Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: AFRIKANER: KULTUUR ens
Re: AFRIKANER: KULTUUR ens [boodskap #6916] Do, 01 Augustus 1996 00:00
kuy...  is tans af-lyn  kuy...
Boodskappe: 10
Geregistreer: Julie 1996
Karma: 0
Junior Lid
gal...@ibm.net wrote:
> Lou het geskryf: (lour...@hipsys.co.za )
> --------------------------------------------
>> Selfs die groot groep Afrikaners wat na Suid Amerika
>> verhuis het kon skaars hul taal vir die eerste geslag handhaaf in spyte daarvan dat hulle in 'n groep saamgeleef het en nog sterk familie
bande met Suid Afrika gehad het.
>
> Hier is veral baie immigrante wat so behep is oor hul nuutgevonde
> status as Australiers, of so hard probeer om aan te pas en in te pas,
> dat hul hul eie agtergrond wegsmyt en sonder kritiek aanvaar
> wat hier opgedis word. Dit vind ek jammer. 'n Europieer het my vertel hy vind dit eintlik pateties (gatkruiperig).
> Selfs baie Australiers vind dit vreemd dat nie-Australiers in sulke
> Australiese patriotte verander.
>>
> Ek bly egter in murg en been 'n Afrikaner, en wat my betref kan geen
> immigrant wat grootgeword het in 'n ander land, sommer die identiteit
> van 'n ander aanneem nie. (Sommige mense wissel wel identiteite soos
> klere, maar oor sulke ruggraatlose slapgatte het ek niks te seg nie)
> Immigrante se kinders kan wel Kanadesies ens. word, maar jyself nie.
> Mens kan egter ook nie jou kultuur in isolasie handhaaf nie.
> Miskien een geslag, nie meer nie. Ek dink ek en Lou stem saam hieroor.
> En dit is wat baie mense wat vra oor emmigreer vergeet.
> Mense in SA vra baie vrae oor emigrasie, (mense word ryk daaruit):
> Vrae oor salarisse en wisselkoerse, oor die prys van brood en vleis,
> huise,werksgeleenthede ens.
> Maar wat mense OOK vir HULSELF moet vra is of hul, in ruil
> vir minder geweld ens, bereid is om van hul kulturele waardes en
> identiteit af te sien, op die langtermyn. En dit is 'n moeilike vraag.
> En 'n vraag wat baie mense nie maklik kan of wil beantwoord nie.
>

Ek is in Nederland gebore, maar het in Suid-Afrika grootgeword. Kon
myself nooit as 'n Afrikaner beskou nie. (Dit help ook nie juis as die
kinders jou "kaaskop" noem nie) Altyd gedink dis beter in Holland.
(Veral as jou ouers hierdie standpunt inneem.)

Toe ek familie in Nederland besoek het, was ek baie geskok toe ek besef
dat hulle my as 'n Suid-Afrikaner beskou- selfs al praat ek Hollands(moet
seker die aksent gewees het)! My broer is in Suid-Afrika gebore en het
hierdie jaar vir die eerste keer familie in Nederland besoek. Hy kon toe
ook Nederlands praat! (Ek het hom in sy dertig jaar nog nooit hoor
Nederlans praat nie!) My Ma praat altyd Nederlands met ons en die
aangetroude kinders moes maar net leer.

Ons kinders, veral die oudste een hou ook van die gedagte dat hy van
Afrika is. (kinders noem hom "monkey") Al probeer ek hoe hard om hom te
laat inpas, op die ou end hang dit van jou eie houding af.(op hierdie
stadium klim hy in 'n boom, hang onderste bo, krap onder sy oksel en
se:"hoe-hoe-hoe", soos apies in die dieretuin maak!)

In Kanada is daar soveel mense van immigrante afkoms dat ek in die
alledaagse lewe nie juis "uit" voel nie. As ek tuis voel in drie lande
is dit dalk 'n nuwe definisie vir multikultureel! Dit het al gebeur dat
ek iemand na haar afkoms gevra het, toe blyk dit dat al vier grootouers
van verskillende lande af kom! Dan is dit moeilik om iemand in 'n hokkie
te druk op grond van sy kultuur!

Van die ou mense hier het as kinders uit Nederland uit gekom en kan nog
Nedelands praat. Hulle kinders kan dit verstaan en met moeite praat en
hulle kinders verstaan geen enkele woord meer nie, beskou hulleself as
Kanadese en verstaan nie die ou mense se sentimente nie. Vertel selfs
aan hulle dat hulle Kanadese is.

