die
vliegtuig oor die grense van die republiek gevlieg het.

Ons kan baie gelukkig wees dat die laaitie afrikaans wil leer - en ons moet
ons kollektiewe koppe in skaamte sak oor die behandeling wat hy hier gekry
het. Om nie eers te praat van oor hoe ons mekaar behandel nie.

Vergewe en vergeet - die lewe is eenvoudig te kort en ons het te veel in
gemeen.

Groetnis uit Yorkshire

Namaqua

"@rogers.com" wrote in message
news:PRE6b.413433$4UE.31795@news01.bloor.is.net.cable.rogers .com...
>
> Glücklich wrote:
>
> Maar Tant Hessie het
>> geen reg om die afrikaners te verteenwoordig nie.
>> Sy woon nie eers in Suid Afrika nie
>> As Tant Hessie die res van die wereld so kak wil
>> behandel, doen dit asseblief onder Tant Hessie se
>> naam moenie die afrikaner se naam saam deur die
>> modder sleep nie.
>
> So jy kan maar sit en kekkel en jou rassistiese
> snert uitdruppel en voorgee dat jy "die afrikaner
> verteenwoordig," maar as Tant Hessie vir 'n
> mens wat Afrikaans wil leer, uitwys dat hy nie
> vir Afrikaans "boers" moet noem nie, dan is
> ek nou skielik uit die bose?
>
> Tant Hessie van Welverdiend
>
Re: Boerse Taaltjie [boodskap #83471 is 'n antwoord op boodskap #83465] So, 07 September 2003 18:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bliksim wit  is tans af-lyn  bliksim wit
Boodskappe: 54
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Volle Lid
On Sun, 07 Sep 2003 16:53:48 +0000, @rogers.com wrote:

>
> Penkop B
>
> volgens moses 12 vers 5
>
> Een van die apokriewe boeke?
> Jy gebruik natuurlik 'n tegniek wat werk
> vir stoereboere. Snaaks hoeveel die
> pap en wors stoereboer-kliek se psige
> gebou is op aanhalings uit die Ou
> Testament. Vir hulle werk die Nuwe
> Testament nie so goed nie. Dit laat
> hulle wonder of hulle die regte kat
> aan die stert beet het. Maar die Ou
> Testament, veral as hulle dit selektief
> kan aanhaal, regverdig alles van die
> herinstelling van die doodstraf tot die
> geloof dat hulle groep niks verkeerd
> kan doen nie, omdat hulle die uitverkorenes
> is. Hulle uitspraak van die Engelse taal is
> OK. Dis net as swartes snaaks praat, dat
> hulle sarkasties aangeval kan word.
>
> Tant Hessie van die Rooi See

Maar Fokas is snaaks, dit moet jy erken! Veral in die post-apartheid
rasistiese konteks van die groepie.

En het jy nog nooit van Rock spiders gehoor nie? Afrikaners wat ingils
praat is snaaks!

B
Re: Boerse Taaltjie [boodskap #83477 is 'n antwoord op boodskap #83259] So, 07 September 2003 19:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hans Kamp  is tans af-lyn  Hans Kamp
Boodskappe: 94
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Volle Lid
Grunningse Boer,

Ek het 'n uitgebreide webwerf (=website) gevind oor Afrikaans in Nederlands:

http://www.oocities.org/afrikaanse/wazzit-nl.html

Hans Kamp.
Re: Boerse Taaltjie [boodskap #83481 is 'n antwoord op boodskap #83471] So, 07 September 2003 20:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Penkop B

> En het jy nog nooit van Rock spiders gehoor nie? Afrikaners wat ingils
> praat is snaaks!

Natuurlik is hulle snaaks. Maar het die Engelse nou in
die afgelope eeu lysies van woorde rondgestuur vir mekaar
en krepeer van die lag oor hierdie snaakse praat. Nee. So
wat gee nou skielik vir elke Koos, Piet en Beibie om sulke
lysies oor die Internet te stuur? En ek kan jou amper
verseker dat hoe laer-middelklas die persoon is, hoe breër
sy eie Engelse aksent is, hoe meer lysies stuur hy.

