Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vir Koos :Antwoord oor die pakkies van Glooskap
Vir Koos :Antwoord oor die pakkies van Glooskap [boodskap #6687] Wo, 03 Julie 1996 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In die pakkie was daar diervet, wat baie lekker
geruik het. Hulle moes hul liggame daarmee in-
smeer. Hierdie storie is nie regtig 'n Pandora-
storie nie. Al wat dit in gemeen het, is dat nuus-
kierigheid iets is wat gestraf word van oertye af
en deur baie kulture. Dit het my goed laat voel
dat die Algonquins bereid was om toe te gee dat
mans ook pynlik nuuskierig kan wees.
Algonquins het mense bewonder wat geheime
ken en hulle bewaar. Glooskap se titel "Leuenaar"
was dus 'n groot kompliment. Hulle het geglo dat
Glooskap die mens geskep het. Daarna het hy in
die wereld rondgegaan om die slegte dinge, wat
sy broer Malsum gedoen het, ongedaan te maak.
Hy het ook 'n hele klomp ander reuse en slegte
wesens uitgeroei. Toe kon hy nie help om 'n bietjie
te spog nie. Een van die vroue wat na hom geluister
het, se toe : "Ek weet van iemand vir wie jy nie sal
kan oorwin nie... my baba, Wasis." Glooskap was
woedend dat sy hom so onderskat. Hy probeer toe
'n hele klomp dinge om die baba in sy mag te kry:
glimlag vir hom, steek sy arms na hom uit, maak die
geluid van voels. Maar al wat die baba se is " Goo
Goo." Toe word Glooskap kwaad en begin skreeu
op die baba, maar al wat die kind doen is om te huil
en dan aan te gaan om 'n stuk "maple" suiker te eet.
Uiteindelik, na verdere inkantasies, gee Glooskap
op en gaan woedend uit die hut en weg van daardie
plek. En dis daarom dat wanneer 'n babatjie "goo goo"
se, die Algonquins se dat die baba dink aan hoe maklik
Wasis vir Glooskap oorwin het.

Gloudina Bouwer
Vorige onderwerp: Aangaande: wie is ons leiers...herken
Volgende onderwerp: Afrika Drome...
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 13:23:26 MGT 2024