Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Tale in die Wêreld
Tale in die Wêreld [boodskap #7603] Vr, 08 November 1996 00:00 na volgende boodskap
940...  is tans af-lyn  940...
Boodskappe: 9
Geregistreer: November 1996
Karma: 0
Junior Lid
By die toring van Babel, lees ons in die ou testament van die Bybel, het
'n wonderlike ding gebeur. Die ontstaan van verskillende tale.

Dit is was as gevolg van die sonde van die mens wat hul eie eer gesoek
het en hulleself verheerlik het.

Nou, 10 duisend jaar later, beweeg die wêreld skynbaar weer terug na
enkele tale toe. Klein tale is besig om weg te kwyn wêreldwyd.

Wat is die toekoms van minderheidstale dwars oor die wêreld heen? Is dit
die geld, tyd en moeite werd om soveel verskillende tale in die wêreld te
hê? Wat moet/kan ons doen om die tale te red?

Dit lyk of engelssprekendes 'n veer voel vir andere se tale. Hulle
verkies dit dat almal Engels praat. Daarteenoor blyk dit te wees dat
anderstaliges, soos bv. Duitssprekendes in SA, moeite doen om Afrikaans
te leer.

Ek sal my deel doen om Afrikaans te bevorder. Nie deur optogte te hou en
slagspreuke te skree nie, maar deur dit te skryf, te praat, te gebruik.

Vivi Afrikaans
Murray
--
-------------------
Murray L. Steenkamp
Eendrag k111, Stellenbosch, 7600, South Africa
Tel. +27-21-8873773
940...@firga.sun.ac.za
http://beldin.cs.sun.ac.za/~mlsteen
Re: Tale in die Wêreld [boodskap #7632 is 'n antwoord op boodskap #7603] Ma, 11 November 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Etienne Marais[2]  is tans af-lyn  Etienne Marais[2]
Boodskappe: 23
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Junior Lid
Murray L. Steenkamp (940...@firga.sun.ac.za) wrote:
: By die toring van Babel, lees ons in die ou testament van die Bybel, het
: 'n wonderlike ding gebeur. Die ontstaan van verskillende tale.

Ja-ja.
Lees eerder 'n paar antropologiese boeke asook filologies, Babel
het bestaan maar die tale storie is net dit, stories, of was
daar Chinese ook by Babel gewees ?

: Dit is was as gevolg van die sonde van die mens wat hul eie eer gesoek
: het en hulleself verheerlik het.

Hmmmm, luister te veel na daardie anti-semitistiese 'die Antichris
kom' praatjies, ne ?

: Nou, 10 duisend jaar later, beweeg die wêreld skynbaar weer terug na
: enkele tale toe. Klein tale is besig om weg te kwyn wêreldwyd.

Eerder 'n paar 10-duisend of 100-duisend jare vanaf die eerste woorde
in taalverband gespreek is, en ja, baie tragieslik kwyn minderheids
tale weg.

: Wat is die toekoms van minderheidstale dwars oor die wêreld heen? Is dit
: die geld, tyd en moeite werd om soveel verskillende tale in die wêreld te
: hê? Wat moet/kan ons doen om die tale te red?

Die probleem is beslils geld, meer spesifiek : die feilbare werking
van kapitalisme. In die EG waar dit 'n amptelike grondbeginsel is
dat elke taal teenwoordig volledige erkenning en voortbestaan
verseker word, word nou slegs Frans,Duits en Engels gebruik vir die
opstel van regsdokumente. Die rede is dat dit heeltemal te veel kos
om meer as dit te doen. Ek bedoel, daar is beslils genoeg Flaminge
wat selfs uit vrye-wil (sonder/minimale betaling) die vertalings
sal doen na hul eie taal, maar dit is onprakties asgevolg van GELD.

Om 'n taal te red met jy hom gebruik, maar meer belangrik, jy moet
meer insit as wat jy uithaal (ondhou dit maar vir alle terreine
van die lewe). Ek is besig om 'n projek uit te werk om anderstaliges
Afrikaans te leer, en Afrikaners bloot te stel aan ander tale
(via die internet)

: Dit lyk of engelssprekendes 'n veer voel vir andere se tale. Hulle

Ongellukig waar, alhoewel hulle dit telkens sal ontken. Dit is
ongelooflik maklik om aan 'n meerderheidsgroep te behoort, en
minder as niks te voel vir ander bloot uit onbewustheid (ignorance).

: verkies dit dat almal Engels praat. Daarteenoor blyk dit te wees dat

Keer op keer moet ek 'n gesprek in Engels voer omdat die persoon
te arrogant is om Afrikaans te praat, selfs al kan hy/sy. Hier op
TUKS, 'n Afrikaanse universiteit, het ons al hoeveel klasse in
Engels, wat hier BESLILS 'n minderheid is. Dit omdat drie of vier
bliksems hul hande opsteek as gevra word 'wie verstaan glad nie
Afrikaans nie'.

: anderstaliges, soos bv. Duitssprekendes in SA, moeite doen om Afrikaans
: te leer.

En 'n geweldige groot deel van ons swart/anderskleurige bevolking
is Afrikaans magtig, en dikwels meer as Engels. Hulle gee meer as
dikwels minder as die engelsprekende-blanke om, om Afrikaans te
praat.

: Ek sal my deel doen om Afrikaans te bevorder. Nie deur optogte te hou en
: slagspreuke te skree nie, maar deur dit te skryf, te praat, te gebruik.

Goeie begin, maar jy kan meer as dit doen.

: Vivi Afrikaans

Viva ?

: Murray

Etienne
Re: Tale in die Wêreld [boodskap #7673 is 'n antwoord op boodskap #7603] Ma, 18 November 1996 00:00 Na vorige boodskap
KLAASVAKIE  is tans af-lyn  KLAASVAKIE
Boodskappe: 53
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Volle Lid
Etienne

Miskien moet jy ophou kritiseer, en help Murray eerder om die taal te
verhoog. Dit is goeie begin deur die taal aan anderstalliges te leer,
maar jy moet ook seker maak dat hulle dit gereeld gebruik.

JHV
Vorige onderwerp: Info gesoek: huiskopery
Volgende onderwerp: NSA se rol in Afrika konflik
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 15:40:06 MGT 2024