Penkop op die mure van Babel
Re: Boerse Taaltjie [boodskap #83485 is 'n antwoord op boodskap #83481] So, 07 September 2003 23:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bliksim wit  is tans af-lyn  bliksim wit
Boodskappe: 54
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Volle Lid
On Sun, 07 Sep 2003 20:31:48 +0000, @rogers.com wrote:

> Penkop B
>
>> En het jy nog nooit van Rock spiders gehoor nie? Afrikaners wat ingils
>> praat is snaaks!
>
> Natuurlik is hulle snaaks. Maar het die Engelse nou in die afgelope eeu
> lysies van woorde rondgestuur vir mekaar en krepeer van die lag oor
> hierdie snaakse praat. Nee. So wat gee nou skielik vir elke Koos, Piet
> en Beibie om sulke lysies oor die Internet te stuur? En ek kan jou amper
> verseker dat hoe laer-middelklas die persoon is, hoe breër sy eie
> Engelse aksent is, hoe meer lysies stuur hy.
>
> Penkop op die mure van Babel

Jy is reg, ek stem saam!

BTW, het jy ooit die franse film "city of the stolen children gesien
(Cité des enfants perdus, La)"?
(geheel en al van die onderwerp af) Ek het weke lank probeer die sleutel
te kry wat Ron Perlman in Tom Waits dekodeer.

Cheers,
B
Re: Boerse Taaltjie [boodskap #83486 is 'n antwoord op boodskap #83481] So, 07 September 2003 23:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
e-way  is tans af-lyn  e-way
Boodskappe: 37
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Volle Lid
Jy is reg, maar sommige van die nuwe leiers se aksente maak dat mens hulle
fiekerol verstaan. As Buthelesi ooit na Amerika kom, en hy doen n
perskonferensie, dan moet hulle onderskrifte onder aan die tv sit, want g'n
mens kan verstaan (ek inkluis) wat hy sê nie. Desmond Tutu is nog een wat
sy woorde so kan uitrek en snaaks uitspreek. Maar ek sal nie noodwendig met
hulle spot nie, net miskien vir 'bed' vir bird :-))

"@rogers.com" wrote in >
En ek kan jou amper
verseker dat hoe laer-middelklas die persoon is, hoe breër sy eie Engelse
aksent is, hoe meer lysies stuur hy.

Penkop op die mure van Babel
Re: Boerse Taaltjie [boodskap #83487 is 'n antwoord op boodskap #83486] Ma, 08 September 2003 02:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
e-way wrote

> Jy is reg, maar sommige van die nuwe leiers se aksente maak dat mens hulle
> fiekerol verstaan. As Buthelesi ooit na Amerika kom, en hy doen n
> perskonferensie, dan moet hulle onderskrifte onder aan die tv sit, want g'n
> mens kan verstaan (ek inkluis) wat hy sê nie. Desmond Tutu is nog een wat
> sy woorde so kan uitrek en snaaks uitspreek. Maar ek sal nie noodwendig met
> hulle spot nie, net miskien vir 'bed' vir bird :-))

Wanneer twee Indiese of Pakistaanse politici
met hulle breë Indiese aksente praat, voel jy
dat daar ook iets "verkeerd" met hulle Engels
is? En wat van Schwarzenegger en sulke
snare se aksente? En as ek deesdae na die
BBC luister, of ek luister na Australiërs
of New Zealanders kan ek hulle ook baie
moeilik volg. Maar ek kla nie. Nee, ek dink
daar is 'n ander dinamiek aan die werk in
SA. Ek weet nie wat mense dink hulle
bereik daarmee nie, maar dit maak hulle
goedkoop in my oë.

