Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » DAVID KRAMER FAN CLUB
DAVID KRAMER FAN CLUB [boodskap #6702] Sa, 06 Julie 1996 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ek het geweet dat dit uiteindelik daarnatoe sal lei.
Nadat Izak al sy ander geliefkoosde dinge in Kramer
se CD "Klassic Kramer" oor en oor gespeel het, speel
hy nou deesdae net vir "Druk my vas." (Soms sing hy
dit ook.) Op die CD word die woorde begelei met 'n
heerlike energiegewende boeremusiek- begeleiding.
Ek dink dis wonderlik dat mense in Suid-Afrika die
boeremusiek-beat het. Dit gee, sonder woorde, die
emosionele denke in ritme van 'n hele kultuur. Hier in
Noord-Amerika is die naaste ding daaraan die Cajun-
beat. Daardie musiek het begin toe die Akadiese Franse,
wat nie trou aan Engeland wou sweer nie, in die 18de
eeu uit Acadia (New Brunswick en Nova Scotia) uit-
geskop is en hulle toe in Louisiana gaan vestig het.
Die Akadiese musiek is net so energiewekkend as
boeremusiek. Dis net baie vinniger. Mans en vrouens
en kinders dans dit sommer so spontaan by byeenkomste.
Die dans vereis baie vinnige voetwerk.

DRUK MY VAS

O die liggies het geblink
en die glasies het geklink
ek dans toe met die tannie
wat van talcum powder stink
sy dra 'n ring van goud
en sy se sy is te oud
maar sy vat my ommie lyf
en sy knyp my oppie boud
en sy se:

Druk my, druk my
skattie druk my vas
sy se ek lyk so handsome
met my spoggerige das
en ek druk haar, ek druk haar
ek druk haar teen my bors
want die liefde is soos water
en ek is baie dors.

O sy is vuur en vlam
sy drink net Coke en rum
ek voel asof ek voorry druk
innie Boegoeberg se skrum
ons dans hier oor die vloer
in 'n saal in die Karoo
ek voel waar sit haar corset
en sy kyk diep in my oe

Sy soen my voor haar deur
sy soen my nog 'n keer
vir die liefde was ek dom
maar ek het gou geleer
o die liggies het geblink
en die glasies het geklink
ek dans toe met 'n tannie
wat van talcum powder stink

Mag hierdie soort toneeltjie hom nog oor en oor
afspeel, selfs in die nuwe Suid-Afrika.

Gloudina Bouwer
Vorige onderwerp: Afrika Drome...
Volgende onderwerp: HNP-persverklaring Red Willem Ratte aksie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 01:19:39 MGT 2024