Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Volkspele
Volkspele [boodskap #61030] Do, 25 April 2002 12:04 na volgende boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
Volkspele dae op hoëskool. Ons maak 'n kring en vat hande met die meisies.
Skaam en afgetrokke. Dan begin die klavier te speel en daar trek ons los:

Boetie sy's 'n perske blom
Rosie fyn van geur
Moenie wag nie, vat haar hand
Soen haar nog 'n keer.

Daar was nog 'n frase of twee maar die kan ek nie meer onthou nie. En dan
dan die ander een:

Mooie meisies fraaie bloemen
Al die meisies wil ek soenen
al die nonnas op 'n ry
kyk hoe mooi is hul vir my. ensovoorts....

Is daar nog iets soos volkspele is Suid Afrika of 'n soortgelyke beweging?
Of pop hulle eerder pille en rook dagga soos die jong spul hier in Oz?

Hantamkind
Re: Volkspele [boodskap #61033 is 'n antwoord op boodskap #61030] Do, 25 April 2002 12:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
AVVB - Afrikaanse Volksang en Volkspele Beweging
http://www.oocities.org/WallStreet/9023/Volkspele/avvb.html

Vra ook die ATKV - www.atkv.org.za
"reg gebek vir Afrikaans"

Afrikaners is plesierig:
http://www.atkv.org.za/content.asp?cid=E153

En loer ook in by die FAK - www.fak.org.za

Volkspele maak ook nog deel van SA eisteddfods.

:-)

TJ
www.artslink.co.za
Re: Volkspele [boodskap #61034 is 'n antwoord op boodskap #61030] Do, 25 April 2002 12:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Piet Pompdonkie  is tans af-lyn  Piet Pompdonkie
Boodskappe: 126
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Hantamkind"
Volkspele dae op hoëskool. Ons maak 'n kring en vat hande met die meisies.
Skaam en afgetrokke. Dan begin die klavier te speel en daar trek ons los:

Boetie sy's 'n perske blom
Rosie fyn van geur
Moenie wag nie, vat haar hand
Soen haar nog 'n keer.

Piet
Daardie tweede reël is eintlik "Rosig fyn van geur"

Hantamkind
Is daar nog iets soos volkspele is Suid Afrika of 'n soortgelyke beweging?
Of pop hulle eerder pille en rook dagga soos die jong spul hier in Oz?

Piet
Die volkspelelaers wat nog bestaan is maar "few and far between",
sover ek weet. En ook nie noodwendig die jongklomp nie. Daar is
baie meer daggarokers as volkspelers
Re: Volkspele [boodskap #61048 is 'n antwoord op boodskap #61030] Do, 25 April 2002 17:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Nee Hamtamkind - hier is nog ten minste 'n volkspelelaer in Stellenbosch -
so 20 of so deelnemers - maar daar is nie een onder 30 jaar wat wil handjies
hou en tiekedraai nie;)))
Jou woorde van die liedjies is nie alles reg nie, maar tensy jy die regte
woorde wil weet, los ons dit so as jou unieke weergawe;))
Annette

Hantamkind skryf in boodskap news:F7Sx8.48794$uR5.113897@newsfeeds.bigpond.com...
> Volkspele dae op hoëskool. Ons maak 'n kring en vat hande met die meisies.
> Skaam en afgetrokke. Dan begin die klavier te speel en daar trek ons los:
>
> Boetie sy's 'n perske blom
> Rosie fyn van geur
> Moenie wag nie, vat haar hand
> Soen haar nog 'n keer.
>
> Daar was nog 'n frase of twee maar die kan ek nie meer onthou nie. En dan
> dan die ander een:
>
> Mooie meisies fraaie bloemen
> Al die meisies wil ek soenen
> al die nonnas op 'n ry
> kyk hoe mooi is hul vir my. ensovoorts....
>
> Is daar nog iets soos volkspele is Suid Afrika of 'n soortgelyke beweging?
> Of pop hulle eerder pille en rook dagga soos die jong spul hier in Oz?
>
> Hantamkind
>
Re: Volkspele [boodskap #61123 is 'n antwoord op boodskap #61048] Sa, 27 April 2002 04:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
Annette dit was darem 'n HELE paar jaar terug dat ek daai liedjies gesing
het. Stuur maar laat ons sien - hoekom nie? Wil nie handjies hou nie? Hulle
weet nie wat hulle mis nie. Jy kan minstens aan twintig girls se hand vat IN
EEN AAND.

Ai, ek skud maar net my kop.

Hantamkind.

"Annette"
> Nee Hamtamkind - hier is nog ten minste 'n volkspelelaer in Stellenbosch -
> so 20 of so deelnemers - maar daar is nie een onder 30 jaar wat wil handjies
> hou en tiekedraai nie;)))
> Jou woorde van die liedjies is nie alles reg nie, maar tensy jy die regte
> woorde wil weet, los ons dit so as jou unieke weergawe;))
> Annette
Re: Volkspele [boodskap #61127 is 'n antwoord op boodskap #61123] Sa, 27 April 2002 07:55 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Okie Dokie - ek sal 'n paar volkspeleliedjies se woorde hier skryf - in die
hoop dat die sinnelose woorde nie aangeval of ontleed gaan word nie;))))

Ja. vandag se kinders weet niks van die lekkerte van handjies hou, of hand
om die lyf tiekiedraai nie.
Dis alles TV se skuld;)))

Jy praat van 20 verskillende meisies se handjies hou op een aand - ek praat
weer om 20 verskillende ouens se skeerroom te kan ruik:))
Annette

Hantamkind skryf in boodskap news:Rypy8.49981$uR5.117348@newsfeeds.bigpond.com...
> Annette dit was darem 'n HELE paar jaar terug dat ek daai liedjies gesing
> het. Stuur maar laat ons sien - hoekom nie? Wil nie handjies hou nie? Hulle
> weet nie wat hulle mis nie. Jy kan minstens aan twintig girls se hand vat IN
> EEN AAND.
>
> Ai, ek skud maar net my kop.
>
> Hantamkind.
>
> "Annette"
>> Nee Hamtamkind - hier is nog ten minste 'n volkspelelaer in
> Stellenbosch -
>> so 20 of so deelnemers - maar daar is nie een onder 30 jaar wat wil
> handjies
>> hou en tiekedraai nie;)))
>> Jou woorde van die liedjies is nie alles reg nie, maar tensy jy die regte
>> woorde wil weet, los ons dit so as jou unieke weergawe;))
>> Annette
>
Vorige onderwerp: Nuus
Volgende onderwerp: Raad gevra.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 22:41:14 MGT 2024