Gloudina
Re: Boerse Taaltjie [boodskap #83491 is 'n antwoord op boodskap #83446] Ma, 08 September 2003 10:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Glücklich  is tans af-lyn  Glücklich
Boodskappe: 271
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Nee jong hy ons gemis, ons kyk nou al na die
volgende een. Ek dink haar naam is Isabel, en om
dinge te vererger vlieg ek vandag Puerto Rico toe
wat reg in die ding se pad lê. Dit sal ook nie
die eerste keer wees dat ek 'n orkaan in Puerto
Rico beleef nie.

"e-way" wrote in message
news:kaF6b.7850$_26.7740@newsread2.news.atl.earthlink.net...
> Sjeesh, maar jy is vroeg op Glucklich, moet jy nie jou deure en venters gaan
> toemaak vir orkaan Henri nie? Ons gaan die nadraai kry, die lug is donker
> en dit gaan seker vir twee dae aanmekaar reen.
Re: Boerse Taaltjie [boodskap #83493 is 'n antwoord op boodskap #83459] Ma, 08 September 2003 10:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Glücklich  is tans af-lyn  Glücklich
Boodskappe: 271
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Haai anti ek laaik dit baie om met jou te baklei,
so wees verseker dit sal nog baie gebeur. En
ongelukkig het Henri gemis maar dit sou jou nie
veel gehelp het nie want ek was in Trinidad laas
week. Hierdie week is jou kanse baie beter want ek
is vandag oppad Puerto Rico toe, en dit lyk of
Isabel reguit soontoe oppad is.

"@rogers.com" wrote in message
news:BMH6b.181716$_V.82913@news04.bloor.is.net.cable.rogers. com...
>
> Penkop B
>
>> Tant Hessie, vra to om verskoning dat jy soveel kak maak. Alle afrikaners
>> as a groep wil nie he jy moet Nederlanders/Belge of enige ander potentiele
>> vriend van die afrikener beledig nie, veral as dit a glip van hulle
>> gebroke tong was en selfs al verdien hulle dit (volgens moses 12 vers 5).
>
> Ek stel voor dat al julle mense na Tant Hessie se
> oorspronklike pos gaan en vir julleself afvra waarom
> julle so tekere gaan. Ek het twee taalsake aangeraak.
> Ek het eerstens vir hom gevra wat hy deur die woord
> "gewoon" bedoel, want dit word nie so in Afrikaans
> gebruik nie. En toe het ek vir hom uitgewys dat hy
> die woord "boers" verkeerd gebruik het. Iets wat
> hom sou help om nie weer so 'n fout te maak nie.
> Nou, om Penkop B tevrede te stel, vra ek om
> verskoning vir my oorspronklike brief, maar ek dink
> daar moet 'n hele klomp verskonings kom vir al die
> gifting wat Tent Jessie so greed anvil. Viral
> deride joggle in Florida, as hy nie already weggewaai
> hat nie.
>
> Tant Hessie van Windhoek
>
Re: Boerse Taaltjie [boodskap #83494 is 'n antwoord op boodskap #83471] Ma, 08 September 2003 10:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Glücklich  is tans af-lyn  Glücklich
Boodskappe: 271
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
>
> Maar Fokas is snaaks, dit moet jy erken! Veral in die post-apartheid
> rasistiese konteks van die groepie.
>
> En het jy nog nooit van Rock spiders gehoor nie? Afrikaners wat ingils
> praat is snaaks!
>
> B

Maar dit is ook net snaaks vir engelse Suid
Afrikaners. Want baie engelse Suid Afrikaners is
uiters ongeskik en dink hulle is beter as
afrikaans sperkende Suid Afrikaners.

Hier waar ek woon sukkel baie mense met engels
maar almal sal 'n persoon probeer help wat sukkel
met die taal. Suid Afrika is die enigste plek
waarvan ek weet wat so 'n vernederende term soos
"Rock Spider" sal gebruik vir iemand wat sukkel
met 'n taal.
Re: Boerse Taaltjie [boodskap #83497 is 'n antwoord op boodskap #83471] Ma, 08 September 2003 11:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Namaqua  is tans af-lyn  Namaqua
Boodskappe: 144
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
Rock spiders, crunchies, rocks etc - dudielik het jy nie diensplig met
Engels sprekende J'burgers gedoen nie.