Groete,

Griet
Re: AFRIKANER: KULTUUR ens [boodskap #6917 is 'n antwoord op boodskap #6916] Do, 01 Augustus 1996 00:00 Na vorige boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
Aliki van Heek skryf (your-em...@ecn.nl)
---------------------------------------------
Terloops, mooi naam: Alie/albaster/alikreukel/alikruk
(Ek hou van visvang en ek eet graag Alikruk).

> ...Dit klink of jy eintlik nie baie gelukkig in Australie is nie.
> Kan jy ons vertel hoekom jy is na Australie ge-emigreer,
> en of jy inderdaad teleurgestel is na 'n aantal jare?

Lou het geskryf: (lour...@hipsys.co.za )
--------------------------------------------
> Selfs die groot groep Afrikaners wat na Suid Amerika
> verhuis het kon skaars hul taal vir die eerste geslag handhaaf in spyte
> daarvan dat hulle in 'n groep saamgeleef het en nog sterk familie bande met
> Suid Afrika gehad het.

Griet skryf: (kuy...@stn.net)
-------------------------------
(Hoe op aarde seg die Kanadese die lekker GGG in Griet ??)
> In Kanada het die immigrante wel 'n probleem om werk te kry.
> "Lacking Canadian experience", is gewoonlik die verskoning.
> Subtiele diskriminasie dus.

Ek antwoord sommer almal:

Griet, hier werk dit so, daar mag nie diskrimineer word nie,
maar as jy lees:
"We are a solid Australian company", "you need excellent
communication skills", "you have to be fully conversant" ens ens,
Dan weet jy sommer jou immigrant-aksent is te swaar.

Aliki, nee, ek is baie dankbaar: ek het 'n goeie werk en ek ken goeie
mense hier. Eintlik is die meeste Australiers dood-goed (en goed-dood).
Australie is niks beter of slegter as wat ek verwag het nie.
Mense wat hier aankom en nie wil inpas nie, het hulself te blameer.
Ek kritiseer en terg Australiers (en ander mense) bloot omdat hulle
dit verdien!
Hier is veral baie immigrante wat so behep is oor hul nuutgevonde
status as Australiers, of so hard probeer om aan te pas en in te pas,
dat hul hul eie agtergrond wegsmyt en sonder kritiek aanvaar
wat hier opgedis word. Dit vind ek jammer. 'n Europieer het my vertel hy
vind dit eintlik pateties (gatkruiperig).
Selfs baie Australiers vind dit vreemd dat nie-Australiers in sulke
Australiese patriotte verander.
Ek het nou al 'n paar dinge te segge gehad in ander briewe op die
geselskring, so ek wil myself nie hieroor herhaal en ander verveel nie.
Net gou dit:

Ek het na Australie emigreer oor Apartheid. Dinge het nou verander in SA.
My redes vir emigreer is dus nie nou meer van toepassing nie.
Ek kon netsowel Kanada toe gegaan het, of Nieuw Zealand. Dit was bloot
oor logistieke redes dat ek hier is. Dit is nou makliker om Kanada toe te
gaan. As ek kon sou ek heelwaarskynlik Nederland toe gegaan het.

Ek bly egter in murg en been 'n Afrikaner, en wat my betref kan geen
immigrant wat grootgeword het in 'n ander land, sommer die identiteit
van 'n ander aanneem nie. (Sommige mense wissel wel identiteite soos
klere, maar oor sulke ruggraatlose slapgatte het ek niks te seg nie)
Immigrante se kinders kan wel Kanadesies ens. word, maar jyself nie.
Mens kan egter ook nie jou kultuur in isolasie handhaaf nie.
Miskien een geslag, nie meer nie. Ek dink ek en Lou stem saam hieroor.
En dit is wat baie mense wat vra oor emmigreer vergeet.
Mense in SA vra baie vrae oor emigrasie, (mense word ryk daaruit):
Vrae oor salarisse en wisselkoerse, oor die prys van brood en vleis,
huise,werksgeleenthede ens.
Maar wat mense OOK vir HULSELF moet vra is of hul, in ruil
vir minder geweld ens, bereid is om van hul kulturele waardes en
identiteit af te sien, op die langtermyn. En dit is 'n moeilike vraag.
En 'n vraag wat baie mense nie maklik kan of wil beantwoord nie.

Vriendelike Groete.
Vorige onderwerp: Re: Afrikaanse radio (was Platteland)
Volgende onderwerp: Afrikaners is te suurgat
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 09:51:20 MGT 2024