Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Afrikaanse radio (was Platteland)
Re: Afrikaanse radio (was Platteland) [boodskap #6906] Wo, 31 Julie 1996 00:00
leo...  is tans af-lyn  leo...
Boodskappe: 3
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
> pigf...@icon.co.za wrote:
>
> (ek hou van hierdie ou se adres, pig farmer. Is jy 'n mielieboer?)
>
>> land se simbole. ek het myself nou al vir 'n ruk besig gehou met die
>> aktiwiteit om Pepsi advertensies te skryf vir die New Generation.
>>
>> Ek werk aan Pepsi ads vir die boere.
>
> Wat my de moer in maak is die afrikaanse advertensies op radiostasies
> waar die dj's te grênt is om afrikaans te praat. Luister na Radio 5, of
> wat hulle hulself ookal nou noem. HOekom is daar afrikaanse advertensies,
> maar niks afrikaanse musiek nie?
>
> Hoop iemand van sabc.co.za lees hierdie nuusgroep.
>
> As jy nou wil weet wie is die afrikaner luister "iets vir iets" so
> middeloggend op Afrikaanse stereo. Dis 'n inbelradioprogram waar mense
> goed te ruil aanbied. Karavane, nissan bakkie enjins, elvis
> plateversamelings, and stukkies grond naby Hermanus.
>
> werda, charl.

"Hoor, Hoor" vir Iets vir Iets. Die beste program op die lug. Al wat ek wil
weet is hoekom die program laas Saterdag kort geknip was weens die rugby. Kon
die SAUK nie eerder die program oor kaas gelos het nie? Of hoe se ek nou.

Leon.
Re: Afrikaanse radio (was Platteland) [boodskap #6907 is 'n antwoord op boodskap #6906] Wo, 31 Julie 1996 00:00 Na vorige boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ek dink Afrikaans-Stereo is fantasties.
Ek het my vir 'n hele vakansie (terwyl ek op reis was)
verluister daarna. Soms so interessant gevind dat ek nie
uit die motor wou klim nie.

groete
Vorige onderwerp: Nuwe simbole
Volgende onderwerp: Re: AFRIKANER: KULTUUR ens
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 08:48:08 MGT 2024