"God weet, so kan dit nie aan gaan nie" Hiskia 9 vers 11

"Penkop B" skryf in boodskap news:pan.2003.09.07.18.57.57.853093@openauth.co.uk...
> On Sun, 07 Sep 2003 16:53:48 +0000, @rogers.com wrote:
>
>>
>> Penkop B
>>
>> volgens moses 12 vers 5
>>
>> Een van die apokriewe boeke?
>> Jy gebruik natuurlik 'n tegniek wat werk
>> vir stoereboere. Snaaks hoeveel die
>> pap en wors stoereboer-kliek se psige
>> gebou is op aanhalings uit die Ou
>> Testament. Vir hulle werk die Nuwe
>> Testament nie so goed nie. Dit laat
>> hulle wonder of hulle die regte kat
>> aan die stert beet het. Maar die Ou
>> Testament, veral as hulle dit selektief
>> kan aanhaal, regverdig alles van die
>> herinstelling van die doodstraf tot die
>> geloof dat hulle groep niks verkeerd
>> kan doen nie, omdat hulle die uitverkorenes
>> is. Hulle uitspraak van die Engelse taal is
>> OK. Dis net as swartes snaaks praat, dat
>> hulle sarkasties aangeval kan word.
>>
>> Tant Hessie van die Rooi See
>
>
> Maar Fokas is snaaks, dit moet jy erken! Veral in die post-apartheid
> rasistiese konteks van die groepie.
>
> En het jy nog nooit van Rock spiders gehoor nie? Afrikaners wat ingils
> praat is snaaks!
>
> B
Re: Boerse Taaltjie [boodskap #83500 is 'n antwoord op boodskap #83486] Ma, 08 September 2003 11:30 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
Namaqua  is tans af-lyn  Namaqua
Boodskappe: 144
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
Broers, Susters (en Oom Hennie van die haar salon) laat ons nou die balk in
ons eie oog miskyk nie.

Daar is 'n rede hoekom daar in Engeland na die Afrikaanse aksent as "Souf
Efrican" verwys word.

Sal ons nou ook ooit Piet Koornhof se oorronde R vergeet in sy stelling in
New York nie? "Apartheid Arrrre dęd."

Waarom verwag ons nou van mede burgers om "Oxbridge" Engels te praat?

Die ander dag sit ek en 'n vriend en gesels. Ek noem toe dat sy vriendin
daarem 'n sterk "Southern" aksent het. Haar antwoord was "No it's Yall that
have the accents"

Om nie eers van die Broad Doric dialek van noord-wes skotland te praat nie
waar hulle sal praat van "a wee burrrrdie" instede van bird.

Namaqua - steenlęer nommer 526897, toring van babel

"e-way" wrote in message news:AoP6b.5120$BG6.2065@newsread1.news.atl.earthlink.net...
> Jy is reg, maar sommige van die nuwe leiers se aksente maak dat mens hulle
> fiekerol verstaan. As Buthelesi ooit na Amerika kom, en hy doen n
> perskonferensie, dan moet hulle onderskrifte onder aan die tv sit, want g'n
> mens kan verstaan (ek inkluis) wat hy sê nie. Desmond Tutu is nog een wat
> sy woorde so kan uitrek en snaaks uitspreek. Maar ek sal nie noodwendig met
> hulle spot nie, net miskien vir 'bed' vir bird :-))
>
>
> "@rogers.com" wrote in >
> En ek kan jou amper
> verseker dat hoe laer-middelklas die persoon is, hoe breër sy eie Engelse
> aksent is, hoe meer lysies stuur hy.
>
> Penkop op die mure van Babel
>
Vorige onderwerp: Two Talks on Poetry and Society (1936) (Vir Roely en Lorinda)
Volgende onderwerp: " Die towenares " deur EUGÈNE MARAIS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 10:00:54 MGT 2024