Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Afrika Drome...
Afrika Drome... [boodskap #6697] Do, 04 Julie 1996 00:00 na volgende boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
Anton Lopez skryf hy stel belang in ons drome:

Ek droom van 'n pot vol goud
en 'n lekker kaal boud
My nagmerrie is 'n korporaal
wat my vir township-diens kom haal

Ja-nee.
Die geleerdes, hoor ek, seg die mens se drome is Taalloos
en kleurloos.
So mens droom nie in Afrikaans, Zoeloe of Xhosa nie.
Die lig val net in monochroom. So hy sal in swart en wit moet skiet.
En buitendien, ons almal droom maar oor dieselfde goed,
d.i. gebeure wat ons pla,angs gee,gevare,opwinding, seks ens.
Dit is slegs die konteks wat anders is.
En die konteks (veral in SA) is nie net iets abstraks in jou kop nie.
Nie as jy bv. in 'n sinkpondok in die Kaapse winterreën bly nie.
So jy hoef nie iemand se kop te lees om te weet
waaroor sy nagmerries gaan nie.
Ek lees ook dat mens baie droom as jy baie (veral vleis) geëet het.
Nou wonder ek of mense in Afrika regtig so baie droom ?

groete
Re: Afrika Drome... [boodskap #6709 is 'n antwoord op boodskap #6697] Sa, 06 Julie 1996 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
gal...@ibm.net skryf:
<<>Nie as jy bv. in 'n sinkpondok in die Kaapse winterreën bly nie.
> So jy hoef nie iemand se kop te lees om te weet
> waaroor sy nagmerries gaan nie.
> Ek lees ook dat mens baie droom as jy baie (veral vleis) geëet het.
> Nou wonder ek of mense in Afrika regtig so baie droom ?>>>

Ek onthou daai vleis-storie. Wonder steeds of dit waar is.

Wat my meer interesseer is of mense hul drome geniet.
Ek is mal daaroor om te droom, maar ek weet party mense onthou nie
eens hul drome nie.
My vrou vlieg uit die bed uit sodra sy wakker word. Ek le langer in
die hoop op 'n droom.
Re: Afrika Drome... [boodskap #6710 is 'n antwoord op boodskap #6697] Sa, 06 Julie 1996 00:00 Na vorige boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ek glo nie die storie dat 'n mens net in wit en swart
droom nie. Ek kan nou nog 'n droom onthou wat ek
gedroom het, toe ek vyf-en-twintig jaar oud was, wat
in kleur was. ( Ek klim in London van die moltrein
af, stap na die uitgang en sien groen groen gras met baie
groen bome daaragter. Voor my verby ry daar 'n meisie
op die rug van 'n wit bul. Ander meisies wat haar verge-
sel, het lieflike pastelkleurige klere aan. In my droom vind
ek uit dat skoolmeisies besig om te oefen vir 'n skoolkon-
sert.)
Eenkeer, net nadat ek die storie hoor dat 'n mens net in
monochroom droom, droom ek die volgende: Ek is, in my
droom, in ondergrondse gange en kamers erens in Italie.
Ek staan voor (of het ek dit self geskilder?) 'n groot muur-
skildery wat in helder akriliese geel, groen, blou, oranje en
nog ander kleure geskilder is. Maar die skilderwerk op die
muur hou nie by die vloer op nie, maar is ook op deel van
die vloer geskilder.
As daar 'n Olimpiese Spele vir Droomatlete is, dink ek ek
sal maklik 'n paar goue medaljes wen. Ek kon, byvoorbeeld,
toe ek vir klein kinders in die nag moes opstaan, wakkerword
uit 'n droom, doen wat ek moet doen, en dan, as ek so na die
bed toe terugstap, begin ek weer dieselfde droom droom waar-
mee ek besig was voor ek wakkergemaak is.
Ek kan ook sekere groepe drome na wil oproep terwyl ek
wakker is. Ek gee myself die bevel om te onthou, en dink dan
aan 'n spesifieke droomgeografie (byvoorbeeld my primere
skool en sy onmiddellike omgewing) en dan stroom daar die
herinnering van aparte drome in my bewussyn in. Ek kan dan
verkies om 'n spesifieke droom in besonder te onthou, of ek
kan rondloop in die skoolgebou, byvoorbeeld, en die drome
herleef wat in verskillende klaskamers afgespeel het. Ek sal
graag wil weet of daar ander mense is wat dieselfde ding kan
doen. Ek het nog nie so-iemand ontmoet nie.

Gloudina Bouwer
Vorige onderwerp: Vir Koos :Antwoord oor die pakkies van Glooskap
Volgende onderwerp: DAVID KRAMER FAN CLUB
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 06:35:16 MGT 2024